Page 1 of 2

25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 11:13 am
by Tikka_25-06
Hello Manne,

Ek is ook maar nuut hier op die forum, en dit mag dalk na n dom vraag klink.

Se my TPL op my Tikka 25-06 T3 22" loop is 80mm,

Gaan dit die groeperings nie verander as ek minder of meer kruit gooi?

So wat ek eintlike vra, is se my geweer group so 1 duim op honderd meter, met 51gr S365 en 100grn SMK. (weet nie wat spoed is).

So nou wil ek spoed bietjie op jaag en gooi nou 52grn S365 in sal dit my groups verbeter of nie? Hoe kry ek groups beter, speel ek met TPL eers of met Kruit?

Ek luister graag na julle, lyk my Geno, Wouter, en Raven is Kenners op die gebied.

Dankie
Charl
Tikka T3 25-06 Laminated Stainless

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 11:18 am
by tripodmvr
Jy moet meer gaan lees oor OBT dan sal jy beter verstaan. Gaan kyk onder QL se herlaai afdeling en lees van die posts.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 12:47 pm
by Jackalsniper
Eks glad nie n expert nie maar die het vir myne gewerk.
Moeni teveel worry oor die spoed nie. groepering is belangriker as spoed.
Ons het my Howa 25-06 se lading so ontwikkel.
Laai so 3 patrone van elk met dieselfde hoeveelheid kruid. dan laai jy n half g meer elke slag.
3 x 51g
3 x 51.5g
3 x 52g
3 x 52.5g
ek dink 53g was die max
Skiet die beste groep wat jy kan met drie en gaan plak teiken toe of merk di gate.

Ons het deur n crony geskiet om te kyk hoe die spoed tussen die groep van 3 koels was.
Ek het aan die begin eers nie n silenser opgesit nie.Met silencer verhoog die spoed so effens
Wat ons toe doen is kyk watter 3 patrone groep die beste uit die verskillende ladings en hou elkeen se spoed dop.
ons het gesien die wat mooi groepeer se spoed van elke koel is nader aan mekaar as die ander.
My lading was S 365 met 51.5g met n 100g matchking en die spoed van die koels was 3080 , 3088 en 3079. hulle was na aan mekaar. toe ek later die silencer opsit toe verhoog die spoed, so nou loop hulle so om en by 3220. en my geweer groep nog presies dieselfde dalk n klein bietjie beter. Maar ladings wat nie heeltemal so mooi gegroep het nie se spoed het tot 70fps verskil.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 12:49 pm
by Jackalsniper
As jy die beste groep met die kruid gekry het , dan kan jy met die tpl speel. Ek het nog nie met tpl gespeel nie eks happy met myne

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 12:52 pm
by Jackalsniper
Ek was besig om te laai en ek weet die een patroon het twee korrels kruid teveel gekry dis die een wat hoog is. Ek het n lyman dispenser gebruik en sy uitgooi pype neuk rond. daarna toe stel ek hom om 1 g minder te gooi dan sit ek die kruid in die skaaltjie en top homsel op tot op 51.5g

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 1:16 pm
by Tikka_25-06
Dankie manne waardeur julle opinies.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 1:21 pm
by Rudie
Ek wil met jou verskil as jy sè spoed is nie belangrik nie. Daai flyer gaan nie deur 2 korrels kruit veroorsaak word nie. As jy nie op 'n node is nie gaan jy flyers kry. Veral op langer afstande, jy sal baie keer ladings kry wat mooi groep op 100m en dan papier bord op 200m nie raak skiet nie.

Spoed ontwikkel is die eerste stap in lading ontwikkeling en dan kan jy speel met lengte om kleiner groepe te skiet.

Ek soek nou nie vir moeilikheid nie Jackalsniper maar om 'n lading te gebruik wat deur 2 korrels kruit beïnvloed word gaan nie werk as dit warmer of kouer ook is nie

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 2:19 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Charl.

Daar is geen vinnige of maklike manier om die ideale lading te kry deur rond te val en te veel goed op een slag te wil doen nie.

Volg maar Tripod sê raad en gaan lees op oor Quick Load en OBT.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 2:19 pm
by Tikka_25-06
Rudie, dankie vir die inligting.

So as ek jou reg verstaan moet ek eers al my inligting kry TPL, dop volume kruit punt gewig etc. Dan moet iemand vir my QL uit werk en as ek op die regte spoed is dan begin groups skiet?

Ek skiet tans 100gr SMK's papier en kopskote, en jag met 80gr GSC HV het iemand dalk al daai ladings getoets (weet dit verskil van geweer tot geweer). Ek moet dop volume nog gaan meet.

Dankie
Charl

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 2:21 pm
by Tikka_25-06
Gawie(13mm) wrote:Dagsê Charl.

Daar is geen vinnige of maklike manier om die ideale lading te kry deur rond te val en te veel goed op een slag te wil doen nie.

Volg maar Tripod sê raad en gaan lees op oor Quick Load en OBT.

Hi Gawie ek is besig om deur dit gaan dankie, maar sien fotos van die figure kan ek nie sien.
Maar dankie vir al die informasie sover.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat May 16, 2015 2:23 pm
by Tikka_25-06
tripodmvr wrote:Jy moet meer gaan lees oor OBT dan sal jy beter verstaan. Gaan kyk onder QL se herlaai afdeling en lees van die posts.

Ek sien die mense hier se OOM Tripod so ek sal daar by hou. ;D
Ek kan nie die figure oopmaak of sien op daai OBT afdeling nie, maar lees juis daardeur om beter te verstaan.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sun Jan 17, 2016 11:12 pm
by Vlakvark Soldaat
Ek het vandag gaan inskiet met my .25-06, ek het volgens Peregrine se tabelle gelaai, 100gr Vrg-5, saam 51gr S365 en dan moet dit 3200ft/s loop, maar toe hardloop hulle teen 3400ft/s. Kan dalk wees agv die 26" duim loop. Maar ja, harde werk le nou voor.

Was wel baie trots op my groepe op 100m. Kort kort 3 gate gesny.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Jan 18, 2016 4:48 am
by tripodmvr
Vlakkie, daardie 3400vps beteken net een ding - jy is myle oor maksimum druk - spoed kom nie net van 'n lang loop af nie - druk is nodig. Kyk mooi onder die herlaai afdeling waar QL se riglyne gegee word. Kom plaas dit hier sodat ons vir jou 'n veilige node kan kry aleer jy jouself beseer.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Wed Jan 20, 2016 10:11 pm
by Andre CZ
Groete Oom Marius !

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 10:27 am
by Brno308 jagter
More Manne

Kan iemand my dalk help met 'n lading vir 117gr Sierre Game King BT in 25-06

Wat stel julle manne voor, S365 of S385 ?

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:10 am
by Vlakvark Soldaat
Ek het nou op die Quick Load topic geleer om die .25-Suk6 met S385 te laai. Capt het my moerse gehelp met die QL data!

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:45 am
by Brno308 jagter
Dankie Soldaat

Het jy dalk 'n voorkeur dop om aan te beveel vir die 25-06 ?

Ek kan tans net PmP, Winchester en Sako in die hande kry?

Dankie vir die hulp

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:47 am
by tripodmvr
Tussen die' drie sou ek Sako kies.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:49 am
by Brno308 jagter
Kan enige van julle dalk kommentaar lewer oor 117gr Sierra Game Kings BT punte in die 25-06, goed of sleg ek sal dit baie waardeer?

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:49 am
by tripodmvr
Brno308 jagter wrote:More Manne

Kan iemand my dalk help met 'n lading vir 117gr Sierre Game King BT in 25-06

Wat stel julle manne voor, S365 of S385 ?
Probeer S385 en beginlading van 48gr.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:21 pm
by Vlakvark Soldaat
Jy kan gerus na die Winchester dope ook kyk. Bly met alle geweld weg van Piet Maak Patrone aka PMP af!
Jammer, ek het nog net Sierra's in my .243 geskiet, ek kon nie groep gekry het nie.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sun Feb 21, 2016 7:54 pm
by Brno308 jagter
Manne ek het vandag bietjie gaan ladings toets met my 25-06 Rem gelaai met 53gr S385 kruit, 117gr Sierra Game King punt en Sako doppe, ek kon slaag om 'n 20.98mm groepering te skiet op 100m.

Wat my bietjie hinder is die feit dat die spoed slegs 2920ft/s is, ek sou graam 3,000ft/s wou kry, maar dink juller manne ek moet my steur aan die spoed? Die groepering is uitstekend!

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sun Feb 21, 2016 8:42 pm
by tripodmvr
Gaan loer onder Quick Load by Herlaai afdeling en gee data deur dan kan ons beter raad gee oor jou lading - Riglyne vir QL.

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat Mar 25, 2017 11:58 am
by Gerbrand
Hello Manne
Soek asb raad met my 20-06.Het jare lank met 270 Sako doppe geskiet en uitstekende akkuraatheid gekry.Hulle leeftyd is nou verby en ek het oorgeskakel na Nosler Custom doppe. Volledig gefireform ens.Sederdien kon ek nog nie n aanvaanbare groepering kry nie.
Custon geweer Citadel(Wetherby) loop 26duim 1/11 twist
Sako doppe was gelaai met S385 51.5gr Nosler partition 115gr TPL80.6mm uitstekende groeperings.
Weet nie watter spoed of afstand van die lande nie.

Huidige inligting
Nosler Partition spritzer 115gr
CCI200 primers S385 lot 012
TPL 82.64mm tot op lande
dop volume 68.2gr
Beste groeperings tans( steends onaanvaarbaar)
51.8gr 1.25mm van lande, het nog nie verder probeer nie
3046f/s
Dankie by voorbaat

Gerbrand

Re: 25-06 Herlaai Data

Posted: Sat Mar 25, 2017 1:04 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Gerbrand.

Dit is hoekom herlaai data nie koekresepte is nie ;D !

Ek het jou data in QL ingevoer en daarvolgens lê jy halfpad tussen twee nodes.

Jou onderste node is met 50 grein S385 kruit vir 'n spoed van 2953 vt/sek by die chrony op 5m voor die loop. Ek het die aanname gemaak dat dit is hoe jy die spoed bepaal het. :)

Jou hoër node is met 54.3 grein S385 vir 'n spoed van 3172 vt/sek by die chrony.

Jou dopvulling met die 50 grein is net onder 86% terwyl die 54.3 jou met 93% laat, wat meer aanvaarbaar is vir 'n konstandte spoed.

Die hoër node is ook veilig wat druk aanbetref.

Ek hoop dit bring jou geluk. ;D