Naand Manne, ek wil net julle gevoel hoor. Sal julle tot en met n Eland skiet met n SGK 180g? Met die wat mens so sukkel om noslers en hornady te kry wil ek iets koop wat beskikbaar is. Ek weet dis nie n core bonded punt nie maar hoor hulle is baie akkuraat?
Ek gaan ook vlaktes jag tot op 300m en bos?
Hoor graag van julle.
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Tue May 26, 2015 6:10 pm
by DawieKotze
Snyman11 - ek neem aan dis vir .30 kaliber, maar watter een? Is dit 308, 30.06, 300WM, 300 WSM of hoe?
Enige een sal die Eland platmaak met die 180gr GK en met die regte skootplasing. Vermy die groot skouerbene en jy sal reg wees. Afstand en spoed gaan bepaal hoeveel vleis jy gaan weggooi.
Dawie
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Tue May 26, 2015 6:55 pm
by SNYMAN11
Dawie dit is vir n 30 06?
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Tue May 26, 2015 7:33 pm
by DawieKotze
Soos gesê - hy sal werk indien jou skootplasing reg is en nie groot skouerbene vang nie.
Persoonlik sou ek eerder 'n premium koeël gebruik het vir gemoedsrus.
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Tue May 26, 2015 7:37 pm
by birklec
Jy kan hul maar gooi snyman.
Hul werk baie goed
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Tue May 26, 2015 8:13 pm
by tripodmvr
Kry vir jou 'n 150gr TSX en skiet die eland daarmee. Goeie skootplasing en jy het vleis.
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Tue May 26, 2015 8:54 pm
by Johan308
Ek stem saam met tripod, daai SGK mors die vleis en slaan jy groot been op die eland kan hy nog ver hardloop.
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Wed May 27, 2015 1:38 pm
by Jean Marais
Kyk na hierdie video, en besluit self. Hier word die game-kings ook getoets. Op veral elande, en 'n nie perfekte skoot nie, gaan jy kwes. Kyk bietjie hoe breek daai game-king op wanneer dit been slaan, en vergelyk dit met die TSX of trophy bonded koeëls. Need I say more?
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Wed May 27, 2015 3:00 pm
by SNYMAN11
Jean dankie vir die video, kyk ek weet die core bonded en mono punte is sterker as die gamekings maar al hoekom ek die game kings wil skiet is oor hulle altyd beskikbaar is en is baie akkuraat. Ek het oral gebel vir Hornady en Nosler Accubonds en niemand het nie.
Savuti in Brakpan het vir my gese Hornady kom vir die res van die jaar nie in nie met hulle back lock. Safari and Outdoor het n maand terug vir my gese n week n week dan kry hulle Noslers. Laas week toe ek by Safari was het hulle vir my gese nog 4 weke.. So ek is maar net gatvol gewag en altyd te soek vir punte.
In die ou dae het die sierras mooi gewerk dis maar net nou met die sterker punte wat mense hulle obviously nie aanbeveel nie. Ek was vandag weer by Safari en daar was baie SGK 's
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Wed May 27, 2015 3:49 pm
by Jean Marais
Probeer dan eerder die Swift Scirocco's op Eland. Hulle is redelik beskikbaar.
Re: Sierra Game Kings 180g
Posted: Thu Dec 03, 2015 7:21 am
by offroad junkie
Ek het my eland met my 308 geskiet, gelaai met 150gr Impala soliede punt, hart skoot op +/- 200m. Ek laai niks anders as Impala punte nie. Ek skiet nou maar die 150gr Sierra game kings uit op die skietbaan....