Page 1 of 1
Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 3:11 pm
by Umshwati Boy
Jy koop 'n 30-06
Ek kan 'n Ruger No.1 kry teen 'n goeie prys. Nou ek het nie 'n 30-06 nodig nie, en eintlik hou ek nie van hulle. Te veel lawaai teen 'n 308, en 'n wannabee teen 'n 300
Die Ruger No.1 is wat my trek, en aangesien die prys goed is, teenoor 'n nuwe een, is ek amper gedwing om die geweer te koop. As dit 'n 7x57 or 9,3 sou gewees het, sal die Papiere al by die DFO gewees het. Ek probeer om dit te Rationalize vir myself, maar kan net nie 'n goeie gebruik vir 'n 30-06 vind nie.
Wat sal julle doen?
Kan maar seker die geld spaar en op 'n Eland Jag gaan

Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 3:23 pm
by Hugo
"Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?"
Jyt hulle gekoop, so skiet maar nou met hulle.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 3:32 pm
by joe rocket
Koop die geweer net vir die aksie as dit n bargain is. Jy kan later iets laat bou.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 3:38 pm
by Forester
Jy koop 'n 243 en bêre die ander gewere in die kluis weg...
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 3:41 pm
by Parafien
As ek jou kan raad gee sal ek die geweer koop. Dis iets wat jy altyd weer kan verkoop of iets bou soos Joe sê. So Lekker soos eland jag is, as dit klaar is, is dit klaar, maar jou roer sal volgende jaar nog in die kluis wees. Dan moet ek jou ook ner waarsku om my raad met bietjie sout te vat. Ek is verslaaf aan gewere koop en kan nie 'n bargain los nie

Sterkte met jou besluit!
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 3:54 pm
by PWV
Hugo wrote:"Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?"
Jyt hulle gekoop, so skiet maar nou met hulle.
Verkoop die 300 Win Mag.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 4:22 pm
by Smitstertjies
Koop die 30-06 en verkoop die 300 win en die 308. Dan het jy genoeg geld om n lekker 9.3 of selfs groter soos n 416 of 404 te koop of te bou.
Dis wat ek sou doen.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 6:07 pm
by alecjohnson
PWV wrote:Hugo wrote:"Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?"
Jyt hulle gekoop, so skiet maar nou met hulle.
Verkoop die 300 Win Mag.
En koop 'n 375H&H!
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Fri May 29, 2015 7:02 pm
by joe rocket
Ek het nou net gehoor n ruger se aksie is nie wat wonders nie. Moet maar eerder dan nie koop nie.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sat May 30, 2015 5:51 pm
by Capt. Yoda
joe rocket wrote:Ek het nou net gehoor n ruger se aksie is nie wat wonders nie. Moet maar eerder dan nie koop nie.
Jy sal maak dat wouter hom nat maak.
Verkoop die 300 gee die 308 vir n kind wat net so wil put put en koop die 30.06.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sat May 30, 2015 7:42 pm
by tripodmvr
Ek het soos jy ook 'n kans gekry om 'n Ruger No. 1A te koop. Wou eintlik 'n 223 gehad het, maar het toe 'n 30-06 gekoop. Is die' lekkerste bosgeweer uit. Die kort aksie (super sterk) maak dat die geweer met 22 duim loop soos 'n windbuks lyk. Hy dra maklik in die bos, maar is genoeg om eland plat te maak. Ek het 'n 2-7x32 Lynx op myne en is ideaal vir bosjag. Hy is ook akkuraat genoeg met verskeie gewigte koeëls. As ek kans kry om nog 'n enkelskoot aksie van Ruger te koop sal ek dit baie sterk oorweeg.
Ruger No. 1A.jpg
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sat May 30, 2015 8:47 pm
by DWB
Bou daai 9.3x74R wat jy nog altyd soek op hom

Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sat May 30, 2015 11:03 pm
by joe rocket
En hier na raad maak ek my naam lekker gat. Kry n oproep en word vertel hoe kan jy vir die man sê hy moet n ruger koop dit is maklik die nie so lekker aksie nie. Nou ja ek sê nou niks meer nie.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sun May 31, 2015 7:31 am
by Apie
Daai Ruger is gemors!
Gee die verkoper se nommer vir my!
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sun May 31, 2015 8:39 am
by Gawie(13mm)
joe rocket wrote:En hier na raad maak ek my naam lekker gat. Kry n oproep en word vertel hoe kan jy vir die man sê hy moet n ruger koop dit is maklik die nie so lekker aksie nie. Nou ja ek sê nou niks meer nie.
Sal jou leer om op hoorsê te gaan.
Ek is die skuldige wat vir Joe in die sloot in gehelp het.
Sy aanvanklike raad was glad nie sleg nie, maar 'n bietjie meer huiswerk sou hom uit die sloot gehou het.
Jason, ek skuld jou een maat.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sun May 31, 2015 9:12 am
by joe rocket
Nou ja dit is hoekom die forum hier is n mens leer mos uit jou foute. Dankie gawie jy gee altyd goeie raad.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sun May 31, 2015 10:46 am
by Baasvark
Kry vir jou 'n 22-250!
300 - vlaktes
.308 - bos
22-250 - net vir die lekker!
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Sun May 31, 2015 7:33 pm
by Boersonderroer
Gee die 300 vir my en verkoop die 308.
Re: Wat doen jy, as jy 'n 308 en 'n 300 Win Mag het?
Posted: Wed Jun 03, 2015 7:37 am
by Umshwati Boy
DWB wrote:Bou daai 9.3x74R wat jy nog altyd soek op hom

Dink dit is tyd om 'n draai by die Badenhorst's te maak
