Page 1 of 1

Gesoek: Swartwildebees Bul en Blesbok Ram

Posted: Tue May 10, 2011 11:37 am
by Evert
Hi Manne

Ekt nie geweet waar om die topic te plaas nie so toe plaas ek dit maar hier
Ek is opsoek na mooi swartwildebees bul en blesbok ram om te gaan jag in die noord vrystaat of mpumalanga.

Ek is bereid om die persoon te ruil vir n Blouwildebees bul en Rooibok ram enige grote in Botswana.
Hy koop net sy eie Vleispermit R110+ Geweerpermit R200

Dink julle dis n fair deal?

Re: Gesoek: Swartwildebees Bul en Blesbok Ram

Posted: Tue May 10, 2011 11:56 am
by BLOK
E-Bird waar in Botswana, is dit konsessie of plaasjag dalk kan ons gesels

Blok

Re: Gesoek: Swartwildebees Bul en Blesbok Ram

Posted: Tue May 10, 2011 12:08 pm
by Frederik
E-Bird vertel ons maar van jou plek in Bots.

Soek op moreson Game ranch in Vrede hulle het groot hoeveelheid diere van beide spesie sal vir jou mooie daar kan uitsoek.

Re: Gesoek: Swartwildebees Bul en Blesbok Ram

Posted: Tue May 10, 2011 12:39 pm
by Evert
Hi Blok/Frederik

Dis n jagplaas so 5ure van pta af.80 km noord-oos van Groblersbrug.10000ha teen die limpopo in die tuli blok
Mopani veld en bosveld, tentekamp met koelkamer en slag geriewe
Die plaas is ongelukig vol geboek vir die jaar met die jag. Maar ek het 2 naweke vir myself in Augustus maand.
So die jag gaan dan saam my wees in Augustus maand.Indien jy meer wil skiet kan ons praat.

Frederik
Moreson is n opsie indien ek nie reg kom nie, baie dankie vir die terug voer

Re: Gesoek: Swartwildebees Bul en Blesbok Ram

Posted: Tue May 10, 2011 8:10 pm
by Blackie Swart
Naand E-Bird
Probeer gerus n vriend van my Mantaque wildplaas in die Vrystaat.Hy is wel nie in die area wat jy wil jag nie maar het verseker goeie BWB en blesbokke.Hy is Francois ,sy tel:0835244084.Sy plaas is net buite Kimberly so ongeveer 80km en ook naby Boshoff.Kyk gerus sy web op www.plain-game.co.za.Hy het heelwat roland a ward BWB da en vele ander spesies ook.Lekker plaas om op te jag met baie goeie diens.
Groete
blackie

Re: Gesoek: Swartwildebees Bul en Blesbok Ram

Posted: Tue May 10, 2011 10:03 pm
by erx
Hi Ebird

Het plek in ladybrand omgewing, pragtige plaas so tussen die berge. Daar is uitsoek SWBeeste, sal definitief RW bees daar kry as jy jou tyd vat, groot trop. Blesbokke ook.
Laat weet as jy belangstel en ommenby watse tyd dan kan ons reel.

Groete
erx