Page 1 of 1

Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 07, 2015 9:42 pm
by Tertius Steyn
Naandse ouens. Kan iemand my bietjie vertel oor die scope en of iemand so scope het? Ek wil nou ernstig begin teiken skiet met die .22 Magnum. Ekt my geweer mooi reg gemaak en als en wil nou n lekker groot scope op sit. Die scope is n 6-24x50 met n 1/2 mildot Iluminated retical. Kan ek maar hom koop en op die .22 gebruik? Luister graag na julle raad ;) lekker aand verder

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 07, 2015 9:48 pm
by tripodmvr
Die 22 Magnum is nie bekend vir top akkuraatheid nie en ammunisie is duur. Watter prys kan jy die Nikko teen kry? Ek gebruik Hawke 6-24x44 op my 243 en die optika is stukke beter as die Nikko 5-20x50 wat ek op my 223 het.

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Fri May 08, 2015 3:24 am
by Tertius Steyn
tripodmvr wrote:Die 22 Magnum is nie bekend vir top akkuraatheid nie en ammunisie is duur. Watter prys kan jy die Nikko teen kry? Ek gebruik Hawke 6-24x44 op my 243 en die optika is stukke beter as die Nikko 5-20x50 wat ek op my 223 het.
Naandse, ek kan ongelukig nie saam stem nie, myne skiet n bars hou tot op 150meter. Ammo het ek vandag by SSK R150 vir n boksie van 50 betaal. Het toe sommer 3 gevat. Die Nikko kos R1700.

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Fri May 08, 2015 6:51 am
by LUAN
Ek dink nie nikko stirling is meer wat hulle eens op n tyd was. Ek het daardie einste scope splinternuut gekoop en toe ek hom monteer op die windbuks en toe ek aan die vergroting draai begin die kruishaar toe ook sommer draai. Jy kan n kans vat miskien is jy gelukkig maar dit het my vertroue gebreek in die produk.

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Wed May 13, 2015 9:37 pm
by Reloader270
Een ding verstaan ek nie en dit is hoekom ons almal R5000+ teleskope op ons gewere sit. En dan is daar die ouens wat onge-ergd met hul Nikko Stirlings op die jagveld opdaag. En... dan skiet hul net so lekker soos ons ouens wat die duur teleskope op ons gewere sit. Een voordeel as jy 'n Nikko het, dan kan jy darem die teleskoop die sondebok maak as jy gemis het.

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Wed May 13, 2015 10:39 pm
by Tertius Steyn
Hahaha goeie een daai reloader270. En dis so. Ekt maar weer vir my n Hawke scope bestel met n rimfire BDC retical.

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 14, 2015 9:19 am
by Eugene
Reloader270 wrote:Een ding verstaan ek nie en dit is hoekom ons almal R5000+ teleskope op ons gewere sit. En dan is daar die ouens wat onge-ergd met hul Nikko Stirlings op die jagveld opdaag. En... dan skiet hul net so lekker soos ons ouens wat die duur teleskope op ons gewere sit. Een voordeel as jy 'n Nikko het, dan kan jy darem die teleskoop die sondebok maak as jy gemis het.
Ek volg maar oorlede Lukas Potgieter se raad as dit by teleskope kom: "Net 'n ryk man kan 'n goedkoop teleskoop bekostig"!

Ek het 'n pel met 2 Nikko Sterlings op sy gewere, een op die 243 en een op sy 30-06. Vreemd genoeg skiet hy 'n barshou met die 30-06, sonder enige "zero hou" probleme, maar op die 243 kan hy soms nie 'n bierboks op 100m raakskiet nie en soms skiet hy 10mm groepe op 100m... Altwee teleskope is op dieselfde dag, by dieselfde handelaar gekoop en altwee is identies dieselfde! Dit is in my beskeie opinie die grootste probleem met die goedkoper teleskope, is die een wat jy gekoop het op 'n Maandag gemaak of op 'n Vrydag.... Nie iets waaroor ek wil wonder terwyl ek op daai 60" koedoebul aanlĂȘ nie! ;)

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 14, 2015 9:21 am
by matewis
Nee man Eugene, dis oor hy hom op 'n 243 het... :)

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 14, 2015 9:50 am
by JohanvanZyl
tripodmvr wrote:Die 22 Magnum is nie bekend vir top akkuraatheid nie en ammunisie is duur. Watter prys kan jy die Nikko teen kry? Ek gebruik Hawke 6-24x44 op my 243 en die optika is stukke beter as die Nikko 5-20x50 wat ek op my 223 het.
Oom Tripod

Sal Oom daai Hawke op 'n 30-06 monteer? Ek is opsoek na i scope met i lekker vergroting en die Hawkes is baie goed geprys. Het op die oonblik 3-12*42 Lynx op. Moet ek karring met groter vergroting of jeuk ek net?

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 14, 2015 8:23 pm
by joe rocket
JohanvanZyl wrote:
tripodmvr wrote:Die 22 Magnum is nie bekend vir top akkuraatheid nie en ammunisie is duur. Watter prys kan jy die Nikko teen kry? Ek gebruik Hawke 6-24x44 op my 243 en die optika is stukke beter as die Nikko 5-20x50 wat ek op my 223 het.
Oom Tripod

Sal Oom daai Hawke op 'n 30-06 monteer? Ek is opsoek na i scope met i lekker vergroting en die Hawkes is baie goed geprys. Het op die oonblik 3-12*42 Lynx op. Moet ek karring met groter vergroting of jeuk ek net?


Ek het die 8x32x56 op my 30-06 my vriend die 6x24x50 op sy 30-06. Hulle hou zero. Hulle het ook n vervangings waarborg en jy sal aangenaam verras wees oor die goeie glas.

Re: Raad oor Nikko Sterling gameking 6-24x50 IR teleskoop.

Posted: Thu May 14, 2015 8:39 pm
by JohanvanZyl
Dankie Joe