Page 1 of 1
Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Thu May 14, 2015 1:31 pm
by JGZ
Dagsê almal,
Ek wil n teleskoop koop oorsee by Opticsplanet of Euro Optic en dit dan ship na my familie toe sodat hulle dit vir my kan courier. Hoe gaan ek te maak? Is dit so maklik soos dit? Moet ek laat hulle die teleskoop uit die boks uit haal en in ander verpakking verskeep vir die stampe en stoote? Is dit enigsins moontlik om dit te doen?
Dankie vir enige raad.
Groete,
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Thu May 14, 2015 3:34 pm
by Boesman10
Gebruik die "Search" funksie op die forum want die onderwerp is nou al baaaaaaaaaaaaaaaaie kere bespreek. Die kort antwoord is nee, moet dit nie doen nie tensy jy al die ITAR papierwerk ook gedoen het.
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Thu May 14, 2015 4:11 pm
by Riebeeker
Stem saam met Boesman, daai kite wil nie vlieg nie.
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Thu May 14, 2015 5:45 pm
by Durand
Ek Het verlede jaar vir my n teleskoop so laat in kom. As jy daar n kontak het laat hulle die teleskoop koop, of koop die scope via die internet gee hulle adress op vir aflewering daar. Sodra hulle die scope kry in n skoen box met koerant papier of bubble wrap en dan pos hulle hom. Ek Het n kans gevat ek hy het hier aangekom ongedeurt
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Fri May 15, 2015 9:29 am
by tripodmvr
Die gevaar bestaan dat jou waarborg op die teleskoop nie in RSA afgedwing kan word as jy dit self invoer nie. Ek het 'n Garmin in Oz gekoop en toe hy breek moes ek dit na Indonesie stuur vir herstel. Koerierkoste sou bykans amper 50% van die aankoopprys wees. GPS lê nou nog in my laai.
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Fri May 15, 2015 1:07 pm
by Gian_dP
Durand wrote:Ek Het verlede jaar vir my n teleskoop so laat in kom. As jy daar n kontak het laat hulle die teleskoop koop, of koop die scope via die internet gee hulle adress op vir aflewering daar. Sodra hulle die scope kry in n skoen box met koerant papier of bubble wrap en dan pos hulle hom. Ek Het n kans gevat ek hy het hier aangekom ongedeurt
En as US Customs dit oopmaak, is jy jou scope kwyt. Dis die risiko wat jy neem as jy nie ITAR papiere in orde het nie.
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Fri May 15, 2015 2:37 pm
by JGZ
Dankie almal. gaan plaaslik koop wanneer die teleskoop weer in stock is.
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Tue Jun 16, 2015 7:09 am
by Induna
Dis nie almal se waarborge wat vereis dat dit gestuur word na die agent waar jy dit gekoop het nie, maar ja, dit bly n risiko.
Die grootste risiko, soos die ander manne geniem het, is dat US Customs die scope kan afvat as jy nie die regte papierwerk het nie. Die beste is maar om plaaslik te koop, dan voorkom dit baie hartseer en verdriet sou die scope iets oorkom en moet reggemaak word..
Jacques
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Tue Jun 16, 2015 12:00 pm
by JacquesSAKO.308
Ek het een gekoop so laasjaar laat jou familie hom maar in n ander verpakking sit en laat hulle seker maak jy kry waarborg op scope as hy in suid afrika is dis die fout wat ek gemaak het ek het geen waarborg op my scope nie omdat hy in engeland geregistreer is
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Tue Jun 23, 2015 10:17 am
by krobar
My 2de teleskoop van die VSA af het dit nie gemaak nie. Customs het hom gevat en die ou wat vir my gepos het met $250 beboet. Hy het die scope na 'n lang stryd en vele regskostes teruggekry en toe probeer deurvat op 'n vlug. Hy is voorgekeur by die hek want hy is nou blykbaar 'n hoe risiko persoon na die storie, en hy kon darm die scope vir sy vrou gee voor sy vlug.
Ten slotte... Dis 'n slegte idee. My $750 scope het my nou al so $1500 gekos en hy is nog steeds in die VSA.
Re: Teleskoop vanaf Amerika
Posted: Tue Jun 23, 2015 10:24 am
by Louis Kriel
krobar wrote:My 2de teleskoop van die VSA af het dit nie gemaak nie. Customs het hom gevat en die ou wat vir my gepos het met $250 beboet. Hy het die scope na 'n lang stryd en vele regskostes teruggekry en toe probeer deurvat op 'n vlug. Hy is voorgekeur by die hek want hy is nou blykbaar 'n hoe risiko persoon na die storie, en hy kon darm die scope vir sy vrou gee voor sy vlug.
Ten slotte... Dis 'n slegte idee. My $750 scope het my nou al so $1500 gekos en hy is nog steeds in die VSA.
Eeish. Wys jou net, die dinge het die laaste paar jaar baie strenger geraak. Ek het in 2008 n hele leupold VX3's ingebring, maar nou is dit net nie meer die moeite werd nie. My suster sit nog met n Weaver 1.5-6x24 Euro Superslam wat sy moet saambring.