Page 1 of 1

Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 10:56 am
by 30-06
Hallo manne ek soek bietjie raad.
Ek het 'n Burris eliminator wat ek baie geniet.

Die probleem is egter hy is baie son sensitief.
As ek enigsins in die son se rigting kyk blink dit so binne in die scope dat ek omtrent niks kan sien nie.

Ek gebruik die sunshade maar dit help nie veel nie.

Is daar dalk 'n ander plan.
Hoor graag van julle.

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 11:28 am
by alecjohnson
Gebruik stukkie duct tape en plak dit so dat daar 'n gleuf is om deur te loer dit werk lekker en maak ook die kans vir lensbrand kleiner(die refleksie van lig van teleskoop na dier wat hulle wegjaag)

http://www.google.co.za/imgres?imgurl=http://img.photobucket.com/albums/v95/Dante420/P8300336.jpg&imgrefurl=http://www.airsoftsociety.com/forums/f23/sniper-tricks-tips-scopes-56467/&h=600&w=800&tbnid=UWzXX9DV4Fi3vM:&zoom=1&docid=LuJd5DVbxI2D0M&ei=jIdpVefwC6TY7AamxoHwBA&tbm=isch&ved=0CBsQMygAMAA

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 12:02 pm
by Frikkie Coetzee
alecjohnson wrote:Gebruik stukkie duct tape en plak dit so dat daar 'n gleuf is om deur te loer dit werk lekker en maak ook die kans vir lensbrand kleiner(die refleksie van lig van teleskoop na dier wat hulle wegjaag)

http://www.google.co.za/imgres?imgurl=http://img.photobucket.com/albums/v95/Dante420/P8300336.jpg&imgrefurl=http://www.airsoftsociety.com/forums/f23/sniper-tricks-tips-scopes-56467/&h=600&w=800&tbnid=UWzXX9DV4Fi3vM:&zoom=1&docid=LuJd5DVbxI2D0M&ei=jIdpVefwC6TY7AamxoHwBA&tbm=isch&ved=0CBsQMygAMAA
Dan gaan die laser nie werk nie

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 12:09 pm
by alecjohnson
??? Ek het nie daaraan gedink nie... Waar sit sy laser? dalk 'n gaatjie sny in die tape vir die laser ook? Ek het nie sulke teleskope nie, maar op my gewone teleskope werk dit wonders.

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 1:36 pm
by 30-06
Ek gaan jou plan probeer.

Dit help ook nie veel as ek weet hoe ver dit is maar kan niks sien nie.


Ons gaan die week beitjie koedoes soek sal jou laat weet of die plan werk.
Dankie

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 6:10 pm
by Chevvy SS
Met my gewone teleskoop vind "glare" plaas op die lens naaste aan die oog. 'n Pet met 'n lang punt wat daar skadu maak werk meeste van die tyd vir my.

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 6:14 pm
by NJ_v_N
Chevvy SS wrote:'n Pet met 'n lang punt wat daar skadu maak werk meeste van die tyd vir my.
Die enigste goeie rede waaraan ek kan dink dat enige iemand n "jack parrow hoed" kan koop.

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 7:18 pm
by Chevvy SS
Ek het een by hom geruil vir 'n papsak.

Re: Glare in scope help asb

Posted: Sat May 30, 2015 9:58 pm
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Ek het een by hom geruil vir 'n papsak.
Was dit daai keps wat by jou kar se kleur gepas het? Ek het nie geweet jy vat papsak nie? ++>:

Re: Glare in scope help asb

Posted: Mon Jun 01, 2015 9:46 am
by Boesman10
Ek het vir my 'n Nikon scope se sun shade gekoop en hom aan die Burris gesit. Hy is so 1.5 duim langer as die Burris s'n.

Re: Glare in scope help asb

Posted: Fri Jun 12, 2015 7:55 am
by 30-06
Hallo manne ek het toe die cover met die slot in probeer.

Dit help maar los nie my probleem op nie.

Ek sal die slot 'n bietjie kleiner maak en weer probeer.