Page 1 of 1

.222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 6:08 pm
by Monrique (SJ)
Ek het julle hulp nodig asb.  Wat kan ek vir hierdie geweer se eienaar aanbied om hom te koop?

[img width=560 height=373]http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... CF6067.jpg[/img]

Groetnis

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 6:30 pm
by IndianLima
Ek sou se met gemak R5000, maar meer as dit moet jy maar belsuit hoe erg jy hom rerig soek. Ek sou se hulle is so tot en met R8000-10000 werd afhagende van toestnad ens.

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 6:31 pm
by blaser
r6000

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 7:23 pm
by 243Songdaug
Nie meer as R4500 ou maat - geluk man - bly jy het een gekry

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 7:27 pm
by Armand Steenkamp
Ek sou se vat n kans en as hy niks wil weeti dan lig j maar so bietjie jou prys

Groetnis

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 7:31 pm
by Monrique (SJ)
Kom ons kyk maar wat gebeur eers!! 

Groetnis

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 7:31 pm
by 243Songdaug
SJ, moenie dom wees nie maat - stuur vir liefie om te onderhandel - hulle kry gewoonlik baie beter afslag as ons hardebaard manne!

My vrou is in die moter ingeneurswese vir 'n paar jaar en tot vandag stuur ek haar as ek iets aan my karre gedoen wil h? - sy kry gewoonlik goeie pryse(paar manne het al hul name g@t gemaak as hulle die donkerkop 'n pot bol wil verkoop - sy KEN)

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 9:15 pm
by Christo
SJ

Ek het ook so een, skiet doeksag. Koop hom

Geld is nie als  ;)

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 05, 2011 9:19 pm
by Monrique (SJ)
@ Christo

Het nounet by die lapping tool afdeling wat jy gepost het gesien dat joune ook n Sako is.  Hoop en bid vir hierdie outjie!!

Groetnis

Re: .222 Sako

Posted: Sat May 07, 2011 2:32 pm
by Christo Els
As ek myne net op my naam kan kry het ek ook een.

Hoop jy kom reg

Re: .222 Sako

Posted: Sun May 08, 2011 12:48 pm
by Monrique (SJ)
@ Christo

Hou moed mater.

Groetnis

Re: .222 Sako

Posted: Thu May 12, 2011 11:42 am
by LoveHenties
Ek het ook so enetjie. Man hy's mooi. My pa het hom tweedehands in die 1960's gekoop, vir R80. Hy lyk nog soos die fabriek hom gemaak het. Kolf is soos 'n mooi klavier afgewerk. Kry ek nou lus vir skiet!

Re: .222 Sako

Posted: Wed May 25, 2011 4:57 pm
by fanie17
Daai is een van die baie ou sakos,maak eers seker oor sy loop,ek het al gesie waarvan die loop klaar was,het self n 223 gehad met n slegte loop.Jy sal die kolf moet oor doen en ook die riutwerk oor sny,nie n probleem nie,Ek sou R4500 aanbied jy kan n nuwe Howa koop vir net meer.Moenie te veel betaal nie,twedehandse geweere het nie n prys nie

Re: .222 Sako

Posted: Wed May 25, 2011 5:51 pm
by Gerhard
Hy Hornet het ook so gelyk...

Maar die loop was vrot en ek kon hom koop vir R500.00

Na die lesensie deur is en die Truvelo loop werk hy dat dit bars...  ;)