Page 1 of 1

Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:01 pm
by Omnia
Manne ek wil nou graag iets met julle deel .
So 3 , 4 weke terug 19:15 een aand kontak 'n vriend van my baie bekomerd my en se een van sy vriende het net na die Vaalplaza oppad Johannesburg toe onder 'n vragmotor ingery , die man is van Queenstown en hy le in die middel van die pad en niemand stop om hom te help nie en weet nie wat is die ambulans dienste se nommer nie , ... kan ek hom dalk gaan bystaan , nou ja lang storie kort het ek soontoe gejaag vanaf Sasolburg om die man by te staan . Daar gekom het ek gesien dis groot die man se knieg skuif was in 2 sy arm op 3 plekke gebreek en was baie verward , ek het intussen toe ek soontoe gejaag het die ambulans ontbied ( natuurlik eers 1 uur na die tyd daar aangekom)
Nou het hom gehelp sy mediese kaart by my gehou en die ambulaans opdrag gegee om hom Mediclinic toe te vat in Vereniging , daar het ek al sy forms vir hom ingevul en hom eers gelos toe ek sien hy is rustig in 'n kamer ingestoot . Die volgende dag vir hom paer goedjies gevat en so aan .
Het lekker gesels en toe reken hy my hulle het 'n familie jag plaas ek dink hy het gese op Queenstown , maar ook op Willomore , en wil my graag nooi vir 'n Kudu jag hy soek my gegewens adresse en als .
Nou die groot geskenk , wragtag verlede week kom hier vir my 'n pakkie aan by die werk met ' Zeiss 3 - 12 x50 Conquest DL scope , .... R15800.00 .... is dit nou nie 'n helse geskenk nie ?

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:04 pm
by DWB
Lekker man!

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:05 pm
by Frederik
Dit was nou wragtig lekker om te lees, dankie vir die deel en Geniet die scope.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:06 pm
by JacoW
Baie nice van albei kante.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:07 pm
by matewis
Lekker storie dankie. Gee en vir jou sal gegee word..

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:30 pm
by RUPERT
Omnia behalwe vir die geskenk.Klop jouself op die skouer jy is n vriend duisend,min mense doen wat jy gedoen het.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:34 pm
by Finfan
Dis mooi om sulke stories te lees. Welgedaan aan jou!

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 3:43 pm
by JTM
Omnia, jy was nou 'n ware barmhartige Samaritaan. Mooi gedoen!

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 4:20 pm
by ruaanb
Sjoe kry sommer hoendervleis toe ek die lees.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 4:22 pm
by Kolhasie
Ekt ook hoendervleis gekry....

Baie nice

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 7:34 pm
by Carl
Lekker goed voel storie! Geniet die skoop en Koedoe jag.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 8:21 pm
by 243Songdaug
Dankie dat jy 'n mens was ou maat.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Tue May 05, 2015 9:09 pm
by ROBBIE1
Welgedaan Omnia, gee sonder om terug te verwag, en kyk hoe word jy gebles!!

Dankie vir die deel, dis omgee!

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Wed May 06, 2015 6:39 am
by Wayne
Omnia, good of you. If I may ask, who was the person, maybe I know him, but have not heard about his accident yet.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Wed May 06, 2015 6:59 am
by Thunderhead
Dit is n mooi storie dankie vir die deel.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Wed May 06, 2015 8:35 am
by Corniel
Wow - goeie werk van altwee kante af!

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Wed May 06, 2015 8:50 am
by Omnia
Hi Wayne , the Guys name is Charles Aspeling , he's got a Ready mix businiss in Queenstown but lives in George

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Wed May 06, 2015 12:01 pm
by Wayne
Do not know him, well done, hope he recovers well.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Wed May 06, 2015 1:20 pm
by win270
Jy het 'n liefdesdaad verrig, Omnia. So word ons almal dikwels op verskillende wyses getoets om liefde teenoor medemens te bewys.

Re: Baie groot geskenk !!!

Posted: Fri May 08, 2015 9:38 pm
by theedge
Wys net maat - dit wat n mens saai gaan jy maai - netjies,