Page 1 of 1

Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 12:17 pm
by Petrie303
Hi,

Ek het 'n slotaksie, kolf en triger meganisme van 'n 8mm Remington Magnum (Model 700 remington, Base diameter .513 in (13.0 mm). Ek wil graag vir my jag geweer lat bou.
Ek besit klaar 'n .303 EPPS wat lekker is bosveld jag en harlaai self, maar goeie punte en herlaai data is partykeer 'n proebleem om te kry...
Die geweer wat ek wil lat bou will ek bebruik vir vlakte skiet en vir die skietbaan.
Het gedink aan 'n 7mm Remington Magnum of 300 Win Mag, Enige voorstelle meskien?

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 12:32 pm
by Arnold
Persoonlik sou ek vir die 300 WM gaan

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 1:02 pm
by 300Winmag
+1 vir die 300. Ek het verlede week 'n Bwb met 'n 200gr punt geskiet - jong daai ding slaan soos
Thor se hammer.  8)

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 2:23 pm
by Francois Marais
Petrie

Sou ook vir die 300 gaan, net bietjie meer (groter) keuse tussen koeels met verskillend gewigte.....

Mooi loop
Francois

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 3:22 pm
by Petrie303
Dankie vir die inligting.

Sal moet begin soek na 'n geweer smit wat die werk vir my sal kan doen... weet ju van enige goeie geweersmitte in Pta omgewing?

Sal seker gaan vir die 300WM, 30punte is altyd volop beskikbaar. Het gehoor die 7mm remington is moeilik om te herlaai?

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 3:38 pm
by fanie17
Petrie
Jy kort min om n goeie geweer te he.Ek sou ook 300wm aan beveel.Vir wat jy wil laat doen kan jy sommer na Frikkie of Grobbies gaan hulle het al altwee vir my baie goeie werk gedoen teen 50% van die ander manne se prys.

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 9:03 pm
by Karl Stumpfe
Petrie, tussen daai 2 keuses verseker 'n 300. Maar as dit ek was, sou ek 8x68 S of weer 8mm Rem Mag daarop bou...

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 9:20 pm
by Francois Marais
Karl

Kon dink dat jy nu weer daai kant toe sou beur.... ;D ;D ;D

Mooi loop
Francois

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Thu May 05, 2011 9:23 pm
by Monrique (SJ)
Petrie

300H&H

Groetnis

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Fri May 06, 2011 9:35 am
by Petrie303
Karl Stumpfe wrote: Petrie, tussen daai 2 keuses verseker 'n 300. Maar as dit ek was, sou ek 8x68 S of weer 8mm Rem Mag daarop bou...
Hi,

Ek oorweeg dit sterk om die geweer in 8mm Remmington te behou ma waar kry mens Doppe, herlaai stel en herlaai data vir die geweer?
Soos as ek verstaan gaan die doppe en herlaai stel mens 'n Klein Fortyn kos en dat die aantal 8mm punte vir die 8mm beperk is en baie duur is??

Die vorige eienaar wie se geweer dit was het 200gr Nossler partision punte gebryk (As ek reg onthou) en het baie goed gewerk op enige afrika wild wat hy hier geskiet het...

So net om die sak te pas dink die 300WM gaan sagter op die sak wees op die lang termyn as bv die 8mm remington magnum?

Re: Nuwe geweer bou

Posted: Fri May 06, 2011 12:59 pm
by Karl Stumpfe
Petrie303 wrote:
Karl Stumpfe wrote: Petrie, tussen daai 2 keuses verseker 'n 300. Maar as dit ek was, sou ek 8x68 S of weer 8mm Rem Mag daarop bou...
Hi,

Ek oorweeg dit sterk om die geweer in 8mm Remmington te behou ma waar kry mens Doppe, herlaai stel en herlaai data vir die geweer?
Soos as ek verstaan gaan die doppe en herlaai stel mens 'n Klein Fortyn kos en dat die aantal 8mm punte vir die 8mm beperk is en baie duur is??

Die vorige eienaar wie se geweer dit was het 200gr Nossler partision punte gebryk (As ek reg onthou) en het baie goed gewerk op enige afrika wild wat hy hier geskiet het...

So net om die sak te pas dink die 300WM gaan sagter op die sak wees op die lang termyn as bv die 8mm remington magnum?
'n Nuwe loop kos in die omgewing van 6000-7000, weet jy hoeveel doppe en punte kan jy daarmee koop? Daar is baie goeie 8mm punte vandag beskikbaar, 200gr Noslers, 200gr Barnes TSX, 220gr Woodleigh protected point, 220 gr Swift A-Frame om maar 'n paar te noem...
Jy kan .375 doppe gebruik, en dalk net so 100 regte 8mm Rem doppe koop vir as jy die slag in Namibia wil kom kjjag...