Page 1 of 1

Eland met S&W XVR 460

Posted: Sun May 31, 2015 2:35 pm
by jacojrdn
Het so drie weke terug weer die XVR saam op n jag gevat. Is nou al 3 jaar agter n Eland aan met die rewolwer.
Die jag was net buite Zastron en ons het baaaaie koppe op en af geklim en so bietjie tussen in geloop. Haar uiteindelike die tweede middag gekry op so 120m. Die 460 stoot die 200Gr Hornady teen 2400fps uit die 12" loop en die 3x8x36 Leupold maak dat jy mooi kan sien. Frontale skoot van +- 30 grade bo die koei, die koeel het die nek gebreek voor dit deur die longe is. My vriend het saam gestap met my 375 H&H vir n opvolg skoot indien daar iets fout gaan met die skoot, maar dit was nie nodig nie.

Die herwinning van die karkas was n avontuur op sy eie, as ek nie die Landcruiser met voor en agter ewenaar slotte gehad het nie sou ons swaar moes dra.

http://i1164.photobucket.com/albums/q568/jacojrdn/20150508_130655_zps27qs0nh4.jpg

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Sun May 31, 2015 2:48 pm
by DWB
Welgedaan!

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Sun May 31, 2015 4:42 pm
by ruaanb
netjies

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Mon Jun 01, 2015 10:10 am
by Geno
Baie geluk Jaco! Dit wil gedoen wees!

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Mon Jun 01, 2015 11:11 am
by Monrique (SJ)
Netjies Jaco! Welgedaan.

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Tue Jun 02, 2015 4:32 pm
by jacojrdn
Baie dankie, weet net nie wat ek met die ander 49 patrone moet doen wat ek saam jag veld toe gehad het nie. Wou nog jag, maar een van die manne wat saam was het n BWB gekwes en dit het ons almal n dag en n half besig gehou. Met al die koppe en klowe het dit drie ruiters, twee bakkies en 5 jagters gevat om hom te kry.

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Tue Jun 02, 2015 5:10 pm
by toelie
Sjoe knap gedaan geluk man

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Tue Jun 02, 2015 7:41 pm
by alecjohnson
Pragtig! Baie geluk!

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:14 pm
by Jake1
Dit wil gedoen wees, skitterend!

Re: Eland met S&W XVR 460

Posted: Tue Jun 02, 2015 10:04 pm
by dehacked
Geluk man.