Page 1 of 1

Norinco 1911A1 45 ACP

Posted: Thu May 07, 2015 11:28 am
by Louis Kriel
Het enige van julle manne hierdie pistool? Ek kan ene (vervaardig in die 1990's) kry vir R1000. Is dit die moeite werd? Ek het reeds n Beretta .22 (S15) en CZ75 (Self defence). Ek gebruik die CZ ook vir Police Pistol A by WPPA en sal dan heel moontlik die 45 in Service Pistol B en NPA Magnum gebruik.

Laat weet asb as julle dink die kool is die sous nie werd nie.

Re: Norinco 1911A1 45 ACP

Posted: Thu May 07, 2015 12:53 pm
by alecjohnson
Die norinco se staal is blykbaar baie hard en goed aanmekaar gesit. Baie ouens koop hulle vir IDPA. Vir 1K sou ek dit beslis koop.

Re: Norinco 1911A1 45 ACP

Posted: Thu May 07, 2015 1:01 pm
by Musgrave
As die Norinco nog in goeie toestand is, koop hom!

So nie, sal ek hom van jou hande afneem... ;-)

Re: Norinco 1911A1 45 ACP

Posted: Sun Jun 07, 2015 9:53 am
by reggie
Ek het vir my een gekry skiet soos droom. Het vir my k-mag 11rd mag gekry en werk baie lekker.
Glo my hulle staan nie 1 oomblik terg vir sy voorganger die colt 1911 nie. Koop hom en skiet hom!