Page 1 of 1
Watter quad om te koop?
Posted: Tue May 12, 2015 9:14 pm
by Beer (Christo)
Ek kyk om dalk 'n utility quad te koop. Iets wat my seuns (5 en 7) ook kan gebruik as ons op die plaas gaan kuier - so verkieslik automaties. Ek glo nie ek sal 'n 4x4 nodig kry nie.
Ek is skrikkerig vir die Chinese en tweede handse goed en die ander opsies is maar duur:
Kawasaki Bruteforce KVF300 4x2 - R60k
http://www.kawasakisa.co.za/details.php ... cts_id=119
Honda TRX250 4x2 R68k (manual)
http://www.honda.co.za/en/products/moto ... -overview/
Yamaha YFM350 Grizzly 4x2 - R70k
http://www.linexyamaha.co.za/index.php? ... &view=1999
Het enige van julle ondervinding (goed of sleg) met die quads. Enige ander voorstelle?
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Tue May 12, 2015 9:22 pm
by Beer (Christo)
Ek kan seker die een op die lyk sit, maar dit lyk my hy is ook manual....
Suzuki LT-F250 4x2 - R53k
http://suzukimotorcycle.co.za/suzuki_sh ... s/lt-f250/
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Tue May 12, 2015 9:48 pm
by kwagga
Ek het in 2004 vir my twee Honda TRX350FM (semi automaties) gekoop juis omdat die kinders nog klein was. Dis nou baie jare later en die Hondas lyk amper nog net so goed as die dag wat hulle gekoop is met absoluut geen probleme nie. Ek kan die Honda amper met 'n Hilux vergelyk - nie die vinnigste / smartste nie maar ongelooflik betroubaar. Jy kan maar gerus tweedehand koop as hulle nog in gbaie goeie toestand is. Die Honda Rincon is ook 'n wenner.
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Wed May 13, 2015 7:10 am
by G-force
Ek het verskeie qads vannaf n Polaris tot n Suzuki tot CanAm en Grizzly.Almal utililty quads en van hulle 4x4.Jy lys net een maak wat ek het en dis die Grizzly.Jy kan hom maar koop,puik produk.Ek het ook n Suzuki Eiger 400 4x4 en dis ook n uitstekende quad.
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Wed May 13, 2015 1:55 pm
by Beer (Christo)
Dankie vir die terugvoer.
Het enige iemand contacts on pryse te beding. Die manne met wie ek sover gesels het se net daar is niks marge op die quads nie?
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Thu May 14, 2015 11:02 pm
by Vlakvark Soldaat
Kyk gerus op Gumtree, Junkmal en Olx, privaat ouens is baie onderhandelbaar. Dan voel jy ook nie so jammer vir die fiets nie...
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Fri May 15, 2015 8:39 am
by Wouter Roets
G-force wrote:Ek het verskeie qads vannaf n Polaris tot n Suzuki tot CanAm en Grizzly.Almal utililty quads en van hulle 4x4.Jy lys net een maak wat ek het en dis die Grizzly.Jy kan hom maar koop,puik produk.Ek het ook n Suzuki Eiger 400 4x4 en dis ook n uitstekende quad.
Christo ek kan net op Ge se woorde se +1. Met ons Namibiese quad jag word die quads tot hulle uiterste beproef en hierdie twee modelle staan kop en skouers bo die ander uit. Daar is al elke tipe getoets maar net om keer op keer terug te val op hierdie twee.
Groetnis
Wout
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Sat May 16, 2015 5:18 pm
by Beer (Christo)
Dankie Menere.
Ek neem aan die Suzuki Eiger is vervang met die kingquad
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Sat May 16, 2015 6:50 pm
by NJ_v_N
ImageUploadedByTapatalk1431794961.853887.jpg
Sako quad range sou my keuse wees.
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Sat May 16, 2015 9:44 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het die Suzuki Vinson. Great motorfiets. Ek het my Bombardier verkoop en die Suz gehou. My broer het die Yamaha. Die 660. Self n great fiets.
Re: Watter quad om te koop?
Posted: Sun Jun 14, 2015 7:01 pm
by muishond
Hallo Manne
Ek het n Kawasaki 700 ,4x4 Praire wat ek wil verkoop,het baie min ure gedoen.
Muishond