Page 1 of 1

Ons gong poging op 500m Vrydag by Krokodilspruit

Posted: Tue May 05, 2015 8:02 am
by Cohibas
Ek en my seun Patrick het Vrydag bietjie gaan speel met ons nuwe gonge by Krokodilspruit skietbaan. Dit het nogal goed gegaan, en ons gewere het baie mooi groepeer. Ek het met my Brno 30-06 geskiet, en Patrick met sy Savage 270.

Die klein gong links meet 150mm, en die groter ene, 250mm. Dit was nogal 'n uitdaging om die klein gong op 500m raak te skiet, want dit is basies 1MOA op 500m. Dis hoe hulle lyk:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/Mobile%20Uploads/IMG-20150505-WA0000_zpslhvlzvcw.jpg

Hierdie vorm van skiet is verslawend lekker en ons sal dit beslis weer gaan doen.

Die gonge is gemaak van VRN500 staal, en bied uitstekende weerstand teen die koeƫl se impak.

Groete

Re: Ons gong poging op 500m Vrydag by Krokodilspruit

Posted: Tue May 05, 2015 8:48 am
by slagdop
Flippen goed geskiet. Ek weet nou hoe ver 500m is want ek't prober op 250m en na 14 skote amper die gong terug geneem na S&O, gedog hulle het vir my 'n dud verkoop. Kon die verdomde ding nie raak geskiet kry nie. Gedog ek lees die wind reg, maar nou ja daar's nou vir my baie om te leer.

Re: Ons gong poging op 500m Vrydag by Krokodilspruit

Posted: Wed May 06, 2015 3:18 pm
by Cohibas
Dankie, dit vat oefening. Ek en my seun skiet soveel wat ons kan, ten minste twee keer per maand. Ken jou wapen, scope en gebruik strelok.

Re: Ons gong poging op 500m Vrydag by Krokodilspruit

Posted: Wed May 06, 2015 5:02 pm
by Finfan
Netjies om daai 6" gong te skiet op 500m!

Re: Ons gong poging op 500m Vrydag by Krokodilspruit

Posted: Fri May 08, 2015 12:22 pm
by Rooster1089
Was gister gou by krokodilspruit, dis darem 'n baie lekker skietbaan.
500m is ook baie ver! Mooi gegooi daar op daai gongs!!!