Page 1 of 1
Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Sat May 30, 2015 11:30 pm
by GVC86
Naand manne,
Wat sal julle kies uit die twee?
http://www.iwarehouse.co.za/brands/bush ... riflescope
http://www.iwarehouse.co.za/hunting/opt ... iflescope/
Ken nie die Hawke scopes nie maar lees baie goeie dinhe van hulle op die net. Tussen die twee is die Hawke R1000 goedkoper en het meer funksies.
Dit is vir n RSA 308 vir lang afstand staal teikens.
Groete
George
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Sun May 31, 2015 6:54 am
by tripodmvr
As jy wil vêr skiet hoekom dan nie 6-24x44 of selfs 32 nie ? - of word julle beperk tot 10x?
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Sun May 31, 2015 9:33 am
by GVC86
tripodmvr wrote:As jy wil vêr skiet hoekom dan nie 6-24x44 of selfs 32 nie ? - of word julle beperk tot 10x?
Wel mens het nie regtig al daai vergrooting nodig nie, het mens?
Dis nie vir groepering nie moet net die staal raak skiet.
My redenasie is soos volg:
Ek het saam bidley ouens geskiet en ons moes die scopes af draai na om en by 10x want mirage was te erg party dae. Baie van die wereld se snipers gebruik ook n vaste 10x, hulle rede is daar is minder goed wat fout kan gaan. As ek n FFP scope kon bekostig sou die draad nie bestaan nie, maar daai goed is buite my budget vir nou. As ek n 10x vaste vergrooting kry kan ek nie onder stress verkeerd range of af mik met mildots nie, en kan my applied ballistics app stel sodat hy elevation in mia gee en windage in mils. Ek gaan ook better kwaliteit kry vir my geld met n vaste vergrooting.
Of redeneer ek verkeerd?
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Sun May 31, 2015 11:40 am
by Arnold
Bushnell
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Sun May 31, 2015 8:09 pm
by Sangoma (IAN)
As ek moet n fixed 10x scope vat sal ek def die Sightron S3 10x42 oorweeg. Ek het nog nooit self een gehad nie mar baie ouens reken dis een helse nice scope.
As die budget bietjie styf is sal ek die Bushnell vat
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Sun May 31, 2015 8:11 pm
by Arnold
Ian, wat is die prys op n 10x SIII?
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Mon Jun 01, 2015 9:23 am
by Sangoma (IAN)
Daar is ongelukkig nie voorraad nie, so ek kan nie n akkurate prys op die stadium gee nie.
Seker hier by die R8000 rond
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Mon Jun 01, 2015 9:35 am
by Arnold
Dit is jammer dat ons nie die SWFA 10x42 hier kan kry nie want dit is nou n nice scope teen n goeie prys.
Re: Hawke sidewinder 10x42 of Bushnell 10x40 elite tactical
Posted: Mon Jun 01, 2015 11:45 am
by Sangoma (IAN)
Arnold wrote:Dit is jammer dat ons nie die SWFA 10x42 hier kan kry nie want dit is nou n nice scope teen n goeie prys.
Stem saam!