Page 1 of 2
Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:05 am
by Baasvark
More Manne,
Ons praat almal van lope wat uitgeskiet word ens....
Maar min van ons (verseker nie ek nie) het dit self al persoonlik beleef.
Wat ag julle as uitgeskiet? Van 5mm to 50mm op 100m?
Hoe bepaal/besluit jy dat dit tyd is vir 'n nuwe loop?
Ek weet die is 'n vraag met baie moontlike antwoorde maar ek sal graag wil weet wat julle mening is.
En die manne wat wel al lope geruil het - waar het julle die streep getrek?
Dankie en groete.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:08 am
by Chris Swart
Ek hou dop
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:12 am
by joe rocket
Seker wanneer die roertjie nie meer wil groepeer nie en nadat dit gebore scope is en sy keel is sodoende weggebrand dat jy nie naby die lande kan kom nìe.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:15 am
by Carl
Chris dankie man, hou my dop ook vas en kyk wat my Scooby kan doen
Ek sal graag die wil volg aangesien ek 'n 270W het wat erens rondom 1948-50 gemaak is en nog goed skiet. En dan om by Joe aan te sluit, die TPL en magasyn veroorsaak dat ek buitendien nie naby die lande is nie.
Ek sal ook wil hoor as die "loop" uitgeskiet is, is dit mos net die keel. Sal die oorsny van die kamer nie dit reg stel nie? Of verloor jy te veel " op die lengte en kos dit te veel?
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:17 am
by cassie_calvinia
dit hang af...
dink dit is jou persoonlike besluit.
party mense vervang lope as hul nie meet 10mm groepe op 100m skiet nie.
ander as hul nie snyers op 600Y skiet nie.
wat is jou geweer se aplikasie? jag? vlakte jag? moet jou geweer net 150mm op 200m te groepeer, of moet hy 25mm op 200 groepeer.
eintelik kan net jy daai vraag antwoord.
ek jag gemsbok met my 22-250. as hy nie meer 20mm op 200m groepeer nie, sal ek nie meer gemsbok met hom skiet nie, maar die loop is nog reg vir jakkalse.
soos jy se, daars baie antwoorde.
maar, jy sal weet as die geweer jou laat twyfel.
vir my is elke kaliber, en elke aanwending anders.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:18 am
by cassie_calvinia
charl, dit hang af van jou knox.
as hy lank genoeg is vir re chamber, kan jy net kamer afsny, en oorsny
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 10:40 am
by marco
My enigste loop wat vervang is was n 243 zastava wat na 20 skote van skoon af nie eers meer op n a4 blad groote op 100m wou groepeer nie... dan vat dit so 10 lappies met copper remover om hom skoon te kry... dan weer 20 skote en dis die blad vol... het hom laat borescope by Johan Morkel en hyt my gewys dat meer as die eerste 100mm van die groewe weg gebrand was en ook erg gefire crack was... hy was moeg...
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 11:00 am
by Carl
Dankie Cassie. Marco ja die borescope vertel sekerlik die enigste waarheid. Daai 243 moes baie geskiet het

Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 11:09 am
by marco
Hyt oor die 3000 rontes gehad maar ek moet ook noem dat die loop van nuut af n bitter lang keel gehad het... ek kon nie eers n 100 gr game king op die groewe laai nie..
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 11:25 am
by Baasvark
Manne dankie vir die terugvoering.
Kom ek stel die vraag so: wat kan 'n mens verwag as die loop uitgeskiet is?
Ek weet groter groepe maar sal dit van 10mm na 500mm vergroot op 100m?
Ek het gelees van die Zastava se A4 kwessie, is dit die norm?
Ek sit nie tans met so 'n probleem nie maar ek is net nuskuurig.
Alhoewel my gewere meer en deels vir jag gebruik word (en dus is 10mm groepe op 200m nie krities nie) probeer ek net die nodige kennis opdoen vir die dag as dit gebeur.
Weereens dankie .
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 11:29 am
by 3006
More
My .308 RSA het begin om so nou en da n flyer te gooi sonder rede op 300m, ek moet byse dat die ou Musgrave loop my meer as 10 000 skote gegee het.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 11:48 am
by Geno
Uit my ondervinding sal 'n roer een dag halfduim groepe skiet, en die volgende dag sukkel om 'n A4 raak te skiet. Dan weet mens hy is moeg. My 25-06 het so gemaak.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 12:44 pm
by Nickvn
Ek het ook nou n 1957 30-06 wat se groepe ook al hoe groter en groter word. Die keel is goed weg gebrand. Ek kan ook duidelik die verskil voel tussen hom en my nuwe 308 as ek die boresnake deurtrek.
Ek het nou hom in by n geweersmit om die loop bietjie korter te sny en hom dan oor te sny na n 30-06 AI. Ek weet nie of dit sal help nie en sal terugvoer gee as ek hom terug gekry het. Ek hoop om die loop se leeftyd sodoende n bietjie te verleng. Hoe lank weet ek nie.
Die probleem is dat dit omtrent dieselfde kos en minder moeite is om net n nuwe geweer te koop as on die loop te vervang.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 12:47 pm
by Geno
Nickvn wrote:Die probleem is dat dit omtrent dieselfde kos en minder moeite is om net n nuwe geweer te koop as on die loop te vervang.
Is so, maar hoeveel rakgewere kom met hand-lapped match lope?
Ek dink net Nosler (as ek reg gehoor het) kom met PacNor lope.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 1:01 pm
by Nickvn
Ek hoor jou Geno, maar vandag se rak gewere is perfek vir jag tot en met 200m, waarvoor ek my 30-06 gebruik. As dit nou jou 10km

skyfskiet geweer is, is dit n heel ander storie. Ek praat nou maar van n gewone jag geweer.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 1:12 pm
by PWV
Baasvark wrote:More Manne,
Ons praat almal van lope wat uitgeskiet word ens....
Maar min van ons (verseker nie ek nie) het dit self al persoonlik beleef.
Wat ag julle as uitgeskiet? Van 5mm to 50mm op 100m?
Hoe bepaal/besluit jy dat dit tyd is vir 'n nuwe loop?
Ek weet die is 'n vraag met baie moontlike antwoorde maar ek sal graag wil weet wat julle mening is.
En die manne wat wel al lope geruil het - waar het julle die streep getrek?
Dankie en groete.
Baasvark
Ek moes toe al die kommentare lees om uit te vind jy verwys eintlik na 'n GEWEERLOOP.
Waar is die geweersmede wat hul kundigheid met ons wil deel?
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 2:57 pm
by Alwin
Ek dink, as die vryboor ("jump") langer word, as die koeël se dravlak, dan gaan jy sukkel.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 2:58 pm
by Baasvark
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Fri May 29, 2015 3:05 pm
by johans
Nickvn wrote:Ek het ook nou n 1957 30-06 wat se groepe ook al hoe groter en groter word. Die keel is goed weg gebrand. Ek kan ook duidelik die verskil voel tussen hom en my nuwe 308 as ek die boresnake deurtrek.
Ek het nou hom in by n geweersmit om die loop bietjie korter te sny en hom dan oor te sny na n 30-06 AI. Ek weet nie of dit sal help nie en sal terugvoer gee as ek hom terug gekry het. Ek hoop om die loop se leeftyd sodoende n bietjie te verleng. Hoe lank weet ek nie.
Die probleem is dat dit omtrent dieselfde kos en minder moeite is om net n nuwe geweer te koop as on die loop te vervang.
dis wat ek ook sal doen nick,aangesien ek nie kompetisie skiet nie.n gunsmith het my eendag gewys as jy nie n borescope het nie haal jou slot uit en kyk daar waar die groewe begin,dis die eerster plek waar hulle verweer en jy sal dit sommer maklik sien
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Mon Jun 01, 2015 6:00 pm
by Piet Breedt
Al my vorige lope wat uitgeskiet was het die volgende tekens getoon
1. Sy groepe het begin groter raak. Van maklik 1/2 duim na so 1 1/2
2. Sy spoed met selfde lading neem baie af
3. Dan ewe skielik skiet hy 2 1/2"
4. Dan op n dag, binne 30 skote kan hy nie n sopbord groep skiet nie
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Mon Jun 01, 2015 6:14 pm
by Sako75
Ek wonder soms of baie lope nie "uitgeskiet" is wanneer daar 'n nuwe eksotiese kaliber met buitengewone vermoe op die horison verskyn nie of wanneer daar 'n special op een of ander "match target tactical" tipe lope is nie. My beskeie waarneming is dat daar dan baie lope "uitgeskiet" is en vervang moet word.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:23 pm
by Baasvark
Dankie Piet, kry nou 'n idee van wat om te verwag!
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:40 pm
by PWV
Sako75 wrote:Ek wonder soms of baie lope nie "uitgeskiet" is wanneer daar 'n nuwe eksotiese kaliber met buitengewone vermoe op die horison verskyn nie of wanneer daar 'n special op een of ander "match target tactical" tipe lope is nie. My beskeie waarneming is dat daar dan baie lope "uitgeskiet" is en vervang moet word.
Sako, ek dink jy is doodreg, my maat.
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Mon Jun 01, 2015 7:46 pm
by Giepie
Sako75 wrote:Ek wonder soms of baie lope nie "uitgeskiet" is wanneer daar 'n nuwe eksotiese kaliber met buitengewone vermoe op die horison verskyn nie of wanneer daar 'n special op een of ander "match target tactical" tipe lope is nie. My beskeie waarneming is dat daar dan baie lope "uitgeskiet" is en vervang moet word.
Moet jy nou strategie uitblaker?

Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Posted: Thu Jun 04, 2015 11:03 am
by dawiec
Sako jy praat uit jou beurt uit...nou nou lees my vrou hier iets raak

en dan is daar weer huismoles....