Page 1 of 1

Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 8:35 am
by Citfield
Hallo

Jammer n dom vraag.

Ek wil graag iemand anders se geweer gebruik om te gaan jaag, maar hulle gaan nie saam gaan nie.

Is dit moontlik om dit wetlik te doen?

Ek het klaar n bergings permit vir dit, maar wag nog vir lisensie.
[IMG] [/IMG]

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 8:40 am
by Parafien
Die wet laat jou net toe om ander persoon se vuurwapens onder toesig van die lesensie houer te gebruik.

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 9:49 am
by alecjohnson
Daar is 'n manier dat jy 'n tydelike lisensie kan kry, Ek weet gladnie hoe dit werk nie, maar 'n kennis van my het so gaan jag met 'n anderman se geweer.

Punt bly staan jy doen aansoek

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 9:51 am
by Gawie(13mm)
Jammer maat. Parafien is 100% reg, die eienaar moet teenwoordig wees.
Die bergings permit bevestig egter in 'n mate dat jou aansoek suksesvol was en jou DFO behoort jou met 'n tydelike lisensie te help indien hy sy sout werd is.
Sterkte.

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 10:06 am
by FCLoretz
Gawie(13mm) wrote:Jammer maat. Parafien is 100% reg, die eienaar moet teenwoordig wees.
Die bergings permit bevestig egter in 'n mate dat jou aansoek suksesvol was en jou DFO behoort jou met 'n tydelike lisensie te help indien hy sy sout werd is.
Sterkte.
Word bergins permitte nie uitgereik op die beginsel dat jy 'n geldige bevoegtheid het vir daardie klas van vuurwapen?

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 11:03 am
by Gawie(13mm)
Die feite soos ek dit sien is as volg:

Citfield het die wapen gekoop by 'n vriend en aansoek gedoen vir 'n lisensie. Hy het 'n bergings permit bekom om die wapen te stoor. Daarvoor moet sy bevoegdheid in orde wees.
Hy wag egter nog dat die lisensie goedgekeur word en die kaart gedruk word.
Tot tyd en wyl mag hy nie die wapen gebruik nie.

Indien sy aansoek reeds goedgekeur is, maar die kaart nog nie gedruk is nie, kan sy DFO op provinsiale vlak 'n tydelike lisensie uitreik. Ek weet hul is maar taai om dit te doen omrede ons almal maar opdrukkerig is, maar wie nie waag nie, sal nie wen nie.

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 11:14 am
by Citfield
Baie dankie vir al die terugvoer. Al was dit nie wat ek wou hoor nie haha, dankse aan ons land se moeilike wette.

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 3:27 pm
by Rudie
Hoop jy kom reg. Ons Dfo laat dit net toe as jou Section 21 op dieselfde tyd as jou gewone aansoek ingedien word.

Die vinnigste wat ek 'n lisensie vir 'n 308 gekry het was 6 werks dae.

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 3:45 pm
by win270
Nooi jou DFO saam jagveld toe en laat hom die bok dra . . .

;)

Re: Gebruik van iemand anders se geweer

Posted: Sat May 23, 2015 3:47 pm
by Citfield
My DFO sal gaan vir jagtrip ook. Hy wag vir sy 270 lisensie vanaf 5 mei.