Page 1 of 1

Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 8:16 am
by DUTOITF
Ek wil weer bietjievan julle manne se kennis en ervaring tap.

Sukkel baie om die gewone "fillers" (rubber) vir my oefen bud te bekom en dan ook baie duur.

Ek het toe by een van die land se beter boog skyfskiet manne uitgekom, en hy het aangedui dat hulle inhul klub softboard gebruik het vir die bud. Aanvanklik is die baie duurder, maar dit hou baie baie langer. (1,2m X 2,4 X 13mm omtrent kwart van 'n klein bud kost R268.00).

Is daar iemand wat al hiermee geprobeer het, en was daar enige negatiewe effek op die pyle.

Dan is daar ook "conveyor band", enige iemand wat dit al probeer het en die resultate?

Enige ander voorstelle wat man na kan kyk?

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 8:17 am
by Geno
'n Wolbaal werk mooi.

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 8:21 am
by DUTOITF
Geno

Dankie, het een bestel van Jhb af en gaan dit beslis probeer.

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 8:24 am
by DUTOITF
Ludwig
Dankie jy gaan my ure spaar. Ek gaan hierdie manne verseker kontak.

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 8:31 am
by Beyers
Ek dag jy soek chomme om saam mee te skiet ;D
Dis seker butts wat jy soek

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 8:47 am
by Stefan764
Skerp Beyers  ;D ;D

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 9:41 am
by DUTOITF
Nogal goeie idee.
Is daar enige "chomme" (buddys) in Pietersburg omgewing wat saam met ons wil kom skiet (Speel).?

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 9:46 am
by PRIVATE RYAN
Vat 'n 50kg voermol of
soortgeluke poly ietsie sak.

Stop hom vol lox wol.

Sodra die sak stukkend is,
druk hom net in nuwe sak.

Jy sukkel nie jou gat af om
uit te trek nie.

[img width=560 height=420]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... XT0062.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i234.photobucket.com/albums/ee27 ... XT0052.jpg[/img]

Dis Gerhard se slick tricks
wat so langs 'n fieldpoint skiet.

Skiet net eers die slick trick...

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 9:51 am
by DUTOITF
Dankie


Het duisende van die sakke , koop perde kos daarin, en gaan dit probeer.

Het al die sakke in een sak gestop, maar as dit dig genoeg is om nie deur te skiet nie sukkel jy jou as af om die pyl uit te kry. Het gelukkig kontak gekry om bietjie wol in die hande te kry.

Re: Buds vir skiet oefening

Posted: Thu May 05, 2011 10:15 am
by PRIVATE RYAN
Steek die broadhead deur en skroef hom
af, anders pluk jy die wol uit.

Lekker lig om agter op die bakkie te gooi.