Page 1 of 1
Rooihartebeeste
Posted: Wed May 04, 2011 9:23 pm
by marno
Hi julle!
Het enige iemand dalk goeie kontak waar mens rooihartebees goedkoop kan skiet?
Re: Rooihartebeeste
Posted: Thu May 05, 2011 12:58 pm
by erx
Lammer mater, daai outjies raak al hoe gewilder en hul pryse styg kwaai.
Ek het so 2 jaar terug 'n contact gehad wa ek hulle vir R1800 maak nie saak hoe groot geskiet het, maar die plaas is ongelukkig verkoop.
Deesdae kyk mens al na so R3500.
Waar is jy?
Groete
erx
Re: Rooihartebeeste
Posted: Thu May 05, 2011 1:02 pm
by marno
Ja nee gits! Ek sien die meeste plekke vra tussen R3500 en R3800 vir hulle.
Dit is nie eers 'n mooi bok nie. hehehe
Ek is in JHB en ons plase is in die Vrystaat.
Ek wil net een skiet om hom op my lys te kry. Weet ook nie hoe smaak die goed se vleis nie.
Ek sukkel net om R3500 te justify vir 'n bok wat nie eers so verskriklik groot is nie. Maar dis seker maar deel van die storie. hehehe
Re: Rooihartebeeste
Posted: Thu May 05, 2011 1:06 pm
by Beyers
Ek het al een of twee geskiet. Hulle moenie hardloop nie en hy moet in sy spore dood geskiet word, dan is sy vleis lekker. Dis growwe vleis soos beesvleis.
Sy vel is vir my baie mooi as trofee. 'n Shoulder mount is 100 maal mooier as 'n blesbok. Blesbok lyk mos asof mens 'n laaistok in sy g@t gedruk het.
Beyers
Re: Rooihartebeeste
Posted: Thu May 05, 2011 1:12 pm
by marno
BWOOOOHAHAHA!! Lag ek nou hel lekker!!
Ek wil geniune net een skiet dan is ek happy. Ek dink miskien as die duiwel soos 'n bok gelyk het dan het jy soos 'n rooihartbees gelyk.
Buiten die bokke wat ons oes het ek besluit om goed te skiet wat ek nog nie geskiet het nie.
Sover is Eland en Swart Wildebees klaar op geline vir die jaar.
Ek het nou al:
Kudu
Zebra
Blou Wildebees
Blesbok
Rooibok
Springbok
Vlakvark
die probleem nou is al die goed wat ek nog wil skiet se pryse raak wild...
Re: Rooihartebeeste
Posted: Thu May 05, 2011 10:15 pm
by erx
Stem 100% saammet Beyers, skiet hom net da dood, moenie die ding heel dag rondjaag nie, ma verder is sy vleis heel goed.
Ek het vir jou uitsoek swart wildebees teen R2000, sal net laas jaar se prys weer bevestig.
Groete
erx
Re: Rooihartebeeste
Posted: Thu May 05, 2011 10:57 pm
by marno
Thanks man maar my swart wildebees is klaar op geline naby ons plaas by iemand.
Wat het jy nog?
Groetnis
Marno
Re: Rooihartebeeste
Posted: Fri May 06, 2011 4:38 pm
by erx
Wat nie op jou lys is nie, eland en gemsbok.
Groete
erx
Re: Rooihartebeeste
Posted: Fri May 06, 2011 4:43 pm
by marno
Ja eland skiet ek volgende maand op ons plaas. Gemsbok het ek dalk 'n contact in Askam.
Dis daai frikken rooihartbees wat by my spook. Eish!
Re: Rooihartebeeste
Posted: Mon May 09, 2011 9:35 pm
by tobie
as jy af sak iestet cape toe?kan rooihartebees bul vir 3000 kry.koie vir 2300.
ander wild ook beskikbaar.as ek dit nie het nie kry ek dit
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 7:16 am
by Frederik
Hier is twee mooies wat ek nou onlangs met kliente geklap het ek moet se hulle maak van die mooiste trofees op die muur en is een my gungstelling diere om te jag.
[img width=560 height=372]
http://www.infinito-safaris.com/ARPhoto ... h20117.jpg[/img]
[img width=560 height=372]
http://www.infinito-safaris.com/ARPhotos/Mark1.jpg[/img]
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 8:21 am
by DWB
Hel, ek het nie geweet batman jag nie!!!

Mooi bokke!!!!
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 8:29 am
by Frederik
DWB wrote:
Hel, ek het nie geweet batman jag nie!!!
Ja die man kom uit Australie uit in elk geval sy vriende het die spot met hom gedryf dat hy met die Batman hemp gaan jag het daar by hulle toe wou hy nou 'n punt vir hulle wys camo is nie altyd nodig nie nou is hy en paar van sy vrinne superheros soos superman en spiderman as hulle jag.

Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 8:35 am
by 222
Soos dit vir my lyk groei Batman sy eie cammo daar op sy een arm

Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 8:38 am
by Geno
222 wrote:
Soos dit vir my lyk groei Batman sy eie cammo daar op sy een arm
Of dit, of hy's met 'n nat Argus geslaan....
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 8:41 am
by 222
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 9:14 am
by DWB
Verskoon die domgeid maar wat is 'n nat argus?

Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 9:38 am
by tripodmvr
Die man is met ' nat Cape Argus koerant geslaan wat die prentjie laat agterbly het - Cape talk vir 'n tattoo.
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 9:45 am
by marno
tobie wrote:
as jy af sak iestet cape toe?kan rooihartebees bul vir 3000 kry.koie vir 2300.
ander wild ook beskikbaar.as ek dit nie het nie kry ek dit
Thanks man! Sal bietjie check of ek dalk plan kan maak.
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 3:51 pm
by Christo Els
ja nee dit is nou regtig mooi RED HEART BEAST
Re: Rooihartebeeste
Posted: Tue May 10, 2011 6:31 pm
by spekieries
Ek ken hom as 'n nat "Playboy"