Page 1 of 1

Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Fri May 08, 2015 9:02 pm
by tau
Deesdae kyk ek so na baie replies op baie threads. Kyk sommiges dink hulle is slim, sommiges is slim en ander bly stil so ons dink hulle is slim so na almal se replies gaan kyk en veral my eie en dan dink jy aan die gevoel wat jy kry as dinge nie gaan soos jy dit voorgestel het toe jy jou jag beplan het voor die rekenaar nie.

Soms reageer 'n Koeel helemal anders as wat jy gedink het hy gaan nadat jy die internet platgelees het oor die produk :laugh: .
JY gaan huistoe gebruik die goed vir kettie ammo en vir die volgende 10jaar versprei jy om elke vuur by elke jag of geleentheid wat iemand gewere praat oor die ongelooflike swak produk wat ABC Koeels nou eintlik is na jou jare se ervaring met die produk.

Net so invergelyking gaan jy seker 'n mate van lof he vir die koeels wat jou die keer gered het toe jy geweet het jou mik en druk werk was op daardie oomblik nie so presies nie, maar nou is daar 'n dooie bok op die bakkie en jou vriende staan en klop jou op die skouer en beaam dat "jou ou .303 met daai tuisgemaakte koeels skiet my darem skaam in die 20km/h wind, Japie".

Gee ons nie soms 'n koeel die skuld vir 'n probleem, maar eintlik het jy soos 'n apie gemik? Soos die keer wat ek 'n Gemsbok 5 keer met 'n Krieghoff .375 H&H dubbel moes skiet. Na die tyd by die slagpale vra ek so half kundig hoe die Nosler Partitions nie so great is as wat almal dink nie. Die Oom wie se plaas en roer dit was het net so in ongeloof geantwoord hy het nie gedink 'n boerseun het gedink as jy 'n gemsbok se been afskiet en dan 3 skote deur sy pens druk en dan finaal sy blad moertoe skiet dat hy dink hy gaan vleis huistoe vat nie.

Kyk eending is so - Jy gaan iewers 'n bok kwes-. Self die manne hier rond wat lope in maande op oes en nie jare nie. Hulle praat net nie so baie soos ons daarvan nie, aangesien hulle al genoeg ervaring het om te besef party bokke is net nie lus om die langbome te besoek nie. Ook skiet jy soms 'n swak skoot.

So skiet ek so paar jaar terug met 'n Sako .308 en PMP 150gr selfgelaaide patrone 'n Blesbok op 18m in die nek. Ek draai om na die gids in wagting vir my multi racial High five en "sjoe die laarnie hy skiet mooi " oomblik. OOOO nee na my "slow turn" toe sy oe rek soos 'n bul wat se saad getoets word in vroeg more in die Vrystaat teen -4C met 'n yskoue skokker in sy anus. " Die laarnie hy moet skiet daai bok hy is kwaad!!!!!!".

Die laarnie het na baie se gesukkel die bok dood gekry. Die bok se nek was aan flarde van die eersteskoot en dadelik het ek geskreeu die PMP patrone kan nie eens 'n blesbok nek penetreer nie. EK het tien teen een 'n tak getref en die koeel het opgebreek.
Na dit het ek eers PMP afgesweer en toe die .308 verkoop. Tydens die nuwe eienaar se lisensie aansoek tydperk gaan ons op 'n jag. My een vriend se wapen lisensie is nie goedgekeur en hy gebruik toe die verkoopte .308 van my. Hy skiet op die jag 'n KUdud, 2 blesbokke en 'n vlakvark almal morsvrek dood...... die roer was toe nie so foutief soos ek gedink het nie.

Ja so het ek al baie ervaring gehad met baie produkte, maar as ek stil sit en dink aan die moeilike tye is dit maar 9/10 skoot plasing of skiet houding wat nie lekker was nie , maar die oorhaastig het jou beet.

Tog hoor ons so baie dat vertroue in jou toerusting belangrik.

Re: Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Fri May 08, 2015 9:18 pm
by ruaanb
Soos my pa altyd se ......"dis die fool agter die tool"........self al n ding of 2 oorgekom.....dit hou mens nederig.

Re: Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Fri May 08, 2015 10:28 pm
by Basie2
Baie waar.

Het self al 'n bekende geweersmid omverskoning gevra oor my uitlating oor sy vakmanskap nadat die scope die swartskaap was. Het ook twee maande gelede agtergekom ek sit soos 'bobejaan' agter my roere by skiettafel by die klub- het by alles behalwe myself die fout gesoek. Het dit agtergekom nadat ek van my bakkie geskiet het! Stem saam met ruaanb! My raad- bly maar nederig.

Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Fri May 08, 2015 10:33 pm
by Dries101
Waare woorde. Alle wild is sag van olifant tot duiker as jy hom op die regte plek skiet. Maar skiet enige bok se elmboog af en hy hardloop vir kilometers sommer voor in die trop met net 3 bene.

Ek het deur so patch gegaan so 4!jaar terug met my 300wsm waar ek gedink het die is nou die grootste bol strooi kaliber en geweer wat ek in my lewe gesien het todat n oom wat in die kalahari groot geword het daar in die ooskaap daai geweer gevat het en n miracle uit die vuis skoot op n vlakvark gedoen het wat anderkant die magiese 300 meter merk le.
Toe kom ek agter die fout le agter die teleskoop. Nou kanseleer ek eerder n vlakte jag as hy by die huis moet bly.

Ek dink nogsteeds dit was blind luck maar mense dit was impressive.

Hy het daai week seker 6 varke geroer. Nou nie so ver nie maar daai goed grawe sy drade gate en nie een van hulle het onder 60km n uur beweeg toe hy hulle mer sy 243 bakkie geweer geroer het nie

Re: Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Sat May 09, 2015 9:47 am
by Wielie Waps
Jy kan maar die bok oesters vra. Hulle sal jou se hulle is nou op 1.45 koeels per bok of daai oes was moeilik dit het uitgewerk 2 koeels per bok of so iets. Daar is maar altyd 'n dwaalkoeel iewers.

Re: Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Sat May 09, 2015 10:11 am
by vriell
Mooi opsomming Tau !! Was ookal in so 'n situasie .
Die mens en sy dinge.Dit sal nooit verander nie !! Die mens is feilbaar en sal so bly tot in
ewigheid ! Wat wel 'n punt tel is as iemand sy foute erken en dien ooreenkomstig handel.Dit is hoekom dit so belangrik is om nie ander te probeer oordeel nie en te besef dat mense se sieninge verskil en dit respekteer......kan maar net aanhou probeer...

Re: Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Sat May 09, 2015 10:53 am
by Frederik
Ons leef in so wonderlike tyd ons kan kies en keur en net soos mense altyd sal vassit oor Toyota, Ford en Land Rover so ook met koele, kalibers en gewere maar dat jy vertroue in 'n produk moet he is seker die belangrikste enige twyfel en jy sal vind dat skootplasing eweskielik nie meer so maklik is nie. Ek het dit al te veel gesien die oorsese jagter kom oor die water en haal sy roer uit op die skietbaan is dit klopdisselboom en dan word 'n dier gekwes dan is dit weer skietbaan toe en toets.

Re: Ervaring maak 'n produk, en jou uitlatings daarna.

Posted: Thu May 14, 2015 12:27 pm
by dawiec
>:D jy kry mense en jy kry opinies....dan kry jy mense met opinies...ek het geleer om maar nederig te bly en nie te "opinionated" te raak oor sekere dinge in die lewe nie...as iets vir my werk "share " ek dit.....as dit nie werk nie dan bly ek eerder stil....