Page 1 of 2
Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 8:56 am
by Arnold
Watse ligte/kort 6.5mm jagkoeëls is beskikbaar?
Hier verwys ek na 120gr en ligter loodkern koeëls en 108gr en ligter monometaal koeëls.
Almal wil nie noodwendig 'n 129gr Interlock of 150gr Rhino skiet nie, party manne soek mos bietjie meer spoed vir 'n springbokkie wat so effe verder staan of dalk is die geweer se twist van so aard dat die lang koeels nie genoegsaam stabiliseer nie ...
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:08 am
by Rudie
Claw maak 'n 100gr. Ek het die week van hulle gekry en sal die naweek bietjie ladings begin toets.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:09 am
by Arnold
Wil jy nie vir ons n foto opsit nie asb? Dalk sommer met n ander tipe koeël ook vir skaal
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:20 am
by VdWalt
Sierra maak 'n Pro Hunter en Speer maak 'n Hot-Core.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:24 am
by Hein (Haan)
Ek het nog so maand terug van die Nosler 120gr BT hunting gesien.
Noem hulle maar net het geen ondervinding met hulle nie.
Lyk my dit is nou maar ook n geval van vat wat daar is.
Het 123gr Amaxe ook gesien vir wat dit werd is.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:24 am
by Eugene
Ek het 2 pakkies Barnes 120gr TTSX. Nog nooit probeer nie, maar behoort lekker te werk vir jag.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:26 am
by Arnold
Haan, waar was die 123gr Amaxe?
Eugene, die probleem met die 120gr monometaal is dat die koeëls so lank is soos n 140gr loodkern teiken koeël ...
Dat hulle sal werk betwyfel ek nie. Ek kyk wel na die 100gr TTSX

Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:28 am
by Hein (Haan)
Molopo Wapens Vryburg : 053 9275113
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:34 am
by Phillip
Ek het Swift A-Frame in 120gr gelaai en gaan volgende naweek daarmee jag. Vir papierskiet het ek Lapua Scenar in 123gr.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 9:38 am
by Hercules Louw
Moenie Impala se 90gr vergeet nie, dis 'n giftige koeël.
Met loodkern koeëls help dit nie om na ligte koeëls te kyk as jou groefdraai 1 in 8 of vinniger is nie, sodra die spoed bo 3000ft/s gaan tel 'n mens maklik probleme op met koeëls wat in vlug seerkry of opbreek as gevolg van die vinnige spin.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 10:23 am
by LRLaubscher
Vir dit wat jy na verwys kies en heeldag die 95gr V-max.
Stoute puntjies daai, en glad nie so power soos mens sal dink nie.
BC G1 0.365
SD 0.195
Skiet hom maklik teen 3300ft/sec plus uit standaard 260 Remington.
Laas jaar die klip dasse laat spat tot 450m. Groot sports!!
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 10:32 am
by tau
Ek laai 120gr Sierra Pro Hunter's. Spoed is nie seker van nie aangesien met die einste lading ontwikkeling het die wind my chrono gedraai en die koeel slaan toe die crono se vlerk pennetjie en 'n stuk ricoche toe deur my chrono.
EK het al 3 varke, 2 Springbokke en 'n Kudu geskiet. Almal het op die plek geval. Die varke was op sub 40 meter almal met blad skote en die vleis skade was nie vir mt te rof nie. Een Springbok was op 270m en ek het die bok reg van voor in die nek geskiet en 'n stuk van die koeel het opgebreek en die bok se rug gepenetreer, Springbok se nek werwel is nou nie die grootste nie, maar dit is darem seker swaer genoeg om so sagte koeel te breek.
EK skiet op die oomblik S&B 140gr gekoopte patrone en hulle loop baie mooi in my roer. EK Is amper oortuig ek gaan swaarder begin laai. Het die naweek gonge op 300m met die S&B lekker pakgegee.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 10:33 am
by tau
Oja kon nog nie 'n koeel herwin nie, Selfs in 'n stewige VArk beer bladskoot.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 10:48 am
by Smitstertjies
Eugene wrote:Ek het 2 pakkies Barnes 120gr TTSX. Nog nooit probeer nie, maar behoort lekker te werk vir jag.
Eugene, daai 120gr TTSXe werk bitter mooi. Al n hele paar bloues laat val met hulle.
Ek probeer nou Barnes se nuwe 129gr TTSX in die hande kry. Spesiaal vir langafstand jag ontwikkel met baie goeie BC. Dit word Barnes LRX genoem, maar is dieselfde as TTSX
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 10:57 am
by NEGE3
Ek gebruik ook die 120gr Pro Hunters. Spoed is 2800 vt/sek. Ek is baie tevrede met hulle.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 11:15 am
by Eugene
Smitstertjies wrote:Eugene wrote:Ek het 2 pakkies Barnes 120gr TTSX. Nog nooit probeer nie, maar behoort lekker te werk vir jag.
Eugene, daai 120gr TTSXe werk bitter mooi. Al n hele paar bloues laat val met hulle.
Ek probeer nou Barnes se nuwe 129gr TTSX in die hande kry. Spesiaal vir langafstand jag ontwikkel met baie goeie BC. Dit word Barnes LRX genoem, maar is dieselfde as TTSX
Dankie, dis goeie nuus. Ek het die twee pakkies gekoop (2x50) vir R600 en nog net nie kans gehad om hulle to probeer nie...
Laat weet asb as daai LRX beskikbaar is of wanneer jy van hulle in die hande kry. Sal hulle graag wil probeer!
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 11:19 am
by Rudie
Arnold wrote:Wil jy nie vir ons n foto opsit nie asb? Dalk sommer met n ander tipe koeël ook vir skaal
http://i288.photobucket.com/albums/ll20 ... 052251.jpg
Links na regs,
100gr Claw, 123 Lapua Scenar, 130 VLD, 120 Frontier Spartan
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 11:43 am
by henried
100gr Claw, 123 Lapua Scenar, 130 VLD, 120 Frontier Spartan
http://i288.photobucket.com/albums/ll200/Viper250/b7b0caec-f0be-4b2b-8701-eaf871052251.jpg
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 12:01 pm
by Rudie
Dankie Henrie, ek sien my foto wys ook nie op Tapatalk nie.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 12:05 pm
by Smirre
Impala maak n 95g koeel
nie self geskiet maar maat van my is tevrede
Smirre
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 12:26 pm
by Capt. Yoda
Haan wrote:Molopo Wapens Vryburg : 053 9275113
Een van die klein versteekte honeypots in die land maar moet vir niemand se nie
Arnold maak Gscustom nie n 90greiner nie?
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 12:57 pm
by Arnold
Baie dankie Rudie
Hoe loop daai 120gr Spartan?
GS Custom maak 'n giftige 95gr en 'n 106gr ... 20 weke wagtydperk

Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 1:04 pm
by Hein (Haan)
Capt. Oblivious wrote:Haan wrote:Molopo Wapens Vryburg : 053 9275113
Een van die klein versteekte honeypots in die land maar moet vir niemand se nie
Arnold maak Gscustom nie n 90greiner nie?
Ek probeer dit maar stil hou
Die man het darem geluister toe ek vra hy moet bietjie Amaxe bestel.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 1:09 pm
by Rudie
Ek is baie happy met die Spartans. Skiet hulle teen 2900fps uit 'n Tikka Varminter en skiet gemaklik 1/2 MOA op 100m. Moet hulle nog verder as 300 toets maar kry nog onder MOA tot op 300m.
Ek kan net praat van die 308 en 375 se werkverrigting met die Spartans op wild en is in albei meer as gellukig. Sal maar sien wat maak die 260 op blessies later die jaar.
Re: Ligte 6.5mm jagkoeëls?
Posted: Fri May 08, 2015 1:14 pm
by Arnold
Hercules Louw wrote:Moenie Impala se 90gr vergeet nie, dis 'n giftige koeël.
Met loodkern koeëls help dit nie om na ligte koeëls te kyk as jou groefdraai 1 in 8 of vinniger is nie, sodra die spoed bo 3000ft/s gaan tel 'n mens maklik probleme op met koeëls wat in vlug seerkry of opbreek as gevolg van die vinnige spin.
Hallo Hercules
Ek het hierdie al van die 123gr A-maxe gehoor by iemand anders ook. My vraag is nou hoe kwalifiseer jy 3000 fps?
Uit 'n 28" loop skiet ek 'n 123gr bv. teen 3100 fps en met dieselfde lading uit 'n 22"loop hardloop die koeel nou 2950 fps.
Ek het al die 123gr SMK teen 3125 fps geskiet, baie akuraat.
Ek het al die 107gr SMK teen 3330 fps geskiet, baie akuraat.
Oor ander koeels kan ek nie komentaar lewer nie maar dit hang seker maar af van rpm, die tipe groewe in jou loop en die mantel dikte van die koeels?