OXYRUM JAG
Posted: Sun May 08, 2011 1:05 pm
Gister was vir my 'n besonderse dag en jag.
My skoonpa , wat by ons bly , word die jaar 80jr en is gekoppel aan 'n suurstof masjien wat hom 24\7 van suurstof moet voorsien agv myn tisis (spelling). Hy was ook so bietjie meer as 'n maand gelede in die hospitaal waar hy ge opereer is vir 'n dunderm blokkasie en hy het dit amper nie oorleef agv sy long wat gedaan is.
Die plaaslike dokter se man en ek is vriende en ons beplan toe vir oupa 'n oxigen jag by hom op die plaas.
Vroeg oggend is almaal in die bakkie en laai 'n suurstof sillinder en regulator op by die dr se spreek kamer om maak vir die plaas so 35km uit die dorp. Op die plaas eers weer oupa on die masjien gekoppel en ontbyt op die vuur gemaak en lekker ge-eet. Daarna is die suurstof sillinder op die bakkie vas gemaak en die regulater op gesit en die pypie deur die venster na oupa aangele.
Oupa het sy springbok geskiet met sy geliefde 30-06 en toe is daar om die bok gestaan en oupa het sy suurstof gesuig en ek en Louis het vir ons n rumpie gegooi en die oomblik saam met oupa geniet. Van daar die OXYrum jag. Oupa op oxygen en ons op die rum.
Dit was voorwaar 'n voorreg om dit saam met oupa deur te maak. Daar is altyd 'n plan te maak as daar 'n wil is.
Die dag is afgesluit met 'n lekker skenkel pot en rugby. Net jammer die Stomers het verloor.
Robert