Page 1 of 1
Meopta vir nagjag ?
Posted: Sat May 23, 2015 10:31 am
by Karooklong
Hi manne ek lees orals oor Meopta vir nagjag.
Geno het al die Meopro R1 3 -12 x 56 genoem.
Wat is julle ondervinding ? Ek sien kans vir die R12k, maar wil dan seker wees teenoor 'n Zeiss in dieselfde of R2k meer.
Seker dom vraag maar ek gaan beter sien met hom as die Redfield 3-9 x 50. Moenie die Redfield swak maak nie want hy gaan die 12 jakke moet skiet dat ek die scope kan koop !!
Waar beveel julle aan koop mens die Meopta ? Opticsinternational ? KOOP Humansdorp ?
Dankie
PJ
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Sat May 23, 2015 1:05 pm
by Boersonderroer
Die Koop het nogal 'n paar Meopta's oor, Ek het myne daar gekoop teen 'n baie goeie prys
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Sat May 23, 2015 4:10 pm
by Hilmar
Het n Meopro 3.3x10x44 op my .223 Oes geweer al drie jaar sonder probleme.Kan werklik nie kla oor Meopta nie.
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Sun May 24, 2015 2:12 pm
by Lamtjop
Karooklong ek het die 3-12x56 Meopta meostar met n Zeiss 2,5-10x50 classic in die nag vergelyk. Het hul side by side gehad en spotlight van gedim en vol sterkte getoets en Zeiss was na my mening Net Net beter en miskien was dit net die naam wat my laat dink het die zeiss is beter. Hul is vrek naby aan mekaar. Daai Meopta is n goeie scope. Die Meopta het ook nie sulke dik reticles nie. Hul nr 4 reticle sal lekker in die nag werk. Groetnis
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Mon May 25, 2015 4:08 pm
by Maximus
Ek het verlede week 3 springbokke op 100m+ in die nag platgetrek. Die skietlig was nie baie sterk nie en het net- net die kruishaar soms verloor. Verseker nie die teleskoop se skuld nie maar die swakkerige skietlig en die aap wat die skietlig vasgehou het s'n.
Was baie tevrede met die Meopta (6-18x50) se werksverrigting. Moes hom op 'n tydstip opstel tot by 18x en daar was geen probleem nie.
Ek het myne ook die Humansdorp Kooperasie gekoop en baie goeie prys gekry.
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Wed Jun 03, 2015 1:31 pm
by Karooklong
Watter reticle en focal plane gaan die beste werk vir nagskiet ?
Ek hou van die 4 reticle!
As hier iemand is met 'n Meostar 3 - 12 x 56 met die FFP reticle in Nr 4 of enige van die ander sal ek baie graag met jou wil praat. Stuur asseblief vir my 'n PM.
Dankie
PJ
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Tue Jun 16, 2015 8:47 am
by Karooklong
Ek was die naweek daar in Cape Gate se Wildman. Het die Meopta R1 3 -12 x 56 vergelyk met die Lynx LX2 8 x 56.
Ons was 2 manne wat gekyk het en met altwee op x8 het ons na 'n naambord 400m weg gekyk. Die Meopta se beeld is heelwat duideliker selfs in die dag. So ek is redelik oortuig dat hy baie beter sal kyk in die nag. Hy sal moet, teen omtrent dubbel die prys.
Die FFP werk ook goed en ek sal hom met geruste hart koop. Kruis raak nie te dik teen hoër vergrotings nie.
So ek sal maar wag tot ek die regte reticle kan kry en die Meopta laat kom. Wildman het net die BDC reticle - my opinie bietjie "under stock" vir Meopta agente. Hulle het Saterdag 'n sale verloor.
Groetnis
PJ
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Tue Jun 16, 2015 9:53 am
by Jackalsniper
Ek was vrydag ook by wildman en het dieselfde meopta vasgehou, en met die Hd5 vergelyk, . Ek sal definitief n Meopta aanskaf. Zeiss is ook goed, maar daai 56mm lens maak darm n verskil teenoor die zeiss se 50mm. Ek sou ook se hulle is understock. Die Meopta R2 is natuurlik die baas,maar ek kon nog nie een opspoor nie. Hulle in USA en europa beskibaar, maar dis n 2.5 - 15 x 56 met n red dot. En die beste is hys parralax free. Daai meoptas is baie netjies afgewerk.
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Tue Jun 16, 2015 7:18 pm
by Freddie101
Ek skiet al paar jaar met meopta en vir my werk hy baie goed in die nag op jakkalse. Hoe goed? Nog nie regtig met top nagscopes direk vergelyk nie. Maar vir sy prys dink ek nie was daar maklik sy gelyke nie.
Dink net wildman wat nou die brand verkoop het die prys te veel opgesit. Pryse het baie opgeskiet.
Mooiloop
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Sun Jun 28, 2015 7:16 pm
by Karooklong
Ek toe die Meostar R1r 3-12 x 56 met nr 4 reticle gekry by Riaan - Humansdorp KOOP. Puik diens en goeie prys.
Bly dit is die SFP.
Uitstekende scope hy moet more aand sy rekening probeer open !
Hele paar maane deur hom gekyk en almal is gehook !
Re: Meopta vir nagjag ?
Posted: Mon Jun 29, 2015 8:33 am
by sPRINGHAAS
As jy dan belangstel in die Zeiss kan jy my kontak. Dalk kan ek jou help met n goeie prys.