Page 1 of 1

Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 1:54 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne

Die tyd het aangebreek dat ek my ou stoompot moet vervang. Wat stel julle voor moet ek koop? Ek het gedink daaraan om n' lekker groot stoompot te koop wat n' 10 of 11 liter inhoud kan vat, maar hulle is egter net beskikbaar in die tipe wat jy op die stoof / plaat sit. Die elektriese stoompotte lyk of hulle lekker kan werk, maar hulle inhoud is beperk tot 6 liter. Ek het egter nog nooit met n' elektriese een gewerk nie, dus weet ek nie wat sal die beste een wees nie. Hoofsaaklik gebruik ek maar die stoompot om wildsvleis /vleis van die bene af te kook en om sop in te maak. Dis waarom ek gedink het aan n' bietjie groter pot. Wat stel julle voor is die beste?

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 1:58 pm
by andre007
Die elektriese 1 werk baaie viniger. Ek sou gaan vir hom

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 2:30 pm
by NEGE3
Elektriese stoompot is baie beter vir my. Sal nooit weer die gewone een gebruik nie. Kook baie vinniger.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 2:37 pm
by ANDRIES
Ek het vir my vrou 'n AMC Classic 14l pot gekoop wat ek sommer op 'n gewone gasstofie sit.Die pot werk soos 'n droom as ons bene afkook of konfyt kook.As die boom van die pot warm is stel ek die vlammetjie dat hy amper wil doodgaan dan kook die pot net reg.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 2:52 pm
by JTM
Die nuwe generasie aluminium stoompotte is maar simpel. Die bome druk almal uit onder druk dan wil die pot nie meer op die plaat staan nie en kry jou warm kolle waar die pot aanbrand. Kry 'n ordentlike stainless een of gaan vir die elektriese potte. Hoor net goeie goed van dit.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 3:10 pm
by Chris (vdB)
Dankie vir julle raad, dink ook ek moet oorgaan na n' elektriese model toe, want ek sien al die 10lt nuwe stoompotte is van alluminium, so dan help dit nie.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 5:41 pm
by Gawie(13mm)
Ek stem saam met Jannie. Koop een keer klaar. Net een vraag: Elektries vs. BEURT KRAG? ??

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 6:16 pm
by Chris (vdB)
Ai Gawie die beurt krag, jy spot so, ons het nou net ons beurt gehad ;D

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 9:41 pm
by henning
Nog n vraag. 6 Ltr pot versus bene afkook, gaan nie werk nie.
Miskien nog moeite doen en soek vir n groter pot.

Groete
Henning

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed May 13, 2015 9:53 pm
by Pvdw
Ek het 3 van die nuwe Tedelex stoompotte. Gebruik hulle op gas. Nog al 3 se bodems is plat en gee geen probleme nie. Ek gebruik myne as ek kamp ook so ek verkies die ou styl stoompot.

Daar is darm niks wat kondensmelk kook soos 'n stoompot nie. Ek kry 7 blikke op my 7l pot se bodem.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Thu May 14, 2015 7:52 am
by Boesman10
Vir die geld wat jy gaan spandeer op 'n Elektriese stoompot kan jy net sowel 'n stainless staal een soek. Dan gebruik jy die Induction cooker plaat en die kombinasie in my oe is beter as die elektriese pot.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Thu May 14, 2015 7:59 am
by Pvdw
Boesman daai klink vir my na 'n plan. Daai kombinasie gaan mooi werk.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Thu May 14, 2015 8:06 am
by Chris (vdB)
Dankie Boesman, dis n' goeie idee. Sal die naweek gou bietjie gaan loer wat als beskikbaar is

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Thu May 14, 2015 11:04 am
by Jacko
Ek het ook 'n Tedelex aluminium-stoompot. Elektries mag dalk 'n aks beter wees, maar ons stoof het gasplate so dit maak nie saak of die krag af is of nie, kook gaan ek kook!

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Thu May 14, 2015 11:09 am
by Willie
Ek het elektriese een en hy werk baie lekker maar is heeltemal te klein vir bene af kook. Vir die afkook gebruik ons maar nog altyd die ouer tipe stoom pot.

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Thu May 14, 2015 11:24 am
by Chris (vdB)
Ek gaan beslis dan na daai groot Tedelex kyk die naweek, want ek gebruik die stoompot meeste van die tyd vir bene, tarentale, ganse en makou se op kook. My huidige stoompot is so 7 liter en ek wil graag n' groter pot he. Kan altyd hom op die gas bottel ook gebruik

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Sat Jun 06, 2015 8:38 am
by 30-0Kwes
Dag se.

Wa kan ek so tedelex stoompot koop?

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed Jun 10, 2015 1:53 pm
by Schalk75
Het iemand asb bietjie raad / resep vir bene afkook in elekstriese stoompot?

Het `n elektriese een, en vrieskas nog vol van laasjaar se bene, so ek moet bietjie plan maak.

Dankie.
Schalk

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed Jun 10, 2015 2:09 pm
by PWV

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed Jun 10, 2015 2:13 pm
by Chris (vdB)
Blackplastic pm vir Wildebees wat ook op die forum is. Hy het my baie nice raad gegee vir bene af kook en pies maak. Glo hy sal jou ook raad gee. Sy resepte is koning, het self al van hulle op die proef gestel

Re: Stoompot - gewone stoompot of elektries?

Posted: Wed Jun 10, 2015 2:28 pm
by Schalk75
Maak so. Dankie.