Page 1 of 1
Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 1:42 pm
by Leon Crous
Hello manne,
Ek het gesoek maar kry nie regtig goeie antwoord vir my vrae nie, so nou post ek maar en kyk wie my kan help.
My vriend wil 'n teleskoop koop vir sy 300.
Hy het hom by G Coetzee laat bou.
Ek het natuurlik voorgestel dat hy sy 'wishlist' opstel en dan kan ons na die beste opsies kyk.
Dit lees so:
1) Hy wil nie regtig paralaks stel nie.
2) 12-15 x vergroting is genoeg.
3) Sal 44 - 50 mm voorlens verkies (vir goeie lig acc in nag)
4) NB - Hou baie van die SAH reticle van Lynx (hy soek iets so na as moontlik daaraan) maar hy moet ook 'n illuminated dot hê!
5) Hy's nie TE 'brand' gepla nie, maar soek goeie glas.
Prys is natuurlik belangrik maar ek wil vir eers net asb alle moontlike opsies van julle manne hoor.
Laat weet asb kêrels,
Cheers,
Leon.
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 1:53 pm
by ruaanb
Jy kan na die outjie kyk. Saam met die ringe het hy my R5k gekos. Baie goeie waarde vir geld en werk lekker in die nag veral omdat jy die intensiteit van die rooi dot kan stel. Daar is ook 'n mildot weergawe beskikbaar.
http://eu.hawkeoptics.com/endurance-6-24x50-lr-dot.html
Suburban Guns hier in die Kaap was die goedkoopste toe ek so 3 maande terug gekoop het.
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 2:26 pm
by Sangoma (IAN)
Ek twyfel baie sterk of iemand wat n pas maak geweer laat bou het n Hawke gan opsit....He he he
Dis amper om n Ferrari te vat en biscuit tyres op te sit
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 2:31 pm
by Leon Crous
Hello Ruaan - Goeie voorstel. Net die vergroting en paralaks sal hom afsit.
Sangoma - Ja, jy's amper reg. Hy het egter (sorry ek het nie mooi genoeg uitgebei nie) net kaliber verandering gedoen met nuwe loop. Dit was eers 'n 303 Epps.
Nog voorstelle asb manne.
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:03 pm
by CarelG
Swarovski Z3 4-12x50 BRH. Hy het nou nie n illuminated dot nie maar sy glas is so goed hy gaan nie een nodig he nie

Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:45 pm
by ruaanb
Sangoma (IAN) wrote:Ek twyfel baie sterk of iemand wat n pas maak geweer laat bou het n Hawke gan opsit....He he he
Dis amper om n Ferrari te vat en biscuit tyres op te sit
Die Ferrari is toe net 'n volla.......

Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:52 pm
by ruaanb
Leon loer hier vir die modelle wat jy nie paralux hoef te verstel nie.
Is in dieselfde reeks.
http://eu.hawkeoptics.com/endurance-30.html
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:53 pm
by ruaanb
Oja Leon die 1ste verwysing is beskikbaar in 4-16 ook.
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 4:40 pm
by Hein22
Alles wat hy soek (behalwe die illuminated dot) het die Lynx 3.5-10x50. Hoekom nie net die lynx koop nie?
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 5:31 pm
by Leon Crous
Dankie manne,
Ruaan - baie dankie man. Ek het gaan kyk op hulle website en dit lyk amper of die mod. 16220 perfek sal wees.
Dis die Hawke Endurance 2.5-10 x 50 LR Dot. Hy tik al die boksies!
Hy het holdover strepies en ill. dot.
Of jy hom hier in SA gaan kry is seker 'n ander storie.
Sal bly wees om van die Hawke manne te hoor.
Hein - Die Lynx is darem maar (my opinie) 'n goeie scope wat regtig waarde vir geld is. Hy is egter 'set' op 'n ill.dot.
Nog ander voorstelle? Meopta,redfield,Rudolf,Leupold,Zeiss,Burris,Trijicon,ens?
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:12 pm
by ruaanb
kontak vir Suburban Guns in die Kaap. Hulle het beste pryse en ek dink hulle is die agente ook maar ek is nie seker nie.
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:16 pm
by Mellies
Leupold vx6 2-12x42 firedot LR illum duplex
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Tue Jun 02, 2015 8:31 am
by Leon Crous
Dankie Mellies, baie goeie voorstel.
Ek sien ook dat die Leupold VX-R 4-12 x 50 Ballistic FireDot baie mooi sal loop.
Dankie vir julle voorstelle manne.
Cheers,
Leon.
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Tue Jun 02, 2015 11:45 am
by joe rocket
ruaanb wrote:Jy kan na die outjie kyk. Saam met die ringe het hy my R5k gekos. Baie goeie waarde vir geld en werk lekker in die nag veral omdat jy die intensiteit van die rooi dot kan stel. Daar is ook 'n mildot weergawe beskikbaar.
http://eu.hawkeoptics.com/endurance-6-24x50-lr-dot.html
Suburban Guns hier in die Kaap was die goedkoopste toe ek so 3 maande terug gekoop het.
Die scope het baie goeie glas amper beter as my zeiss. Meopta het ook n scope met strepies maar dit is nie verlig nie
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Tue Jun 02, 2015 6:02 pm
by Mellies
Plesier Leon.
Laat ons weet wat julle besluit het asb?
Met n vleisie...
Re: Watter scope met holdover reticle en ill dot
Posted: Tue Jun 02, 2015 11:33 pm
by Leon Crous
Ai, baie dankie manne!
Lyk my hy laaik die Hawke.
My groot problem is nou dat ek weer op 1 of ander manier nou ook 'n jeuk in my gat ontwikkel het vir die Leupold VX-R.
Hoop net daar is nie een in SA nie.
Cheers ve eers,
Leon.