Page 1 of 1

.270 Howa herlaai

Posted: Mon May 11, 2015 11:26 am
by Rooster1089
Hallo,

Ek het 'n Howa .270 win.
Ek het saterdag vir die eerste keer aan 'n skietdag kompetisie deelgeneem.
Nou het die gogga lelik gebyt.
Ek skiet gewoonlik PMP fabrieks ammunisie maar wil nou begin herlaai.
My vriend het vir hom 'n herlaai stel gekoop so ek moet nou net die's kry ens.
Ek wil graag bly by 150gr punte want dit is waarmee ek sal jag 99.9% van die tyd.
Het iemand dalk vir my bietjie raad oor die tipie punte en kruit ens...
Ek het gelukkig al my dope gehou al van so 3 jaar se skiet so ek het baie PMP dope wat ek kan gebruik.

Ek luister graag.
Dankie

Re: .270 Howa herlaai

Posted: Mon May 11, 2015 4:34 pm
by dehacked
S365 kruit is wat meeste manne gebruik alhoewel S385 ook goed werk vir swaar punte en lang lope. Sierra punte is bekend om redelik goed te doen uit 'n groot verskeidenheid gewere maar ek dink beskikbaarheid van 'n tipe punt is belangriker afhangende van waar jy sit. Onthou bootstert punte het nie veel op 'n plat basis punt voor 300+m nie en dit is dikwels makliker om goeie groepe met plat basis punte te kry. Party mense het slegte goed te sĂȘ van PMP doppe maar baie mense skiet baie lekker met hulle. As jy enigsins 'n begeerte het om die geweer op maks te skiet is dit raadsaam om by iemand met 'n chrony uit te kom. Die laai boekie se spoed en ladings is 'n gemiddeld van hulle wisselvallige batches. Begin altyd op begin lading of knertsie onder. Gewere verskil en die geld wat jy spaar met shortcuts kan jou in die hospitaal sit. Meeste mense sal voorstel jy bou in 0.5gr inkrimente op. Wees versigtig vir 3 skoot groepe, 5 skoot groepe werk beter.
Ek self laai 53.3gr S365 (Lot53?) vir Hornady SST 130gr en presies die selfde vir Spartan 130gr. Albei skiet onder MOA in my geweer. 54gr met 110gr Vmax het ook nie sleg gedoen nie.

Re: .270 Howa herlaai

Posted: Mon May 11, 2015 9:59 pm
by Reloader270
Vir 150gr Hornady Interbonds gebruik ek 49.6gr S365 met magnum slagdoppie (Fed215 of Hirtenberg). 3 skote sny mekaar op 100 meter.

Re: .270 Howa herlaai

Posted: Tue May 12, 2015 12:11 pm
by QuQ
Reloader, what is the MV for that load in your rifle (and what is your barrel length)? Thanks!

Re: .270 Howa herlaai

Posted: Wed May 13, 2015 9:18 am
by japievan
Reloader270. My lading is presies dieselfde vir die Hornady SST en interbond. Spoed is ongeveer 2710ft/s