[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1823: Undefined array key 243
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/viewtopic.php on line 1833: Trying to access array offset on null
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
[phpBB Debug] PHP Warning: in file [ROOT]/includes/functions.php on line 4191: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at [ROOT]/includes/functions.php:3076)
JARACAL • 30-06 of .300 win mag
Page 1 of 2

30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 7:40 am
by james 303
Hi van julle ouens wat meer weet ek wil graag weet watse een van die twee gewere sal julle aanbeveel vir lang afstand
dit sal ook gebruik word vir die skiet van groot bokke kudu eland,wildebees...verkieslik soek ek iets met n bietjie skop en
weet dat n 30-06 oor die algemeen meer gewild is maar vir daai bietjie meer oemph en krag sal ek gaan vir die .300 win mag
My hart se punt het sterk getrek  na n 30-06 op n tyd ek sit met .303 en vir my laaste geweer wil ek regte keuse maak julle insette
sal wardeur

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 8:54 am
by Wiehan111
Louis

Ek sal se gaan vir 30-06. As jy self herlaai kyk bietjie na 'n 130gr GS Custom. Hardloop teen 3100vt/s en klop so hard soos 'n 180gr Swift A-Frame. Ideale bos en vlakte kaliber. Het net al gesien dat 'n 300 win mag wat op die vlakte gebruik was net baie bond geskiet het en ongelooflik baie vleis gemors het.2 mis skote op ongeveer 250m en derde skoot het die springbokkie amper weg geskiet. Maar ek sal nog steeds my 25-06 remmington vat vir vlakte skiet. ;)

Groete

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 12:29 pm
by Monrique (SJ)
Vat die .300WM en sit hom n terminator op!!!

Groetnis

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 1:09 pm
by rednat
Louis
Jy stel twee oorwegings:  Langafstand en Groter wild ELAND.
Geen argument. 300 Win mag. Vergeet van die argument rondom fancy koe?ls ens. --- dan skiet jy die 300 met die fancy koe?ls en siedaar steeds net soveel beter. Nee man vir die langer afstande soek jy ballistiese koe?ffisi?nt wat die ligter 300 koe?ltjies tog mos nou werklik nie het nie. Vir jou behoefte dus 300 W M --- vir 'n ander behoefte met hoofsaaklik ligter wild begin ons wel na die 3006 kyk.
Kry net vir jou effens swaarder loop en jy weet nie van skop nie.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 5:45 pm
by 243Songdaug
Stem saam - die 300WM is die beter keuse, BEHALWE as jy skrikkerig is vir die skop.

Die 303 is genoeg vir die bos en die 300 gaan mooi loop op die vlaktes.  Skiet elke jaar 'n klompie(30+) springbokke saammet 'n mater, net kop en nek skote en ek kan nie regtig sien dat sy bokke se nekke erger stukkend geskiet is as myne wat ek met 'n 243 skiet nie.

Koop/bou die 300, jy gaan nie 1 dag terugkyk nie.

Groete
Songdaug

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 6:13 pm
by Arnold
300 al die pad ...

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 6:54 pm
by Danie Lombard .243
Louis 303


Beslis nie .300 WM  Jy sal gou gewoontraak aan die WM se recoil. Nie te erg nie, net so 'n lekker knyp stampie, baie goeie kaliber.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 7:41 pm
by james 303
Dankie vir die terugvoer :D dit lyk my dit is die .300  :laugh:

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 8:31 pm
by 300Winmag
louis 303 wrote: Dankie vir die terugvoer :D dit lyk my dit is die .300  :laugh:
Goeie keuse  ;D ;D

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 11:36 pm
by Rfourie
Wat kan n 300 doen wat n 30-06 nie kan doen nie,

behalwe:
meer kruit
meer recoil
meer geraas
duurder doppe
moeilike om akkuraat te kry
ens.............?

antwoorde asb?

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sat May 07, 2011 11:48 pm
by rednat
Verwys na my kommentaar van bo ter ondersteuning van die 300 WM.
Dit was nou ten opsigte van die keuse tussen die 300 WM en die 3006 vir die keuse en behoefte gestel.
Ek persoonlik hou nie van die belted magnum dop met die kort nekkie nie en sal dus nie sommer self een aanskaf nie -- maar sy vermo? vir die behoefte soos vermeld klop die 3006 baie beslis sommer maklik.
SMK, bestudeer die ballistiese feite rakende die twee kalibers en jy sal dit nie te moeilik vind om die positiewe verskille te erken nie.
As jou bekommernis recoil, kruit en akkuraatheid is moet jy beslis tog konsekwent wees en nie na die 3006 kyk nie maar wel na die 308 wat ten opsigte van hierdie eienskappe die 3006 gemaklik ore aansit.

Let Wel ek is nie 'n 300 WM fan nie ( kort nek en belted ) maar is nie blind vir werklikhede nie.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sun May 08, 2011 11:54 am
by DWB
Is die 3006 nie maar 'n bos geweer en die 300 eintlik maar 'n langafstand geweer nie?

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sun May 08, 2011 7:51 pm
by rednat
Pieta nou praat jy.
Die WM klop hom wel so met kortkop as jy die vergrootglas uithaal maar die HH is 'n klassieke vuurwapen in sy eie klas -- net jammer vir die belted -- dit was onnodig.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sun May 08, 2011 8:06 pm
by 243Songdaug
Pietskiet - sal darem self eerder die H&H bou viir ek 'n WM vat - praat bietjie met Gerrie Coetzee, hy skiet self 'n H&H.

DBW- jy is heeltemal reg, die 30-06 word geklasifiseer as 'n mediumafstand kaliber.

Louis 303 - ek weet dat daar baie manne is wat jou sal vertel dat 'n 30-06 alles kan doen wat 'n 300 kan doen, MAAR dit werk eintlik net andersom, die 300 kan alles doen wat die 30-06 doen , maar met heelwat swaarder projektiele.

Swaarder projektiele is langer, langer projektiele het ho?r BC's en ho?r BC beteken dat die projektiel oor langer afstande aangewend kan word. 

As jy regtig in die langafstand ding inklim gaan jy baie van BC's hoor - in verstaanbare taal beteken dit die volgende:  die BC(ballistiese Coefosi?nt(spelling!!!)) van 'n projektiel bepaal hoe groot die invloed van die wind asook die swaartekrag op hom is - hoe ho?r die BC hoe beter vlieg 'n projektiel.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sun May 08, 2011 8:52 pm
by jaracal
Ek sien die manne het nog glad nie die 300WSM hier aanbeveel nie. ??? Nie 'n belted magnum nie, kort aksie en kort dop vir inherente akkuraatheid.  :o
Indien jy self herlaai kos dit bietjie meer as die 30-06.

Groete
Heinrich

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Sun May 08, 2011 9:19 pm
by 243Songdaug
Naand Oom Hein.

Ek dink die rede daarvoor is dat die WSM se ammo nog nie algemeen oor die toonbank beskikbaar is nie.  Die WSM is 'n fantastiese kaliber, een van ons Senior Bisley skuts hier op Kathu skiet 'n WSM en ek kan dit party dae nie glo hoe maklik hy die V-kolle op 600m inryg nie.

Maar my maat - kan daai ding nou vir jou trap!!!

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Mon May 09, 2011 8:14 am
by James Wilson
ek kies die 300 en as jy werklik wil lekker skiet vat die 300H&H.

SMK:

Wat kan n 300 doen wat n 30-06 nie kan doen nie,

behalwe:
meer kruit
meer recoil
meer geraas
duurder doppe
moeilike om akkuraat te kry
ens.............?

antwoorde asb?


SMK, ek glo jy is reg, maar dit beteken natuurlik dieselfde as met n 308. wat kan n 30-06 doen wat n 308 nie kan doen nie, en waar voor die 308 minder kruit recoil geraas goedkoper doppe het. en moet natuurlik nie die 308 se natuurlikke akuraatheid vergeet nie. al antwoord wat ek vir jou het is maar persoonlike keuse oor jou voorkeure.  ek kan my 300 laai dat hy skiet soos n 30-06, maar ek kannie my 30-06 laai dat hy skiet soos my 300 nie.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Mon May 09, 2011 8:16 am
by DWB
Praat van die 300H&H, ek sit soos 'n aap met een op 'n bench nou die dag, sit my hand bo op die kolf om die geweer te stabiliseer, julle kan almal raai wat gebeur het toe ek die skoot aftrek.... my lip het so bietjie geswel... Hehe  ;D

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Mon May 09, 2011 4:29 pm
by rednat
JB
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Mon May 09, 2011 4:38 pm
by james 303
Lmga! Rednat dit is n goeie stelling...ek stem saam

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Mon May 09, 2011 7:05 pm
by Hein M.
rednat wrote: JB
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.
Rednat

My 243-girl bespring my wanneer die geleetheid hom voordoen - en sy BYT nie, maar vry terug op haar manier ;D  Maar die 300 (Winmag / H&H) is ook my gunsteling in hierdie thread...

Hein M

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Fri May 13, 2011 8:27 am
by James Wilson
rednat wrote: JB
Man
Ek hou nie van hierdie ligte kalibertjies nie -- is soos 'n meisie wat nie terugvry nie.
'n 300HH is soos 'n meisie wat jou met deernis en oorgawe terugdruk sonder om geniepsig te wees.
ek ry sommer nou skietbaan toe met my meisie..... (300H&H) sy het die mooiste mates   26duim loop 6,5kg en so aan  ;)

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Fri May 13, 2011 11:01 am
by 243Songdaug
Jagbehep, jy kan mos nie sulke goed vir 'n man vertel  op so 'n mooi oop dag nie!  En dit nog op 'n nasionale forum ook nie!

Gedra vir jou - jy nou al reggekom met die lading ding vir die 300?

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Fri May 13, 2011 11:19 am
by BLOK
Stem saam met die meeste manne hier, my vrou sal my net afslag as ek n meisie kry toe koop ek maar vir my n Hondsdol Hond, after all a dog are a mans best friend.

En glo my dit wat hy byt vrek vinnig

Blok

Re: 30-06 of .300 win mag

Posted: Fri May 13, 2011 2:04 pm
by James Wilson
243Songdaug wrote: Jagbehep, jy kan mos nie sulke goed vir 'n man vertel  op so 'n mooi oop dag nie!  En dit nog op 'n nasionale forum ook nie!

Gedra vir jou - jy nou al reggekom met die lading ding vir die 300?

;D ;D ;D ;D

man, lyk vir my ek is reg me die 300 se lading. ek stel dalk net te hoe eise. Danie243 het in die week sy kolf van Boyds Amerika by my kom haal. ek het toe vir hom my groeppe gewys. hy se ek moet my stront los.  ;) n groep van 18mm uit n 300 is reg. ek kry 22m met 130grm Impala's en 3333f/s. so ek aanvaar dit so, behalwe op advies van Wouter het ek vir my 100 Norma doppe bestel. ek sal dan weer n paar toetse doen. dankie