Page 1 of 2

Warrenton Weir

Posted: Sun May 08, 2011 7:29 pm
by Vriendin
Ons het die naweek by Warrenton Weir gaan hengel.  Seker die beste vangs die seisoen en niks onder 3kg nie.  (Meestal karp en darem een baber).  Die geriewe is nie wat wonders nie.  Geen warm water nie en die badkamers het aandag nodig.  Ook geen kragpunte nie.  Die asinte was 'n beslommernis, maar gelukkig het die wind so dan en wan gedraai en hulle het weg beweeg..... totdat die wind weer gedraai het.    Die visse het ons besig gehou ....... min geslaap, vol modder (Warrenton het 'n goeie bui reen gehad voor ons arriveer het), maar die goeie vangs het gesorg vir gelukkige hengelaars ...... en dit is al wat tel :)

Re: Warrenton Weir

Posted: Sun May 08, 2011 8:33 pm
by jaracal
Vriendin
Lyk of julle die visvang plekke redelik afwissel.
Dankie vir die updates, ek dink as jy wil sal die mense baie belangstel in watter aas die beste gewerk het
Groete
Heinrich

Re: Warrenton Weir

Posted: Mon May 09, 2011 11:43 am
by Vriendin
Hier het gewone pitmielies gewerk saam met Vaaldam bomme.    Ons probeer afwissel - wil weet watter plekke veilig is en watter geriewe daar is.  Sover wen Kalkfontein Dam (behalwe dat die vis nie groot is nie) - dit hou ons besig en hou almal gelukkig.  Ons gaan vir eers in en om die Kimberley area (200km radius) voor ons verder visvang. 

Re: Warrenton Weir

Posted: Mon May 09, 2011 1:54 pm
by Rooies
Vriendin

Het julle al by Broadwaters op Douglas gevang?

Re: Warrenton Weir

Posted: Fri May 13, 2011 10:18 am
by Vriendin
Nee - sodra die weer opklaar gaan ons in daai rigting.  Ons het al by die ou oord gevang (voor dit verwaarloos was) en baie, baie goed gevang.  Meestal Karp. 

Re: Warrenton Weir

Posted: Wed Sep 07, 2011 12:20 pm
by Hoender
Ons het al 'n paar keer by broad waters gaan vang. die vis is maar stil gewees. Ons het als probeer, hier en daar 'n klein karpie. Die groot probleem daar is dat dit 'n gewilde boot ryplek is. Die ou oord is gesluit so ver my kennis trek. NA die vloede en die beheer van die plek het dit baie agteruit gegaan. Dit lyk nie wonderlik van die water se kant af nie.

MONA VAN WAAR JY?

Re: Warrenton Weir

Posted: Wed Sep 07, 2011 3:15 pm
by Vriendin
Die ou oord in Douglas is gesluit - ek het hulle juis vanoggend gebel...  Ons het baie, baie goed daar gevang toe dit nog 'n 'oord' was

Re: Warrenton Weir

Posted: Sun Sep 25, 2011 10:57 am
by Rooies
Mona / Hoender

Die oord is gesluit na die vloed maar jy kan nog gaan visvang daar as jy op jou eie aangewese is.
Net verder aan deur die dorp oppad Prieska toe reg oor die tronk se ingang draai n grondpad af
na Sunsetview nie so groot stukoewer soos die oord of broadwaters nie,
maar geen bote en boom boom karre nie.
Donderdag n paar mooi karpe daar uitgehaal. Probeer die plek as julle wil, skoon badkamers en baie privaat.

rooies

Re: Warrenton Weir

Posted: Sun Sep 25, 2011 12:54 pm
by Vriendin
Hi Rooies, baie dankie.  Hoe ver van Douglas is die stukkie paradys en hoe lank is die grond pad (min of meer).  Ons het die naweek op Smithdale naby Riverton gaan vang - baie swak! >:(  Net 'n klomp modderbekke n een of twee geles. 
Twee weke gelede, toe dit volmaan was,  was ons vangs baie goed.  Ongelukkig is dit private eiendom met geen geriewe nie - nie eers drinkwater nie.  Gelukkig is Kimberley nie ver nie - so ons het maar in en uit gery

Re: Warrenton Weir

Posted: Sun Sep 25, 2011 2:28 pm
by Hoender
Rooies,

is dit op die samevloeiing pad? Ek het een dag daar by die samevloeiing gestaan en kyk bietjie. Die Ander kleuriges vang net met koekmeel pap daar lekker karpe en geelvisse. en die lyne bly besig

Lekker dag en dankie dat jy my gese het

Re: Warrenton Weir

Posted: Mon Sep 26, 2011 9:44 am
by Rooies
Mona
Dis so +- 4km uitdie dorp uit en die grondpad is seker nie
Langer as 1km nie.

Hoender
Dis nog voor jy afdraai samevloeiing toe op die regterkant,die confluens vang ook lekker
  MAAR jy kan net in die week daar vang
Want naweke is dit maar n dronknes daar.

Ek sal later die nommer opsit.

Douglas

Posted: Mon Oct 03, 2011 11:04 pm
by Vriendin
:)  Baie dankie ..... gaan beslis daar probeer.  Wag net om te kyk wat die weer die naweek gaan maak

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Oct 04, 2011 2:56 pm
by Arnold van Wyk
Gaan Desember by Douglas visvang, broer het klienhoewe teen water, hoop om mooi geel vis te-kry

Re: Warrenton Weir

Posted: Sat Oct 15, 2011 10:15 am
by Rooies
Bywoner

Wie is jou broer op Douglas?

Mona/ Hoender
Hier is die nommer vir Sunsetview 08237669771 praat met Annerene.

Re: Warrenton Weir

Posted: Sun Oct 16, 2011 7:57 am
by Arnold van Wyk
Rooies

Kobus van Wyk, maar dis net n naweek plek, hy bly in Kimberley, ken jy die Bekkers, wat net buite die dorp op n kleinhoewe bly.

Re: Warrenton Weir

Posted: Thu Nov 03, 2011 1:39 pm
by Vriendin
Hi die nommer wat jy vir Sunset gegee het is hopeloos te lank.......

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Nov 15, 2011 1:27 pm
by Rooies
Mona

Jammer man ek sien nou      0823769771

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Nov 15, 2011 2:58 pm
by Vriendin
Rooies wrote: Mona

Jammer man ek sien nou       0823769771

Baie dankie.  Ek het nou net vir Annerien by die oord geskakel.

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Nov 15, 2011 3:04 pm
by Vriendin
Mona wrote:
Rooies wrote: Mona

Jammer man ek sien nou       0823769771

Baie dankie.  Ek het nou net vir Annerien by die oord gesel.
Bedoel GEBEL.  Gaan beslis soontoe

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Nov 15, 2011 3:04 pm
by Danie01
Het enige iemand nou onlangs by Warrenton weir gevang? Hoe was die vangs en sal julle iemand aanbeveel om daar te gaan vang? Ek vang baie by Kraaipoort en ballanseerdamme om  Jacobsdal.

Wil 'n bietjie anders plekker ook try.

Groete
Danie

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Nov 15, 2011 3:13 pm
by Vriendin
Danie01 wrote: Het enige iemand nou onlangs by Warrenton weir gevang? Hoe was die vangs en sal julle iemand aanbeveel om daar te gaan vang? Ek vang baie by Kraaipoort en ballanseerdamme om  Jacobsdal.

Wil 'n bietjie anders plekker ook try.

Groete
Danie
Vangs is goed by Warrenton Weir - veral karpe.  Dis veilig daar en hekke word saans ongeveer 20H00 gesluit.  Die oewer is nie baie groot nie so dis op 'n 'first come first served' basis.  bel eers vir Hartswater Munisipaliteit en doen navraag oor die hisinte (spelling?) - dit is 'n probleem as hulle daar is alhoewel die waterwese dit probeer beheer.  Die badkamers het net koue water.  Geen kragpunte.  Dit is netjies en skoon daar en geen lawaaiers nie ....... ons het dit nog nie ondervind nie.  Kraaipoort is ons gunsteling, maar alhoewel ons besig bly by die dam - is die vis maar aan die kleinerige kant.  Die munisipaliteit sal jou die persoon se selnommer gee wat in beheer van die weir is so jy sal direk met hom kan praat.  Ongelukkig het ek dit nie meer nie.  O ja - groot pluspunt ...... daar is baie skaduwee :)

Re: Warrenton Weir

Posted: Tue Nov 15, 2011 3:21 pm
by Danie01
Dankie Mona, ek sal beslis dan daar n draai gaan maak! Ja kraaipoort baie lekker en vang baie vis, maar soos jy se is dit nie die groottse visse nie. Onsa grootste daar was so 4.8kg, en die gemiddeld seker so 1 t0t 2kg.

Groetnis

Re: Warrenton Weir

Posted: Wed Nov 16, 2011 9:15 am
by Vriendin
Danie01 wrote: Dankie Mona, ek sal beslis dan daar n draai gaan maak! Ja kraaipoort baie lekker en vang baie vis, maar soos jy se is dit nie die groottse visse nie. Onsa grootste daar was so 4.8kg, en die gemiddeld seker so 1 t0t 2kg.

Groetnis
Ten minste het julle al groter as 'n 4kg gevang ..... ons vang net die gemiddelde spesies  :D

Het jy al by Apiesdeel naby Christiana gevang?  (Vaalrivier).  Die vangs is ook baie goed daar en die plek is baie mooi ingerig - chalets, tent en karavaan staanplekke beskikbaar. 

Re: Warrenton Weir

Posted: Wed Nov 16, 2011 9:52 am
by Danie01
Nee nog nie daar gevang nie. Het jy dalk vir my n nommer?

Dankie
Danie

Re: Warrenton Weir

Posted: Wed Nov 16, 2011 10:38 am
by Vriendin
Danie01 wrote: Nee nog nie daar gevang nie. Het jy dalk vir my n nommer?

Dankie
Danie
Apiesdeel Hengeloord - 053 441 2371.  Skakel na 17H00 (sy is 'n onderwyser). 
Daar is 'n nuwe oord net voor Christiana, maar ek het nog nie die kontak nommer nie. 

Dan is daar ook Bethsaida - so 10km van Christiana af (Kbly kant).  Hulle het net een Chalet en is gewoonlik, maar redelik karavaan en tent plekke met krag.  082 851 1180 (Annie of Pieter Swiegers)

Ek dink ons moet 'n lys op die forum begin met al die visvang plekke en kontak nommers in ons area - meeste van hulle is nie op websites te vinde nie - hoor net daarvan deur vriende en partykeer op die forum.  Gaan dit sommer nou begin