Page 1 of 1
Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 10:39 am
by Wouter Roets
Hallo Manne
Net so vir interrassantheid. Ek was die enigste persoon die nanweek wat blouwildebeeste geskiet het op n plaas wat krijoel van hulle. Daar was n totaal van 8 jagters en die meeste het maar gegaan vir koedoebulle. Die koedoebulle se pryse was baie goed teen R3000 vir onder 50 duim. Twee jagters wat egter gedink het hulle bulle is onder 50 duim is nie aangenaam verras gewees nie aangesien die een 50,5 duim was en die ander een 51 duim. Die pryse was toe so klein bietjie hoer teen R7500!
My twee blouwildebeesbulle het onderskeidelik 162kg en 154kg uitgeslag vel af. Ek is ook liewer vir sy vleis en dink teen R2800 dat dit nie te sleg is nie. Die week voor ons is een geskiet wat 173kg geweeg het!
ek weet hierdie gewigte is uitermatig groot met die algemeen meer in die orde van 145kg-155kg. My grootste een wat ek al geskiet het was 168kg op ons vorige plaas en dit was laat(Augustus) in die jaar.
Ek is mal oor ou armmansebuffel! Ek weet daar is baie manne wat se No Gnu is Good Gnus!
Groetnis
Wouter
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 10:45 am
by Gerhard
Eish,
Die BWB is lekke vet die jaar....

Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 10:49 am
by Geno
Wouter Roets wrote:
My twee blouwildebeesbulle het onderskeidelik 162kg en 154kg uitgeslag vel af. Ek is ook liewer vir sy vleis en dink teen R2800 dat dit nie te sleg is nie. Die week voor ons is een geskiet wat 173kg geweeg het
Grootbaas Wout,
Liewe ouers! Dis baie groot! Teen R2800 per bok is dit 'n hengse bargain, R17.72/kg gemiddeld.
Groete,
Babaleeu
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 10:56 am
by Hugo
Grootste een wat by ons geskiet was is 164kg gewees.
[img width=560 height=420]
http://i262.photobucket.com/albums/ii11 ... 008643.jpg[/img][/quote]
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 10:59 am
by 300Winmag
Myne het 127kg uitgeslag - was jong maar mooi bul.
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 11:12 am
by Wouter Roets
Manne
Gee bietjie ook sommer horinglengtes ook. Hugo was dit vel af? Mooi bul daai. Geno enige iets onder R20/kg dink ek is n goeie deal.
Groetnis
Wouter
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 11:34 am
by Hugo
Wouter
Ja dit was die skoon karkas. Vel af pens uit pote af kop af.
En toe kry ek nog 'n ou 7mm punt in die man se rug wat gesond gword het.
hyt maar 27" gemeet. Sy lyf was baie mooi.
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 12:06 pm
by Frederik
Vir vleis skiet gaan jy nie beter waarde kry as BWB op die oomblik nie hoop maar die pryse bly maar so laag.
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 2:18 pm
by DWB
Myne het 136kg uitgeslag en horings was 26.5"
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 4:17 pm
by jaracal
Ons het op 'n stadium hier laat oes en is die volgende gewigte gemeet:
Hier is die gewigte van die BWB wat die week daar geskiet is:
Bul 137
Bul 121
Koei 123
Bul 156
Bul 161
Koei 124
Bul 175
Bul 194
Koei 145
Kalf 61
Kalf 56
Bul 165
Bul 141
Bul 110
Bul 135
Bul 196
2200 kg
Nogal groot maar was dit met net die vel aan.
Groete
Heinrich
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 4:54 pm
by Gerhard
jaracal wrote:
Ons het op 'n stadium hier laat oes en is die volgende gewigte gemeet:
Hier is die gewigte van die BWB wat die week daar geskiet is:
Bul 137
Bul 121
Koei 123
Bul 156
Bul 161
Koei 124
Bul 175
Bul 194
Koei 145
Kalf 61
Kalf 56
Bul 165
Bul 141
Bul 110
Bul 135
Bul 196
2200 kg
Nogal groot maar was dit met net die vel aan.
Groete
Heinrich
Heinrich,
Was dit dag of nag oes gewees?
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 6:46 pm
by jaracal
Dag oes, area te bergagtig vir nag oes.
Groete
Heinrich
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 7:10 pm
by Gerhard
jaracal wrote:
Dag oes, area te bergagtig vir nag oes.
Groete
Heinrich
Dankie,
Het al gehoor die manne wat oes in die bosveld s? BWB staan nie sommer in die nag vir n lig nie...
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Thu May 19, 2011 6:54 pm
by fanie17
Danie Botha wat sing het een keer saam met my n blouwildebees geskiet wat 172kg uit geslag het in Hoedspruit by ROCK SAFARIES
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Thu May 19, 2011 7:11 pm
by Jagtersdok
Ek het voor laas jaar een geskiet wat die skaal geklink het op 178kg vel af. Die beste was die prys was R2000. Helse bargain
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Thu May 19, 2011 10:08 pm
by Wouter Roets
Dee bietjie horinglengtes manne!
Groetnis
Wout
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Thu May 19, 2011 10:17 pm
by Jagtersdok
Baas Wout
Ek het nie daai bul se horings gemeet nie, maar hulle was redelik size, niks spectacular nie
Re: Giwigte van blouwildebeeste
Posted: Wed May 25, 2011 7:31 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ekt nog net een Blouwildebees geskiet sy karkasgewig was 176. Hy was so vet soos n perd- (wat op stal staan). Dit was so ongeveer 40km wes van Messina naby die grens. Ek het daar ook n koedoebul geskiet wat 186kg karkasgewig was. Die koedoe was nie vet nie maar het n geweldige groot "raam" gehad.
Groete
Ribbok