Page 1 of 1
Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Mon Jun 08, 2015 4:36 pm
by jaracal
'n Roepkursus word beplan vir 19 September naby Upington.
Persone wat belangstel kan Grenslyn (Hein Joubert) PM, e-pos of skakel by 0agt4 tripple5 8144.
Prys R1000-00 per persoon en 'n DVD en CD is ingesluit by die kursus.
Kursus begin om 08h30 en eindig na aand demonstrasie
Jaracal
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 3:48 pm
by Grenslyn
Die kursus word aangebied deur Heinrich Funck
Kursus word gehou op Saterdag 19 September 2015
Koupan Boereverenigingsaal (so 80km buite Upington - Van Zylsrus se kant toe.)
Begin 8:00 en eindig na praktiese demonstrasie later die aand.
Middagete en braai die aand word voorsien.
Slaapplek met badkamergeriewe is beskikbaar in die saal.
Jy ontvang Heinrich se Jakkalsjag DVD en CD met roepklanke.
Laat waai maar met vrae.
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 3:50 pm
by Grenslyn
Ek het nou net met Heinrich gepraat oor die inhoud van die kursus. Hy kombineer die beginnerskursus (eerste deel) met sy gevorderde kursus en praktiese demonstrasie. Hy verduidelik hoe om roepklanke te identifiseer en in groepe te sorteer op jou roeper. Hy demonstreer die verskillende effektiwiteit van verskillende klanke op jakkalse gedurende verskillende tye van die jaar. Dit klink baie lekker en ek kan nie meer wag nie!!!
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 5:41 pm
by Tal
Enige kans dat ons dalk n soortgelyke kursus kan kry nader aan Kroonstad of selfs Gauteng? Of dalk een wat ek erens mis lees
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 5:52 pm
by jaracal
Tal - Gee my 'n lui op 0517737042
Groete
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 6:02 pm
by Sniper18
Tal wrote:Enige kans dat ons dalk n soortgelyke kursus kan kry nader aan Kroonstad of selfs Gauteng? Of dalk een wat ek erens mis lees
Eks van Frankfort en as daar 'n kurses naby aan Kroonstad se kant is sal ek verseker dit bywoon!
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 6:04 pm
by Tal
jaracal wrote:Tal - Gee my 'n lui op 0517737042
Groete
Ek bel jou more
Re: Roepkursus naby Upington - 19 September 2015
Posted: Tue Jul 28, 2015 6:10 pm
by Tal
Of moet ek nou bel? Jammer, hi-jack nou hierdie thread!