Page 1 of 2
Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 8:54 am
by DWB
Hallo Manne,
My CZ550 30-06 behoort nou hopelik een van die dae hier te wees, en alhoewel ek nog nie 'n liksens het nie, gaan ek hom kan gebruik by die skietbaan waar hy gestoor word en heel moontlik by van die Jagtersvereniging skietdae, oor die handelaar ook daar is.
Nou as ek na die huidige mark kyk sien ek die volgende teleskope raak:
Leopold VX1 3-9X40 vir so R2400
Redfield 3-9X50 vir R2175
Lynx LX1 3-9X40 vir R2400
Dan is daar die
Vortex Diamondback vir rondom R3300
Burris vir so R4000
Vortex Viper 3-9X40 vir R4400
Het julle enige ander voorstelle?
Sal graag die Vortex Viper 3.5-10X50 wil vat maar my vrou gaan dit nie toelaat nie. (R5500)
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 9:23 am
by Geno
Deon,
Gaan vir die Burris of Leupold.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 9:26 am
by 300Winmag
Ek het 'n Lynx LXII 3-10X50 vir +- R3600 op my 300 gesit en
ek moet se ek hou van die scope. Ek dink dis glad nie slegte
waarde vir geld nie en was nog nie een dag spyt nie.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 9:33 am
by DWB
Hel, daai lynx kos R8500 hier by ons!!!
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 9:35 am
by DWB
Geno, het jy enige voorstelle in die Burris reeks?
Die Vortex praat nogals met my
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 9:48 am
by MJK
Waar is daar Burrisse beskikbaar - S&O het al geruime tyd nie meer nie
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 9:49 am
by Geno
Yes,
Kyk na die FF2 reeks, dalk 4-12 vergroting
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 10:00 am
by DWB
Ek het juis op S&O se website daarna gekyk...
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 10:04 am
by Andy
Koop 'n Leopold.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 10:53 am
by MJK
DWB
As jy baie skietkompetisies gaan bywoon moet jy dalk jou teleskoop her oorweeg - jy sal een of ander tyd opgradeer na groter vergrotings met spesifieke kruishaar. Oppas vir daardie gogga - as eers gebyt is is daar nie keer nie.
Die wat tans oorweeg is egter uitstekend vir jag.
My 5c uit dure ervaring...
Groetnis
Marius
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 10:55 am
by DSBW
Nikko Sterling, gold plated silwer master long range terminator.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 11:56 am
by Beyers
Nikon 4-16x42 SF Mildot
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 12:23 pm
by erx
Hi Beyers
Het jy 'n prys op daai Nikon? Waar kry mens hulle?
Groete
erx
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 12:41 pm
by JvB
Die Burris scopes kan jy by VLT in Pretoria koop.
JvB
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 12:42 pm
by Gerhard
Daar is n ou gesegde...
"Net n ryk man kan bekostig om n goed koop teleskoop te koop"
Koop die duurste teleskoop wat jy kan bekostig.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 12:47 pm
by erx
300WM, waar het jy daai LX2 vir daai prys gekoop?
Groete
erx
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 12:50 pm
by 300Winmag
Was by Camdix in Krugersdorp - 011 660 2398
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 1:10 pm
by Beyers
erx wrote:
Hi Beyers
Het jy 'n prys op daai Nikon? Waar kry mens hulle?
Groete
erx
Hunterboma
S&O
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Thu May 05, 2011 8:04 pm
by KalahariKlong
DBW, ek het vir my die Burris 4.5-14 x 42 (25mm tube met miltidot) gekry. Laat weet as jy belangstel ek het vir jou 'n kontak teen 'n baie goeie prys. As jy belangstel in die Vortex, laat weet my ek gaan kyk more na 'n 2de handse een wat ek nie nodig het nie.
Vir 'n paar rand meer kan jy die 6.5 - 20 x 50 Burris kry.
KK
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Sun May 08, 2011 12:09 pm
by DWB
Dankie Manne,
Het enigeen van julle ervaring met die Redfields? Dis mos basies 'n Leopold?
Hoe is die Leopold VX1 teleskope?
Ek stel in Beide Burris en Vortex belang.
Is half bang vir invoer, en gaan moontlik teen die 20ste Mei al 'n scope nodig h?.
Wat sal die verskil in besluit wees tussen 'n X50 en 'n X40?
Ek sien in die SA Hunter dat Zimbi books baie goeie deals het
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer..
Posted: Sun May 08, 2011 10:46 pm
by Rfourie
Redfiel is on dieselfde klas as die vx1 leupold, glo my daar is baie baie beter scopes daarbuite vir dieselfde of minder geld.....nikon, bushnell elite 3200, vortex ens.....
Probeer geweerwinkel soos camdix, vlt, frontier, hoekom sal jy n scope by n boekwinkel koop! Praat met experts soos willem botha, faan by kloppers, mense wat ken.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Sun May 08, 2011 11:05 pm
by erx
Hi DWB,
Ek het nog 'n Redfield wat uit hul fabriek in Amerika vervaardig is op my 7mmRM. Hy was daai tyd een van die min scopes wat sy zero op die geweer kon hou en skiet dus vandag nog met hom. My agterent jeuk vir een van die nuwes maar was versigtig toe hulle se die goed word nie meer in Amerika vervaardig nie. Ek dink fanie17 het een van die nuwes op sy 7mmRM en toe ek dit sien toe vra ek hom of hou die ding? Hy het bietjie op die net rond gekrap en gesien dat die Janks self die nuwes steeds op hulle 7mmRM gebruik en geen probleme het nie, ek begin nou weer daaraan dink om een te shop, want vir daai prys is dit regtig 'n bargain.
My pel het onlangs een op sy 308 gesit en is baie tevrede tot dusver, al wat ek nie baie laaik is dat die verstellings nie 'n baie duidelike click het nie, verder is hy mooi helder en goed afgewerk ook.
Groete
erx
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Mon May 09, 2011 6:24 am
by DWB
SMK wrote:
Redfiel is on dieselfde klas as die vx1 leupold, glo my daar is baie baie beter scopes daarbuite vir dieselfde of minder geld.....nikon, bushnell elite 3200, vortex ens.....
Probeer geweerwinkel soos camdix, vlt, frontier, hoekom sal jy n scope by n boekwinkel koop! Praat met experts soos willem botha, faan by kloppers, mense wat ken.
Hehe, dis darem Zimbi Books & Guns
Kan iemand asseblief vir my VLT se nommer gee?
Ek hou baie van die Vortex, maar kan slegs die Diamondback bekostig, klink my die Viper is die beter reeks
Zimbi het ook die Nikon Monarch III BDC 2.5-10X42 saam met 'n 8X40 verkyker op special vir R3290
Dankie vir die raad.
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Mon May 09, 2011 6:41 am
by Gerhard
Koop daai Nikon Monarch...
Daai kombinasie sal mooi werk op jou 30 06
Re: Moet nou een van die dae scope koop vir my nuwe geweer... Help Asb
Posted: Mon May 09, 2011 6:54 am
by FrancoisN
VLT 012 333 0170/1/2
Koop n Burris.