Page 1 of 1

Soek herlaai data vir 9,3x74R

Posted: Tue May 10, 2011 6:08 pm
by Sako75
Naand manne,

Ek begin om vir my 9,3x74R 'n lading te ontwikkel en wou hoor of daar iemand is wat ondervinding met hierdie kaliber het en met watter en hoeveel kruit ek kan begin. Ek het Norma doppe en beoog om met 270gr Speer punte te laai. Ek het ook 286gr Sako maar in beperkte hoeveelheid (en lyk my mens kry nie weer nie).

Die uitdaging is natuurlik om te kyk hoe naby mens kan kry dat altwee lope van die dubbel na dieselfde punt skiet? Klink vir my na Hoergraad herlaai!?

Dankie vir die advies!

Re: Soek herlaai data vir 9,3x74R

Posted: Tue May 10, 2011 9:44 pm
by tripodmvr
Volgens my kennis is 9.3x62 en 9.3x74 soortgelyke kalibers - een vir slot en een vir dubbelloop. Die resep is blykbaar - ho?r spoed en groepe skuif weg van mekaar verminder lading om groep in te laat skuif.