Page 1 of 2

Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 8:58 am
by G-force
Ek het die jakkalse hoor roep van my huis af toe ek ge eet het.Het rustig gewag en kiddies innie bed gesit.Goedjies gekry en op geloop in my Pa se huis se rigting.Ek het absulute geen staan plek op ons grond vir n bakkie roep nie.Die een jakkals het heeltyd locator geroep.Aanmekaar.Ek sien toe my boys het die trekker lekker in die middel van my enigste ou klein oop kol geparkeer met tjailatyd.
Anyway ek stel op.Sit effens hoer as roeper op n klein klip rant.Ek het net my 17HMR met die Plusar op,geen lig nie.Roep eers saggies n haas combo vir 5 minute vir as daai rooikat naby was wat ek onlangs op die trailcam gesien het.Hy was nie.
Gooi toe Enkel Jakkals.Kry mooi antwoord van daai een wat locator ge roep het.Na rukkie hoor ek hom weer,nader.Ek bly stil en wag.Lank.Niks.Speel sagte hasie.Niks.Wag.Speel toe Mooihuil Joedel een keer,toe weer.Dis mos n lekker kort klank.Altwee jakkalse antwoord,een wes en sy maat oos van my.Wag.Niks.Hoor toe later sy skreeu oos maar verder as wat sy was.Gooi toe die volle Mooihuil.Sy antwoord maar net baie kort.En toe is sy stil.Ek draai myself toe beter vir n skoot uit haar rigting uit.15-20min daarna toe sien ek haar,amper te laat,in die pad.Try haar briek met my lippe.Sy stop nie.Sy kom toe verder af in die pad in die laaste oopkol en stop gelukkig met n kort kiss of death van my lippe af.Die skoot was net agter die blad in.Sy het 80m met die pad af gehol en toe so 10m bos in voor sy vrek.Sy het baie bloed gegooi.Ek speel toe dadelik n jakkals distres om te kyk of haar maat nie sal kom oog wys nie.Wag toe so 10 minute en speel locator blaf.15-20 Minute daarna toe sien ek tussen die takke en gras deur sy twee ogies blink.Hy het heeltemal om ge sirkel en met die selde pad op ge kom as wat sy gekom het.Ongelukkig presies op sy maatjie se bloed spoor van 80m.Ek wou nie n kans waag op hou deur die takke nie met die ligte 20gr koel.Hy het net n rukkie stil gestaan en toe met n stink spoed om ge draai en die pad gevat.Sy dag sal kom.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_7013_zpspsktcbpa.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_7016_zps1mbgpyy0.jpg~original[/image]
Ingangs wond:
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_7032_zpsrs8x1p0q.jpg~original[/image]
Uitgangs wond:
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Jakkals/IMG_7026_zpsjz5okqeh.jpg~original[/image]

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 9:12 am
by Geno
Netjies Pel. Bly jy het uiteindelik een van daai jakkalse gekry!

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 9:17 am
by FrancoisW
Sal nice wees om so trip saam manne te beleef wat hul storie so ken. Mooi skoot.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 9:18 am
by Riaan Kriel
Lekker man, goed gedoen!!. Ek het al gewonder of dit ook die rede is dat ek nie altyd al die dooie jakke optel in die veld nie. Dalk nie onmiddelik heelteamal dood nie en het dalk nog stuk verder gekruip, gehol en dan is dit nie meer in presies die rigting wat ek merk nie.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 9:27 am
by Capt. Yoda
Netjies G.Daai 17HMR is nog een geweer wat ek graag wil koop.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 9:32 am
by NicoSmit
Jammer vir my dom vraag maar waar in die lyn van kalibers pas die 17HMR? kan jy dalk ook 'n foto opsit van so rondte

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 10:02 am
by henried
Te lekker.
Dis soos om 'n dam met vis op jou erf te hĂȘ...

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 10:09 am
by Geno
NicoSmit wrote:Jammer vir my dom vraag maar waar in die lyn van kalibers pas die 17HMR? kan jy dalk ook 'n foto opsit van so rondte
.22Mag afgenek na .172"
20gr koeel teen 2350fps

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/5f/17HMR_and_22LR_B.jpg

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 1:09 pm
by Cobus(Cobb)
Geno wrote:
NicoSmit wrote:Jammer vir my dom vraag maar waar in die lyn van kalibers pas die 17HMR? kan jy dalk ook 'n foto opsit van so rondte
.22Mag afgenek na .172"
20gr koeel teen 2350fps

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/5f/17HMR_and_22LR_B.jpg
is dit vir manne wat flinch op die 243 en 223??? :confused:

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 1:23 pm
by G-force
Cobus(Cobb) wrote:
Geno wrote:
NicoSmit wrote:Jammer vir my dom vraag maar waar in die lyn van kalibers pas die 17HMR? kan jy dalk ook 'n foto opsit van so rondte
.22Mag afgenek na .172"
20gr koeel teen 2350fps

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/5f/17HMR_and_22LR_B.jpg
is dit vir manne wat flinch op die 243 en 223??? :confused:
Ja en sommer die .204 ook :laugh:

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 1:27 pm
by G-force
Geno wrote:
NicoSmit wrote:Jammer vir my dom vraag maar waar in die lyn van kalibers pas die 17HMR? kan jy dalk ook 'n foto opsit van so rondte
.22Mag afgenek na .172"
20gr koeel teen 2350fps
Dis hoe die 20gr hol punt patroon lyk.
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Mobile%20Uploads/stwinchester17_092407a_zpsxfgzoey5.jpg~original[/image]

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 4:19 pm
by Henry 7
Sal daai hollow point nie sy briek vinniger optrek nie?

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 4:38 pm
by G-force
Henry 7 wrote:Sal daai hollow point nie sy briek vinniger optrek nie?
Die een is juis met die hol punt geskiet.Ander wat ek met die ligter 17gr V-max teen 2550fps geskiet het het omtrent die selde afstand gehol.Die V-max skiet nie deur nie so amper geen bloed teen oor die hol punt nie.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Tue May 26, 2015 4:50 pm
by Pappabeer
So ons kom nou weer terug na Fanie Venter en sy .22 Magnum toe?

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 6:03 am
by Jakkie 321
Ag te lekkker.

Groette

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 6:15 am
by Finfan
Netjies man!

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 6:31 am
by Marc
Goeie werk Ge, bly jy't haar gekry

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 7:47 am
by NicoSmit
So dan is die 17HMR 'n "beter " kaliber om te koop as 'n .22

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 7:48 am
by G-force
NicoSmit wrote:So dan is die 17HMR 'n "beter " kaliber om te koop as 'n .22
Daar is geen vergelyking nie.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 7:49 am
by NicoSmit
sal beter stel as jou gat begin juk vir nog 'n geweer?

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 1:41 pm
by JacquesSAKO.308
Waar in suid afrika koop mens een ek soek orals een

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 1:54 pm
by Capt. Yoda
JacquesSAKO.308 wrote:Waar in suid afrika koop mens een ek soek orals een

Hoor by Nicolas Yale of vra jou wapen winkel om by hulle te hoor.Hulle het so ruk terug n paar gehag

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 1:55 pm
by Geno
Safari het so paar gehad.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 2:02 pm
by G-force
Daar was/is ook n plek innie Kaap wat soms 17HMR's verkoop.

Re: Laasnag se teef.

Posted: Wed May 27, 2015 2:07 pm
by JacquesSAKO.308
Oky baie dankie ouens en sukkel mens nie om patrone te kry nie