Page 1 of 1
Eerste jakkie
Posted: Fri May 29, 2015 8:27 pm
by dehacked
Nou ja ek is seker een van daai naweek kuiergaste wat jakkies slim maak in meeste mense se opinie maar hier volg die storie. Ons het die week vir ons jaarlikse springbok jag op familie se plaas 'n draai gemaak. Dog toe ek leen pel se roeper en kyk of ons onsself kan besig hou in die aande siende dat brandewyn nou so duur is. Ons gaan roep toe so 'n bietjie met die verwagting om 'n paar grou katte of iets te skiet. Julle manne moet dalk net weet die wereld is redelik jakkals vry... elkeval ek skiet toe die aand maar die rooi oge maar waag nie om veld in te ry aangesien bande duur is. Kom volgende dag op skietplek ek daar le jakkie. Nou ja baas van die plaas is bly en geskok want skaap en lammer skade is daar nie of sal ek eerder se nog nie. 240m geroep met springhaas en steenbok distres. 270 130gr sst.
Re: Eerste jakkie
Posted: Fri May 29, 2015 8:29 pm
by dehacked
Re: Eerste jakkie
Posted: Sat May 30, 2015 2:31 am
by Bakkies303
Geluk met jou 1ste jakkals. Waar het jy gejag?
Re: Eerste jakkie
Posted: Sat May 30, 2015 8:52 am
by Chris (vdB)
Baie geluk!!
Re: Eerste jakkie
Posted: Sat May 30, 2015 9:42 am
by cassie_calvinia
waar is dit so jakkals vry?
ek wil ook daar boer.
geluk
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 6:42 am
by dehacked
Naby Mariental. Hier is paar manne wat darem nog hul jakkals proef goed in stand hou en gereeld patroleer.
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 8:00 am
by Bakkies303
Is daar al vlakvarke? Hulle is vir die jakkalse wat die Genie tak vir die weermag was. Hulle maak vir hom 'n pad in.
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 8:06 am
by Francois Marais
Dehacked
Gee bietjie meer detail.....Mariental is my wereld.....ek het self grond ook daar.....90km suidoos.....Gochas se kant toe.....
En ten spyte van wat jy mag hoor is dit ongelukkig nie meer so jakkalsvry nie........juis oordie vlakvarke wat al groter probleem raak......
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 8:16 am
by Jackalsniper
Baie Geluk!
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 6:31 pm
by theedge
Geluk maat - daai eerste is altyd lekker
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 7:48 pm
by dehacked
FM dit is bloemhof naby lapa lange. Varke is daar en word soos jakkals gejag. Ek het juis gister die bielie hier onder geskiet. 55kg geklok. Jakkals vrei is seker maar debateerbaar maar dis nogal nuus as iemand 'n jak of rooikat kry. Dalk het die jakkies net geleer skaap eet us sleg vir hul lewensduur...
4312015182642.jpg
Re: Eerste jakkie
Posted: Sun May 31, 2015 11:51 pm
by Francois Marais
Mooi man.....ja my grond is op daardie selle pad uit....so 90km uit die dorp......hoop julle geniet julle jag verder......
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:55 am
by Finfan
Baie geluk!
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 11:18 am
by Stefan Fourie
Die vlakvarke sit ons ore aan, hy het géén respek vir jakkalsproef nie en verskriklik min vir elektrifisering. Alwyn Jordaan het nou 2 jaar gelede op seker 5 plase (naby Stampriet) bymekaar 286 varke uit sy gyro geskiet, dit was 'n duidelike merk gewees, maar nou kry mens hulle weer al meer gereeld. My vennoot het grond suid van Keetmanshoop, die Leeurivier loop deur sy grond. Verlede jaar toe sien hy 'n vark sog in die rivier, so tyd gelede toe neem hy op sy trail cam daai vark met 3 kleintjies af!
My pa het in middel 70's sy 1ste plaas naby Stampriet gekoop en in 1978 toe sien hy vir die 1ste keer 'n vlakvark daar. Hy het agter hom aangery en hom verkyk aan die interessante skepsel, vandag sê hy hy is spyt hy het die wetter nie daai dag vrek gery nie, dan was daar dalk minder vandag. Koës en Aroab boere skiet al vir heel paar jare varke by hulle ook.
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 1:16 pm
by dehacked
Stefan Fourie wrote:Die vlakvarke sit ons ore aan, hy het géén respek vir jakkalsproef nie en verskriklik min vir elektrifisering.
Ja kyk, ek was een dag weer uit om die grens drade reg te maak en hulle verrineweer hom goed. Gewoonlik is die gate onder deur maar die keer het ek opgelet 'n paar gate wat die man sommer die maas draad so half van die reguit drade af getrek het. Hoop nie dit is 'n teken dat die goed groter en sterker word nie.
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 1:19 pm
by ThinusD
Jis baie geluk jong.
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 1:26 pm
by Witpietskiet
Baie geluk ....
Net n vraag, jy noem die volgende "elkeval ek skiet toe die aand maar die rooi oge" en "Kom volgende dag op skietplek ek daar le jakkie."
My vraag, het jy gesien dat jy op n jakkie geskiet het?
Ek vrae maar net uit nuuskierigheid uit.
Mooi loop
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:36 pm
by theedge
Baie mooi vark
Re: Eerste jakkie
Posted: Mon Jun 01, 2015 3:47 pm
by dehacked
Piet, tussen die 9x vergroting en "spotlight" jaglamp het dit meer soos 'n kat gelyk op 240m. Het glad nie so vinnig beweeg soos op FM se videos nie. Nou sekere mense kan 'n ou seker veroordeel om goed nie behoorlik te ID nie maar jy werk maar met wat jy het...