Page 1 of 1

300H&H Herlaai Data

Posted: Mon May 09, 2011 2:22 pm
by Evert
Hi Manne

Kan iemand my dalk se waar kan ek meer data oor 300H&H ladings kry?
Ek het n 300H&H geerf en sit met 200 lee doppe wil graag my eie amunisie laai?

Re: 300H&H Herlaai Data

Posted: Mon May 09, 2011 3:16 pm
by BLOK
Ek hoop net nie dis PMP doppe nie, ek het ook so 200 doppe wat ek self van die pakke het vir voor ek herlaai het, daai doppe toon al druk  van 65g 385 af. Eers het ek gedink dit is die geweer kamer of loop maar die geweersmit se toe ek moet ander fabrikaat doppe vat want PMP in 300H&H maak so ek het hom nie geglo en alles anders probeer, kamer by ander smit laat nagaan ens. na klomp geld was dit toe die doppe. Volgens die geweersmit is dit juis hoekom PMP destyds opgehou het om die amunisie te maak. Ek gebruik nou Winchester en Remington doppe. Ek skiet meer net springbok en blesbok en skiet nie sommer verder as 200m nie. Tans gebruik ek Sierra Gamekings 150g, 72g 385, cci250 primers, nog nooit die spoed gemeet nie maar hulle groepeer voldoende vir dit waarvoor ek hulle gebruik.

Blok

Re: 300H&H Herlaai Data

Posted: Tue May 10, 2011 11:39 am
by Evert
Dankie Blok

Meeste is maar PMP maar daar is Remington en Winchester ook by ek sal die PMP maar 1 kant hou en nie gebruik nie.

Re: 300H&H Herlaai Data

Posted: Wed May 11, 2011 8:37 am
by James Wilson
E-bird, ek hat al wat n lading is probeer op my 300H&H. my beste groep was 18mm op 100m. alhoewel daar al n 11mm met die geweer met rak ammo geskiet is.  ek het al barnes x    impala  sierra pmp  en speer getoets,  en het al die ladings geboekstaaf. het 130    150  180grn getoets met S385 en S365.