Page 1 of 1

Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 7:38 am
by Corniel
More Manne,

Ek het baie min kennis van hand wapens, dus sal n bietjie advies waardeer word.

Ek kan n H&K P9s 9mm koop by my broer (Wat hy by my pa ge-erf het) vir baie goedkoop. Ek weet vir n feit die pistool het nog nie meer as 100 skote in sy lewe geskiet nie (Van 1992 af) Ek is in die mark vir n pistool, dus vat ek die H&K teen goeie prys, of is daar beter goed op die mark? Sien almal is mal oor die glocks?

Insette sal waardeer word.

Groete

Corniel

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 8:23 am
by Ben
Corniel,
Ek is glad nie n kenner nie, ek weet die H&K's is baie goeie wapens. Soos wat ek verstaan is die grootste probleem met hulle na-verkoop diens. Jy sukkel om parte ens vir hulle in SA te kry!
Glock parte tel jy orals op!

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 9:19 am
by Carl
Corniel

Dis maar soos Ben sê, die Duitsers wil nie meer uitvoer na SA nie. 'n Pistool wat in 1965-1978 gemaak is gaan jy bloed sweet om parte te kry. Ek sou nie sommer my lewe vertrou aan so wapen nie. Mooi versamelaars item.

Die ouens sukkel om nuwe pistole te diens.

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 10:05 am
by Giepie
As jy dit nie vir kompetisie gaan gebruik nie maar steeds gereeld oefen, gaan daardie H&K jou nog baie lank hou. Dit is goeie wapens daardie. Moet ook nie onnodige modifikasies aanbring nie.

Ek raak bekommerd as wapens so baie onderhoud en ander onderdele nodig het. Hoe weet ek dit sal reg wees wanneer ek dit nodig het? >:D

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 10:18 am
by Carl
Giepie

Jy verstaan ons verkeerd.
1. Hoeveel magasyne het die H&K pistool. Seker 2 as Corniel gelukkig is. Dis ongelukkig nie voldoende vir mense wat ernstig is oor SV en elke dag dra - EDD. Lekker vir die kluis ridder geen probleem. Gaan koop nou net 3 ekstra magasyne vir daai model jy gaan omtrent die prys van 'n CZ duty betaal. Die raak geGoogle weet nie presies wat kos 9mmP.
Anyone have/fired an HK P9S roller lock pistol? Thoughts? ... Beware the .45 magazines are very expensive in the $125 to $150 range.
2. Kompetisie skiet? Hoeveel reken jy moet 'n persoon wat ernstig is oor SV skiet in 'n maand? ek skiet so 100-200 op 'n oggend. En ek skiet nie genoeg nie.
3. Pistool is 30 jaar oud. Iets gaan breek.
4. Ons vervang parte baie soos motorkarre. Wanneer vervang jy die belde op die Hilux, wanneer die enjin vas gebrand het? Nee, jy doen dit na 80000km.

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 10:43 am
by Ben
Carl wrote:Giepie

Jy verstaan ons verkeerd.
1. Hoeveel magasyne het die H&K pistool. Seker 2 as Corniel gelukkig is. Dis ongelukkig nie voldoende vir mense wat ernstig is oor SV en elke dag dra - EDD. Lekker vir die kluis ridder geen probleem. Gaan koop nou net 3 ekstra magasyne vir daai model jy gaan omtrent die prys van 'n CZ duty betaal.
2. Kompetisie skiet? Hoeveel reken jy moet 'n persoon wat ernstig is oor SV skiet in 'n maand? ek skiet so 100-200 op 'n oggend. En ek skiet nie genoeg nie.
3. Pistool is 30 jaar oud. Iets gaan breek.
4. Ons vervang parte baie soos motorkarre. Wanneer vervang jy die belde op die Hilux, wanneer die enjin vas gebrand het? Nee, jy doen dit na 80000km.
Stem heeltemal saam hier.

Corniel soek n wapen vir self-verdediging. Daai wapen gaan jou nie help as jy nie oefen nie. Ek het laas jaar my eie ADP 9mm ingehandig en n Glock gekoop. Die ADP het gewerk maar ek het nie vertroue gehad om met hom te oefen en nog te dra nie. Het net nie geweet hoeveel rondtes het sy in haar oorgehad nie. Moes ook behoorlik rondsoek vir paar magesyne....

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 11:18 am
by Corniel
Hallo Manne,

Dankie vir al die terugvoer. Daar is 3 magasyne. Maar ja ek is nie vanplan om verskriklik baie met hom teskiet nie, dit is vir self verdediging, en my vrou gaan hom ook leer vir wanneer ek nie daar is nie.

Groete

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 11:33 am
by Carl
Corniel wrote:Maar ja ek is nie vanplan om verskriklik baie met hom teskiet nie, dit is vir self verdediging,
Groete
:-[ Die 2 terme pas nie in dieselfde sin nie! ;)

Ek kan nie verstaan dat mense wat kompetisie skiet baie moet oefen nie. Hulle kompeteer in 'n bekende omgewing, bekende senario, baie lig, stilstaande teiken en teen tyd - vir 'n trofee.

Vir SV kompeteer jy in bekende omgewing, onbekende senario, min lig of nag, bewegende teiken, skote wat op jou gevuur word, en teen tyd - vir jou lewe.

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 11:36 am
by Corniel
Carl,

Ek hoor jou - wat ek bedoel is, ek gaan nie 100 patrone elke oggend gaan skiet nie. Uiteraard (Goes without saying) wil mens so vertroud as moontlik wees met n wapen, enige iets minders is net onverantwoordelik. So nee - hy gaan verseker nie net in die kluis le, en stof opgaar en miskien eendag word hy gebruik nie.

As dit sin maak?

Groete

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 12:39 pm
by Carl
Dis reg so. Soos enige sport moet man maar self besluit wat jou oefen gaan wees. 5km 'n dag gaan jou dalk deur die Comrades kry.
Net as 'n voorbeeld, manne wat opleiding aanbied (soos Adrian Rosslee) level 1 kursus kan jy met 400 rondtes doen, maar dit word aanbeveel met 600. Eendag se opleiding.

Ek dink net ons moet ons ingesteldheid teenoor SV verander.

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Fri May 15, 2015 3:14 pm
by Ratel
Corniel wrote:More Manne,

Ek het baie min kennis van hand wapens, dus sal n bietjie advies waardeer word.

Ek kan n H&K P9s 9mm koop by my broer (Wat hy by my pa ge-erf het) vir baie goedkoop. Ek weet vir n feit die pistool het nog nie meer as 100 skote in sy lewe geskiet nie (Van 1992 af) Ek is in die mark vir n pistool, dus vat ek die H&K teen goeie prys, of is daar beter goed op die mark? Sien almal is mal oor die glocks?

Insette sal waardeer word.

Groete

Corniel
Hang af wat jy sien as goedkoop. H&K maak nog altyd uitstekende wapens. As jy vir 'n feit weet die wapen het nie meer as 100 rondtes geskiet nie en die prys is reg is daar geen fout of rede om nie die wapen te koop nie. 'n voorstel wat ek sou maak is om die volgende opsies te oorweeg.
1. Prys vergelyke teenoor 'n nuwe CZ of Glock of ander soortgelyke "maklike" dra wapens.
2. Is daar tans enige probleme met die wapen al het dit nie meer as 100 skote geskiet nie.
3. Jy kan nog steeds oefen met die wapen, dis nie te se omdat dit 'n ouer wapen is dit kan nie soveel rondtes as die nuwes skiet nie.
4. Die belangrikste is skiet 'n hele paar keer met die wapen en kyk of daar enige storings is, jy wil nie 'n SD wapen het wat geneig is tot storings nie.

http://world.guns.ru/handguns/hg/de/hk-p9s-e.html

Re: Heckler & Koch P9s vs. Enige iets anders

Posted: Mon May 18, 2015 3:30 pm
by Alwin
Die H&K P9s was 'n baie goeie pistool gewees in die 70's. Dit is nog steeds goed, maar darem al lank in die tand. Dit sal wel skaflike waarde hê vir 'n versamelaar.

Pistole wat gebruik word, benodig onderdele. Goed soos magasyne en vere. Die vere raak ook pap van jare in die kluis lê. Waar gaan jy vere vir 'n P9 opspoor? Ek weet P7 veer-"kits" was tot onlangs nog beskikbaar, maar dis 'n meer onlangse model. 'n Holster kan darem nog gemaak word.

Ek skiet maar omtrent 500 skote per jaar met my SV wapen. Maar ek oefen heelwat meer met die ander. As dit jou enigste pistool is, sal jy al die oefening met hom moet doen. Die ammunisie (al herlaai jy self) gaan jou heelwat meer kos, as die prys van byvoorbeeld 'n nuwe CZ of Glock, oor die volgende 10 jaar. 'n SV wapen wat elke dag gedra word, ly ook maar 'n harde lewe. Dit word blootgestel aan stampe en stote, sweet en stof en allerhande toestande wat die afwerking verweer en die waarde verminder.

Koop liewers 'n duursame, moderne pistool. Verkoop die (amper nuwe) P9 aan iemand wat hom baie graag wil hê vir sy versameling (doen die huiswerk), dan kos die nuwe ene jou nie juis veel nie.

Maar as jy "nie baie gaan skiet nie", m.a.w. die ding gaan in die kluis lê vir 10 jaar, dan het jy 'n uitstekende belegging. Oor 10-20 jaar gaan 'n P9 met min rondtes deur die loop waarskynlik heelwat versamelaarswaarde opbou.