Page 1 of 1
Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 9:39 am
by Monrique (SJ)
Ek wil graag julle ondervindinge hoor asb.
Hoe belangrik is dit om jou parralaks verstelling reg te kan stel vir daai spesifieke afstand? En hoe sal jou geweer skiet indien daai parralaks nie reg gestel is nie? Kom ons veronderstel jy gaan jag in die bosveld en kom ons gebruik die volgende afstande, n skoot kan enige iets van 30m- 150m wees, waarop gaan jy jou AO stel?
Dan indien jy met die geweer-scope kombinasie in die aand skiet en die skoot afstand kan enige iets tussen 80m-300m skiet waarop sal jy nou stel?
Kom ons veronderstel jy gaan nie tyd he om verstellings te maak nie en moet voor die tyd kllar stel!! Voorsit jag is natuurlik anders en daar het jy gewoontlik genoeg tyd...
Luister graag.
Groetnis
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 9:49 am
by tripodmvr
Daar kom die probleem van die nuwe teleskope na vore. Die ou teleskope se parallaks was ingestel op 100m en het goed gewerk. Vir prakties skiet sou ek dus die' verstelling voorstel. Op die langer afstande moet dan net gelet word op die posisie van jou oog - mooi gesentreer.
Tripod
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 10:06 am
by blaser
die scopes wat ek ken stel jy voor die tyd in op jou oog op die hoogste versteling nou op verskilende afstande stel jy net die focus en siedaar die parallaks is reg
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 1:07 pm
by jaracal
Sekere scopes is baie meer gevoelig vir paralax en soos ek dit het tree paralaks eers regtig in werking op groter vergrotings bv. 12x en groter.
My keuse is nog altyd 'n scope sonder 'n paralax. Dit is nie altyd maklik om in die aand die fokus te stel nie want die kontraste is nie so sterk nie. Ek het al my teleskope met paralax op 200m gestel en het nooit 'n probleem gehad nie behalwe met 'n sekere maak wat baie sensitief is. Baie maklik om vas te stel hoe sensitief jou scope is, stel die paralax op 200 met teiken op 200m. Draai dan die paralax 'n klein entjie nader maw na 150 of verder na 250 of 300 en beweeg jou kop agter die scope. Indien die kruishaar rondspring het jy 'n sensitiewe scope en sal dit jou baat om meer die korrekte afstand vir paralax in te draai.
Groete
Heinrich
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 8:02 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir die reply's, waardeer dit!!
Groetnis
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 9:33 pm
by erx
Hi SJ
As ek papier skiet kom ek diudelik die verskil agter op 100m en 200m. As die paralaks op 200 gestel is dan lyk die tyken op 100 geblur en dit lyk asof hy rondsweef. Stel dan na 100 toe en hy is dadelik gefokus.
As ek gaan jag stel ek die paralaks op 200m en vergeet van hom.
Groete
erx
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 9:37 pm
by Monrique (SJ)
erx
Kry jy nie verskillende POI of steurings as jy op 200m stel en dalk op 80m of 250m skiet nie?
Groetnis
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sat May 07, 2011 9:41 pm
by erx
Te min om oor te worry vir jag, maar wel vir groepering skiet kan dit bietjie rondf@k.
erx
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sun May 08, 2011 11:52 am
by Danie Lombard .243
Vanaf 10 krag vergroting en groter is paralaks steling nodig. As jy jou variable onder 10X hou sal paralaks jou nie so rond neuk by jag nie.
Vir papier skiet en komp skiet is paralaks stelling kardinaal. Soos Heinrich se, beweeg jou kop rond terwyl jy deur die scope kyk, toes dit so.
Op my .300 WM hou en die Burris op 14X krag en die paralaks stelling is gestel op 200 meter. Ek jag soder probleem van hier to daar met die kombinasie stelling. (dag jag)
Onthou net dat soos die kondisies verander, hitte, warm lug, koue, vog ens. verander jou paralaks verstelling ook, al bly die afstand dieselfde.
Re: Parralaks verstelling
Posted: Sun May 08, 2011 10:58 pm
by Ponkie
SJ
Mater, op die skietbaan daar agter die lorrie-waenhuis kom ek ook die verskil agter met die Burris. In die veld egter 'n ander storie. Ek draai eerstens my vergroting af tot by 6 as ek wegtrek by die huis en dan stel ek my paralaks so op 200yards. Werk baie goed vir my. Was paasvakansie 4 aande uit en elke slag niks probleme gehad nie. Indien ek ogies optel en wil ID sal ek net aan my vergroting peuter, maar doen niks voor nie.
Ek het eers mos die lynx met paralaksverstelling gehad. Met hom maar diesele gedoen. Op 200m gestel en so gelos. Op die baan het jy mos tyd en kan jy hom stel op die afstand wat jy skiet.
Hoop dit help vir jou.
Groetnis
Ponkie
Re: Parralaks verstelling
Posted: Mon May 09, 2011 9:30 am
by Beyers
Stem saam Ponkie
Re: Parralaks verstelling
Posted: Mon May 09, 2011 10:02 am
by Monrique (SJ)
Dankie maters waardeer.
Sal lekker speel as ek weer op die skietbaan kan uitkom.
Groetnis