Page 1 of 2
Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 10:25 am
by cassie_calvinia
http://www.weatherphotos.co.za/rain_wxmaps_sixdays.html
lyk of die eerste winter reen oppad is... hou maar duime vas
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 10:31 am
by Heinz Petersen
Ja Cassie, ek hou hom fyn dop. Het nou net so 1 hektar los gemaak vir nog lusern plant.
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 10:58 am
by Carl
Ek glo dit sal nou mooi reën, daar was baie gebede in die week.
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 11:01 am
by Gernie
Sien nogals YR se Kroonstad gaan reen kry Woensdag. Sal goed wees vir Korog
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 2:56 pm
by johans
Gernie wrote:Sien nogals YR se Kroonstad gaan reen kry Woensdag. Sal goed wees vir Korog
sal goed wees vir ons voere ook,met die hitte en droogte hardloop alles nou aar toe
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 3:06 pm
by Riaan Kriel
As julle manne in die kaap goeie winterreën kry, het ons gewoonlik in die wes-transvaal ook 'n goeie somerreën seisoen. Ek hoop julle manne word oorvloediglik geseën....
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 4:01 pm
by PWV
Heinz en Cassie
Ons vertrou dat dit mildelik by julle gaan reen!
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 4:10 pm
by cassie_calvinia
dankie Oom
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 4:41 pm
by 222 Sako
Cassie ek hoop julle het n goeie seisoen. Ek het so ruk terug by n ou maat van my daar by julle, Attie Louw, gaan lusern saad haal, toe was dit maar sleg droog daar.
Groete.
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 4:55 pm
by cassie_calvinia
attie so 30km van my af.
die wereld is maar naar nou.
bo op als, loop hier nou nog 2 luiperds ook rond
Re: Reen Oppad
Posted: Fri May 29, 2015 6:04 pm
by 222 Sako
Ons het self 4 baie swak jare agter die rug, ons glo volgende een sal beter wees.
Bly in die stoel en hou die hek maar toe as jy roep in die aande

Re: Reen Oppad
Posted: Mon Jun 01, 2015 6:00 am
by ANDRIES
Cassie het dit by julle gereen?Hier in Worcester reen dit sagweg suidoos van saterdagmiddag af.Nog nie werklik baie gereen nie maar met die sagte reen loop niks water weg nie.
Re: Reen Oppad
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:14 am
by cassie_calvinia
nog nie Oom.
lyk my van vanaand af kom die groot reen!
Re: Reen Oppad
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:20 am
by Heinz Petersen
Die reen val nou al van 2 uur vanoggend. Net genoeg dat dit nie weg loop nie. Ok maar Suidoos wat hier druk.
Re: Reen Oppad
Posted: Mon Jun 01, 2015 9:18 am
by alecjohnson
Dit reën nou al vir 24h aan een hier en my braaiarea is nat! my sitkamer is volgende om nat te word... Maar die veld hier is kurk droog en het die water nodig. hoop almal kry die water wat hulle nodig het!!!
Re: Reen Oppad
Posted: Mon Jun 01, 2015 10:34 am
by Willie
Reen al van gister middag af lekker sag. Staan al op 25mm
Re: Reen Oppad
Posted: Mon Jun 01, 2015 11:29 am
by cassie_calvinia
daai suid oos, voorspel niks goed vir ons nie
Re: Reen Oppad
Posted: Tue Jun 02, 2015 12:31 pm
by tau
Dit reen nou nie meer so hard nie, maar het vanoggend uit die Suid-oos gereen wat baie vreemd is vir ons area. Lekker skade gemaak gister aan dakke en bome.
Re: Reen Oppad
Posted: Tue Jun 02, 2015 12:33 pm
by cassie_calvinia
het al so 10mm.
more draai die wind na gewone kouefront
Re: Reen Oppad
Posted: Tue Jun 02, 2015 1:05 pm
by .223 JAGTER
Cassie ons so 20mm gehad jule kry mos dam altyd baie meer as ons so da is nog baie oppad .Die boere lag weer
Re: Reen Oppad
Posted: Tue Jun 02, 2015 1:10 pm
by Hein M.
Dit sous vir dood hier in Tulbagh! Voorspel nog baie water vannag.
Re: Reen Oppad
Posted: Tue Jun 02, 2015 3:01 pm
by cassie_calvinia
Christo, die weer is heel snaaks.
so ooste wind reen.
hier draai die wind nou, so ons hou duime vas!!
Re: Reen Oppad
Posted: Tue Jun 02, 2015 10:55 pm
by Bulvegter
Hier in Bredasdorp het al meer as 70 mm geval. Uitstekend vir die gesaaides en diere. Tot Dinsdag aand.
Re: Reen Oppad
Posted: Wed Jun 03, 2015 6:05 am
by Henry 7
15mm vroeg vanoggend-hoop da kom nog vir groenvoer!
Re: Reen Oppad
Posted: Wed Jun 03, 2015 6:06 am
by ANDRIES
Worcester het ook 70mm gehad.