Page 1 of 1
Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 9:28 am
by Frederik
Manne dit is seker een van die beste koedoes wat geval het op een van my jagte die klient is uit Australie uit en op sy laaste dag van die jag stamp ons toe die ou grote ek gaan nie vir julle se hoe groot hy is nie want hy moet waardeer word vir 'n prentjie van 'n perfekte koedoe na my siening. Maar hy is oor RW ja.
[img width=319 height=480]
http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/MarkKudu.jpg[/img]
[img width=560 height=372]
http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/MarkKudu1.jpg[/img]
Sy punte is mooi afgewerk so hy sou seker op sy piek 1 tot 1 1/2" groter gewees het op sy dag.
Hy is Tussen Lydenburg en Origstad geskiet met 'n .300 Weatherby nogal en 150 gr TTSX teen 3700 fps

Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 10:12 am
by JACQUES BOTHA
58.5 tot 59 skatting..maar hy kan bedrieglik wees
maar dit is mooi
jacques
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 10:58 am
by Wouter Roets
Freek
Pragtige bok! Daai wereld lewer maar net pragtige koedoebulle op. My idiale trofee sou net gewees het dat hy bietjie wyer moes gewees het. Maar ja voorwaar iets besonders. Dink nie Jacques is verkeerd as hy se daai bul is bietjie bedrieglik nie. Ek sien jy het opgelet in die PH-klas om die horings so indrukwekkend as moontlik te maak! Sal eerder se in die 55-56 duim klas. Maar pragtig semetries!
Groete
Wouter
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 11:08 am
by Frederik
Ons sal kyk wat later die jaar daar uit kom ons het nog paar jagters wat deurkom om die koedoes te gaan soek lyk my die laaste 3 jaar se bestuur om nie te jong bulle te skiet begin nou bietjie afbetaal.
Daar is ten minste twee bulle van so 4 jaar wat ek weet oor die 60 sal gaan binne 2 jaar wat ons mooi oppas. Maar manne die bos is ruig ons sal glad nie eers herfs sien die jaar nie, nie een van die bomme het bietjie kleur gewys nie nog bot groen.
En die luiperds teel ons het amper moelikheid gehad toe ons terloops op 'n paar afgekom het daardie grom was nie te vriendelik nie.

Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 2:19 pm
by Dawid
WONDERLIK....... Dis n pragtige Koedoe Frederik.
Mag daar sommer nog n paar sulkes wees.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 3:22 pm
by Flip Fouche
Baie mooi Freek!!!!!!
Flip
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon May 09, 2011 6:27 pm
by spekieries
Oi jo joi maar dit is 'n pragtige koedoebul daai. Sou my linker klinker gee!
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Tue May 10, 2011 4:04 pm
by marno
Jho!! Dis 'n baie mooi kudu.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Tue May 10, 2011 7:10 pm
by BLOK
Ysters maar dis n mooi kudoeee, is daai jagter se bynaam nie batman nie
Blok
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 8:19 am
by James Wilson
sjoe, slaam jou asem weg
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 8:24 am
by Frederik
So terloops hy het 154kg uitgeslag karkas alleen.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 8:48 am
by Wouter Roets
Freek
Gee nou die horinglengte man!
Groetnis
Wouter
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 9:23 am
by Frederik
Pla dit jou nou

hy nie so groot soos joune nie so moenie worry nie.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 9:25 am
by Karl Stumpfe
Wouter, so 53-54 duim...
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 9:32 am
by Wouter Roets
Karl
Freek het klaar die aap uit die mou gelaat deur te se hy is Rowland. Daai draaie is redelik diep so vandaar my skatting van 55-56 duim, maar dit maak dit maar moeilik met die fokus meer op die koedoe so meskien sal 54,5-55duim meer in die kol wees. Freek is besig om ons nou lekker in n lyntjie te hou!
Groetnis
Wout
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 9:42 am
by Frederik
Ag nou ja hier is dit regter kant se horing 55.5" en linkerkant 54.5" het nie die basise gemeet nie.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Wed May 11, 2011 8:32 pm
by Wouter Roets
Freek
Ek sie ek darm nog skat!

Ek is geleer dat n persoon se eerste skattig gewoonlik die regte een is en hier wys dit nou weer! Ek het wel nie gedink daar is so n noemenswaardige verskil tussen die horings nie.
Groetnis
Wouter
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Sat Jun 04, 2011 7:37 am
by gaaf
Wragtig baie mooi horing! 154kg uigeslag, dis vrek baie!
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Sat Jun 04, 2011 5:29 pm
by baboonstalker
Baie mooi koedoe! miskien stap sy pa of oupa nog vanjaar oor my pad ook!
Slegs my mening, maar daar is vir my niks wat die foto van 'n mooi trofee so bederf soos 'n stuk stok wat hier van die kant af ingedruk is om die kop regop te hou nie. Dan laat ek hom maar veel eerder sy size lyk en kom sit hier by hom en hou die kop self vas of stut hom met 'n knie of been.
LW ek wil nie afbreek maak aan die dier, jagter of jag nie, maar die bok verdien 'n beter foto.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Sat Jun 04, 2011 6:05 pm
by fanie17
Wouter
Ek het lank in Nelspruit gebly,daai Koedoes in die berge in daai omgewing het almal sulke nou horings,het self n paar ooms daar sien uit kom.
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Sat Jun 18, 2011 10:15 am
by .::Alwyn-U::.
Ja dis 'n ou meneer die! baie mooi.. nog een viri boeke!
Re: Dis mos 'n koedoe
Posted: Mon Jun 20, 2011 7:56 am
by BLOK
Aitsa
Baie mooi kudoe, lyk of dit weereens batman was wat so gelukkig was.
Blok