Page 1 of 2

lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 1:21 pm
by johans
ek hoop julle kan help.hier by my het nou al 4 week oue lammers net spoorloos verdwyn,geen teken van bene of niks.jakkals sal mos nie sommer die tyd van die jaar lammers wegdra nie?hier is die laaste tyd vreeslik baie aasvoels,sal hulle dalk so klein lam oppik en hom vat?

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 1:26 pm
by Frikkie Coetzee
Ja. Die twee been bicycle aangedrewe tipe laat lammers so verdwyn.

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 2:51 pm
by BRNO (Pierre)
Dalk jou buurman? ;)

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 3:00 pm
by 222 Sako
Gromit wrote:Ja. Die twee been bicycle aangedrewe tipe laat lammers so verdwyn.
Ja dis hulle daai.

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 5:51 pm
by johans
nee kerels nou sit julle die pot mis

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 5:58 pm
by Mac
Johan,
My lammers het op 'n streep laas jaar verdwyn. Kon nie uitvind wat aangaan nie, praat toe met een van die vee diefstal manne hier, hy kom toe uit, sit my werkers op die spot met dreigemente en waarskuwings van leunveklikkers, en net daar hou dit op. Totaal. Moet dit nie mis kyk nie.

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 6:05 pm
by johans
Mac wrote:Johan,
My lammers het op 'n streep laas jaar verdwyn. Kon nie uitvind wat aangaan nie, praat toe met een van die vee diefstal manne hier, hy kom toe uit, sit my werkers op die spot met dreigemente en waarskuwings van leunveklikkers, en net daar hou dit op. Totaal. Moet dit nie mis kyk nie.
ja niks is seker onmoontlik met hulle nie.dis net onwaarskynlik want die trop ooie lam naby die huis en eks 30km van die dorp af,dit gaan moeilik wees om daai lam weg te steek

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 6:06 pm
by johans
nou maak julle my bekommerd,ekt gehoop dis iets wat ek kan skiet

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu May 21, 2015 6:12 pm
by Mac
Dit was my eie werkers

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri May 22, 2015 8:18 pm
by Lamtjop
Johans, Niel Viljoen het eenkeer vertel van n geval waar die boer se lammers ook heeltemal verdwyn. Die kamp is deursoek maar nie eers n geraamte nie. Hy skiet toe n jakkals en in sy pens is kloutjies, oortjie met tatoo, die hele lammetjie. So jakkals kan hele lam opvreet of wegdra. Groete

Re: lammers verdwyn

Posted: Tue May 26, 2015 4:42 pm
by Skolla
As daar aasvoƫls is, is dit nie veediefstal nie.
Heel moontlik maar jakkals.

Re: lammers verdwyn

Posted: Wed May 27, 2015 7:16 am
by Finfan
johans wrote:nou maak julle my bekommerd,ekt gehoop dis iets wat ek kan skiet
Johan dit bly steeds iets wat jy kan skiet :laugh: :laugh:

Re: lammers verdwyn

Posted: Wed May 27, 2015 8:41 am
by DJC
Johans,

Daar is mense in Reddersburg wat sulke leunverklikker toetse doen, dink die ou se naam is John de la Rosa, dis darem net 'n klipgooi daar van jou af. Sal sy nommer probeer opspoor indien jy sou belang stel.

Re: lammers verdwyn

Posted: Wed May 27, 2015 8:38 pm
by Jackalsniper
Kraal jy jou skape? Kyk dalk of jy n paar trail cams geleen kan kry by iemand en sit hulle langs paadtjies neer, veral naby water ook en waar diere onder deur n heining kruip ens. dalk sien jy iets interessants. weet jy dalk watter tyd hulle verdwyn? ini nag of dag?

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu Jul 30, 2015 4:35 pm
by johans
Jackalsniper wrote:Kraal jy jou skape? Kyk dalk of jy n paar trail cams geleen kan kry by iemand en sit hulle langs paadtjies neer, veral naby water ook en waar diere onder deur n heining kruip ens. dalk sien jy iets interessants. weet jy dalk watter tyd hulle verdwyn? ini nag of dag?
nee ek kan onmoontlik nie al my skaap wat lam kraal nie.trailcams tel niks op nie.daars nou weer 15 lammers weg,15/20kg.geen teken van n vel of been nie

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu Jul 30, 2015 7:22 pm
by 222 Sako
Eina! Johan het jy van daai Celmax veediefstal alarms of so iets?
Ek wissel myne tussen die troppe as ek alleen is, so dis net ek wat weet waar ek hulle opsit. As hulle maar sien is hy op n ander plek.
Sterkte

Re: lammers verdwyn

Posted: Thu Jul 30, 2015 9:16 pm
by Tal
Ek gebruik agri alert se alarms, van ek dit het, raak my skape nie meer weg nie.

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 7:34 am
by johans
ek het nog nie halsbande nie,ek weet net agrimax sn is baie duur.ek sal maar na celmax kyk en paar "dummy" bande ook moet kry dat hulle nooit weet waar die regte een is nie.probleem is egter as daai band op jou foon lui is dit ver en deur klomp hekke wat ek moet ry om by die skaap te kom.so of dit nou 2 of 4 been jakke is hulle gaan my ver sien aankom

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 7:44 am
by Smirre
Johan
Hulle het lekke gesteel by my totdat ek die halsbande opgesit het...die uit Potch

Nog nie weer 1 skaap gesteel sedert desember laasjaar

was so R18 000 vir die stasie en bande en kos R600 per maand

As jy vat hulle het die laaste steel 19 dragtige ooi gevat, dink ek het die stelsel himself klaar betaal


Smirre

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 7:49 am
by musgrave270
johans wrote:
Jackalsniper wrote:Kraal jy jou skape? Kyk dalk of jy n paar trail cams geleen kan kry by iemand en sit hulle langs paadtjies neer, veral naby water ook en waar diere onder deur n heining kruip ens. dalk sien jy iets interessants. weet jy dalk watter tyd hulle verdwyn? ini nag of dag?
nee ek kan onmoontlik nie al my skaap wat lam kraal nie.trailcams tel niks op nie.daars nou weer 15 lammers weg,15/20kg.geen teken van n vel of been nie
Johan

Raak die lammers weg oor 'n tydperk of het dit nou in 'n paar aande gebeur?

Groete
Ruan

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 8:15 am
by Baasvark
'n 20kg lam kan al gespeen word.
Klink my iemand begin 'n voerkraal op jou onkostes....

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 11:50 am
by Henry 7
My Celmax het verloor en ja hy was verseker ma hy is nou gone-hy kan nie GPS koordinaat gee nie.
Agri Alert was by my ma ek het 'n probleem met daai R18 000. Ek voel as ek 'n maandelikse fooi betaal hoekom moet ek nog die stasie ook betaal? anders vat ek hom more!

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 12:04 pm
by Wayne
Johans, The collars definitely have there place and do work, for vermin as well, there are a few farmers who use them in our area, as you said they will see you from a long way out. Theft is normally over moonlight times, like now, week ends if you are someone that goes away often or plays sport. My first suggestion is get a poly graph done on your staff. They know something.
I caught my staff, yesterday, steeling me blind in my feed factory, over lunch they would have there buddies come in and load at a reduced price but never write it into the stock sold and they would pocket the money. Got a tip off from another staff member on how they were doing it and yesterday we waited for vehicle to load and leave and we pulled it off.
Anyway, same shit for both of us.

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 12:14 pm
by johans
musgrave270 wrote:
johans wrote:
Jackalsniper wrote:Kraal jy jou skape? Kyk dalk of jy n paar trail cams geleen kan kry by iemand en sit hulle langs paadtjies neer, veral naby water ook en waar diere onder deur n heining kruip ens. dalk sien jy iets interessants. weet jy dalk watter tyd hulle verdwyn? ini nag of dag?
nee ek kan onmoontlik nie al my skaap wat lam kraal nie.trailcams tel niks op nie.daars nou weer 15 lammers weg,15/20kg.geen teken van n vel of been nie
Johan

Raak die lammers weg oor 'n tydperk of het dit nou in 'n paar aande gebeur?

Groete
Ruan
dit gebeur oor n tydperk,geen roetine nie

Re: lammers verdwyn

Posted: Fri Jul 31, 2015 12:22 pm
by Viking
My nefie het geboer tussen Williston en Calvinia - dis so 60 km weerskante toe!

Skielik het van sy skaap ook net begin " verdwyn" totdat hy self speurder gespeel het...want hy kon nie verstaan hoe kry sy manne in die week drank in die hande nie.

Sy eie manne steel die skaap en 'n konneksie van die dorp kom laai dit op (in die teerpad)vir 'n 5l papsak per skaap!!