Page 1 of 1

Mielie opbrengs

Posted: Sun May 31, 2015 9:43 am
by muismaree
Hi julle

Die van julle wat plant,sit bietjie jul opbrengs sover hier op. Ek bedoel nie om te brag of om simpatie te soek of so iets nie, maar mens voel darem beter as jy sien dit gaan met ander mense diesefde as wat dit met jou gaan... Ons het nog maar min gestroop, so 180ha. Dit was als oorlê lande en die opbrengs was so 4t/ha. Wat verbasend is gegewe die min reën. Die 12 maande lande lê nog voor, hulle skat ek op so .8t/ha. Hoe lyk dit by julle?

Re: Mielie opbrengs

Posted: Sun May 31, 2015 4:31 pm
by tripodmvr
Hoor vanoggend by die kerk dat 1 ton per hektaar noord van Vereeniging op sommige plekke gekry word. Reën was baie wisselvallig.

Re: Mielie opbrengs

Posted: Sun May 31, 2015 6:29 pm
by Wayne
I really feel for some chaps, we had a very good season and some are looking at 10 -12 t/ha grain, remember we are mainly under irrigation. The problem is that the maize price is going to be high, and us that feedlot and mix feeds are going to pull heavy.

Re: Mielie opbrengs

Posted: Sun May 31, 2015 8:55 pm
by henka
Hier by ons net so oor die 2t/ha was baie droog nie 300mm reen gehad nie

Re: Mielie opbrengs

Posted: Mon Jun 01, 2015 6:41 am
by Zeelie
Het so 100 ha gestroop diekant, 4,7ton. Baie dankbaar, dis net Genade van Bo, want 280mm reen geen nie dit nie. Maar die berg lê nog voor, hoop maar om bo 4 ton te kan bly.