Page 1 of 3
Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 3:45 pm
by VdWalt
Soos ek voorheen gesĂȘ het is die grond vir my nog nuut. Die naweek het
ek so 60km sinkplaat pad gery wat my nogal geskommel het. Daai bewe
op die stuurwiel dat mens se hande sommer jeuk.
Ek was in 4x4 en die bande was op 2 bar gepomp. Alles het nog onder beheer
gevoel hier tussen 50-60 kph. Stadiger het gevoel of my tande gaan los skud.
Nou my vraag is, moes ek vinniger probeer ry het om die hop minder te maak
of sou dit nou die kanse vir beheer verloor soveel meer gemaak het omdat die
kar meer (hoer) gehop het?
Hop mens maar aan teen 60kph en weet jy gaan heek aan die anderkant uitkom
of sal ek soos ek gewoond raak veiliger teen 'n hoer spoed voel?
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 3:48 pm
by Jean Marais
Sinkplaatpad is maar op sy beste 'n verpesting. Sagter bande kan nogals help, maar baie ouens, veral die wat so 'n pad gereeld aandurf, laai maar so 2 sakkies sement agterop. Dit help nogal.
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 3:49 pm
by LUAN
Gooi hom in 4x4 en ry soos Sarel van der Merwe

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 3:58 pm
by henning
Effens vinniger is beter want dan tref jou wiele net elke tweede of derde hobbel in plaas van elke een.
Jy sal voel as jou voertuig begin onstabiel raak veral om n draai dan weet jy, nou het jy n veilige spoed limiet bereik.
Groete
Henning
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 3:59 pm
by musgrave270
Jy kan selfs afkom na 1.5bar toe mits jy nie vrag dra nie. Skokbrekers moet ook reg wees.
As jy gemaklik voel hoef jy nie te bekommer oor spoed nie, jy kan maar trap. Maar skokbrekers en bandruk is maar van die belangrikste om na te kyk as jy erge sinkplaat pad ry.
Groete
Ruan
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:03 pm
by Ysterkat
Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:10 pm
by sPRINGHAAS
Ysterkat wrote:Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
+1
Ry hom net soos jy wil met n Isuzu!

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:11 pm
by VdWalt
Ek sal moet bele in compressor en iets om self my bande se druk te check.
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:11 pm
by Supacow
Isuzu Delivers
Go Big!
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:17 pm
by Eduard Venter
Gaan maar so 80kph
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:18 pm
by ruaanb
Wou ook nou se met 'n Isuzu vra jy watter grondpad?
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:19 pm
by ruaanb
Grappies op 'n stokkie.
1.8 tot 2 bar.
4x4 High indien dit 4x4 is.
80 tot 100km/h (indien hilux of fortuner slegs 40km/h)
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:20 pm
by FCLoretz
Ysterkat wrote:Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
Ludwig sal jou dieselfde ding vertel.

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:21 pm
by henning
VdWalt wrote:Ek sal moet bele in compressor en iets om self my bande se druk te check.
Die beste sal wees om van die pompe te koop wat jy by jy motor se lighter socket in plug, hy het sy eie druk meter. Hulle is nie duur nie. Myne ry permanent saam in die kar.
Groete
Henning
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:41 pm
by FCLoretz
Ludwig ek is net bly julle het nie seer gekry nie.
Op 'n ligter noot, Is dit waar as hulle se 'n Hilux is soos vlakvark?
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:45 pm
by Hein22
sPRINGHAAS wrote:Ysterkat wrote:Vermy 'n Toyota hilux op grondpad
+1
Ry hom net soos jy wil met n Isuzu!

My een vriend gaan met jou verskil. Hy het sy Isuzu mooi gerol!!
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:48 pm
by FCLoretz
Ludwig wrote:Frederick, 'n 4x2 op grondpad met skerp draaie en spoed, is maar vir moeilikheid soek, maar ek moes baie skoolgedl betaal om dit te leer. Nie dat ek regtig vinnig gery het nie, maar op grond kan jy maar sommer heelwat stadiger ry, want as jy eers begin gly en jy het spoed agter jou, dan kan jy maar vashou, want jy gaan bietjie rollercoaster ry....
Ek hoor jou en weet presies waarvan jy praat. 'n Ford Cortina 3l en 'n natpad het dieselfde effek.
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 4:52 pm
by win270
Maak voorwiel- versus agterwielaandrywing ook 'n noemenswaardige verskil met 'n voertuig op 'n sinkplaatpad?
Skerp draaie en los grond is ook maar altyd 'n faktor om deeglik in ag te neem op 'n grondpad...
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 6:17 pm
by VdWalt
Henning, ek het ook aan so een gedink. Om 5 minute te vat om die wiele se druk reg te maak dit seker ook geriefliker vir die res van die trip al ry ek dan nou nie vreeslik baie vinniger nie.
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 6:18 pm
by VdWalt
Jis nou deurmekaar getik!
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 7:07 pm
by Frikkie Coetzee
Ludwig. Jy kan bly wees jy wysnet my pajamas en crocs. As jy my gesig gewys het het ek en Lily jou kom byt.

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 7:40 pm
by 222 Sako
As jy aankomende verkeer kan sien help dit soms om die sinkplaat aan die regterkant van die pad aan te vat.
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 7:46 pm
by dsmerrills
For me the best is to deflate tyres to 1.5 to 1.8 bar and put the bakkie into 4 high or high low depending on what your 4x4 has and keep the speed at about 80km/h maybe a little more but you will feel what feels safe and the ride will become much smoother and you will notice the slower you go the rougher the ride gets. The idea is for the tyres to just scim over the top of the ruts!
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 9:38 pm
by ROBBIE1
VdWalt as jy net met die bakkie ry gee ek ook maar bietjie vet, maar die probleem kom as jy n trailer sleep, soos die meeste van die tyd as n man gaan jag. Jou bakkie kan dalk die sinkplaat hanteer teen 80kmph, maar die trailer gaan nie. Behalwe dat hy soos n shark gaan handeklap as iemand eendag n drie druk, as hy besluit hy swaai gat, gaan selfs daai Izuzu met die 2 sakke sement agter op nie die pad hou nie.
Ek ry baie grondpad, dalk is hier iemand wat die Inkerman pad by Sentrum ken. Hys nou mooi mo@rtoe, die sinkplaat is party plekke 20cm hoog. Ek ry hom so 10kmph met koue Castle light In die regter hand. 3 Castles verder het ek die 40km afgele, veilig, en my Toyota en trailer alby in een stuk.
Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?
Posted: Tue May 19, 2015 10:42 pm
by Giepie
Ek het eintlik op grondpaaie met 'n bakkie leer bestuur. Aa die agterkant so wil begin uit skuif deur die draai weet jy jy is op maks.
Ek kan glad nie voorwiel aangedrewe kar op grond ry nie, 'n Golf twee keer amper gerol. Selfs in 4x4 is ek meer versigtig as met net agterwielaandrywing.