Page 1 of 1
Vraate op Bul
Posted: Fri May 06, 2011 9:31 am
by herley
More Almal
Ek het n'Brahman bul wat so 4-5 jaar oud is en die bul het vraate beginne kry langs sy kop, nou wil ek net weet wat ek kan doen om ontslae of die vraate te kan verwyder, let wel dit is n'stoet bul en ek wil hom nie graag verloor nie.
Ek luister wat julle se
Bradley
Re: Vraate op Bul
Posted: Fri May 06, 2011 11:01 am
by Beyers
Vratte was ook op my vrou se perdjie van 3 se gesig. Was so vir 4 maande daar enhet verdwyn. Ons het wel sinksalf aangesmeer wanneer ons haar gevang gekry het.
Beyers
Re: Vraate op Bul
Posted: Fri May 06, 2011 2:22 pm
by Kalahari
Bradley
Ek het ook so jaar gelede redelike vratuitbraak op my jong bees gehad. As die vratte groot is het ek dit afgesny en die wond dan met pasmaak ysters gebrand en net aerosol (wond) opgespuit. Die vratte wat afgesny is is gestuur na Veeartseny in Windhoek en hulle maak van dit 'n papiloma teen virus entstof. Die entstof word dan 7 dae uitmekaar twee keer 5ml gespuit en die diere word afgesonder. Dit vat tyd, maar ek het die vratte gewen, nog nie weer van dit gewaar nie.
Ek moet byse, die mense met wie ek gepraat en raad gevra het, het nie gehou van die feit dat ek dit self afgesny het nie, se dat die bloed (wond) hoogs aansteeklik is. Ek het egter die pyp gerook so en niks skade gehad nie.
Slim veeartseny mense kan dit ook chirurgies verwyder, maar die koste daarvan sal seker hoog wees. Jy hoef egter nie die bul vankant te maak nie, dit kan selfs mettertyd verdwyn, maar die risiko dat ander bees kan aansteek is wel daar.
Hoop jy wen
Kalahari
Re: Vraate op Bul
Posted: Fri May 13, 2011 8:21 pm
by tobie
knyp die vratte stukkend met n tang en smeer n50/50 mengsel van kerol en stockholmtar op.
dit werk.
groete tobie
Re: Vraate op Bul
Posted: Fri May 13, 2011 8:28 pm
by Fanie Nel
Hello Bradly
Ek maak ook soos Tobie smeer net nie die mengsel aan nie, ruk vratte net met tang af
Groete