Page 1 of 1
375 ombouiing
Posted: Wed May 27, 2015 7:04 pm
by roettler
Hallo, ek hoor graag watter ombouiing s moontlikhede daar vir n 375 Ruger is. Sal graag langer afstande meer akkuraat wil skiet tot en met 500m. Kan dit ombou word na n lapua 338 of n vorm van 7mm. Ek het geen ondervinding hieroor nie en hoor graag by die kenners.
baie dankie
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 9:56 am
by KSV
Jy sal moet ander loop opsit as jy 7mm of 338 wil gaan.
Die Lapua gaan nie op die aksie pas as ek so vining dink nie.
Mooiloop,
Hein
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 12:55 pm
by Carel Maritz
Hi Ludwig,
Hoe sal daai som lyk vir n 300-375 Ruger, tov SA kruit en ander vergelykbare 300 kalibers beskikbaar
Groete
C
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 1:53 pm
by roettler
Dankie manne. Dit lyk ek moet die 375 net so hou in die kluis. Ek soek nogsteeds n kaliber vir ver jagskote. Wat sou julle voorstel vir n geweer uit die rak. Ek dink aan n 7mm rem mag. 165gr. Ek hoor graag julle opinie.
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 2:01 pm
by Capt. Yoda
roettler wrote:Dankie manne. Dit lyk ek moet die 375 net so hou in die kluis. Ek soek nogsteeds n kaliber vir ver jagskote.
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... om-sierra/
http://accurateshooter.net/Blog/sierra375350a.jpg
Sierra Bullets has just announced a new .375-caliber, 350 grain HPBT bullet — the latest in Sierra’s MatchKing line of projectile. Designed for custom long-range applications, this 350-grainer is the largest MatchKing Sierra produces, and it offers a jaw-dropping 0.805 G1 BC (at 2,200+ fps).
With that impressively high BC, the new .375-caliber MatchKing should “buck the wind” very well at long range. The new bullet features an 11-caliber ogive, and 9-degree boat tail. Sierra says the overall shape is “forgiving” to tune and should work well at a variety of seating depths. These bullets will be available in 50-count boxes (stock #9350T), or bulk boxes of 500 bullets (stock #9350).
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 2:14 pm
by Carel Maritz
Dankie Ludwig, juis waarom ek gevra het. My weergawe van QL het hom ook nie. Ekt gehoop julle het dalk n spesifieke benadering om resultate van so n wildcat te skat.
Dan skip ons eers die 30-375 Ruger :-)
Groete
C
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 3:16 pm
by Capt. Yoda
Nee Ludwig ek het ook so ruk terug probeer kry om te sien of hul sal werk maar was nie suksesvol nie. Glo ook jy sal vreeslik baie betaal vir dit
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 3:34 pm
by Arnold
Howa het 'n 300 WSM gedoen, dit was amper my eerste geweer wat ek gekoop het maar koop toe 'n 308. Weetnie hoekom Howa die 300WSM gedrop het nie.
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 4:23 pm
by Armand9
Ludwig het die belt van die magnums enige invloed op akuraatheid vir langafstand skiet. Ek praat nou van die met die skerper skouers soos bv die 338 WM? Head spacing is dan mos nie net op die belt soos die 375 en 300H&H nie? Help my maar reg.
Almal wil die 338 Lapua bou maar as ons kruite nie geskik is om die groot dop tot sy reg te laat kom nie, is dit nie beter en gaan vir die 338 WM nie. Of is die Lapua met n 'halwe' dop kruit nogsteeds beter?
Die 338 WM en S365 lyk my is vir mekaar gemaak!
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 4:55 pm
by Armand9
Ek sien hy is net 100fps stadiger met die meeste grein punte van 225-300gr. Vir langafstand aplikasies waar jy elk geval stel vir afstande maak dit seker min verskil. Selfs vir algemene jag tot 300m, is die verskil in trajek wat 100-150fps maak seker maar baie klein.
Re: 375 ombouiing
Posted: Thu May 28, 2015 5:32 pm
by Armand9
Ja nee dis veglaatbaar klein. Ek wat sal die kanse wees dat Somchem kruit beskikbaar stel wat die lapua laat skiet waartoe hy instaat is? Dan sal die gaping groter wees tussen die twee.