Page 1 of 2
Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 7:39 am
by Geno
Manne,
So het dit tyd geraak dat ek die Isuzu waarmee ek die laaste 5 jaar of so jakkalse gejag het moet vervang.
Die man raak nou lank in die tand, en verloor so raps te vinnig waarde op sy huidige ouderdom en kilos.
Het darm Donderdag-aand vir oulaas 6 jakkalse geskiet van hom af. Jan-Hendrik was saam gewees.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Last_Ride.jpg
Wat ek die meeste gaan mis, is die rygemak (veral op grondpaaie), brandstof verbruik en cruise control.
Wat ek die minste gaan mis, is die lae grondvry-hoogte.
Ek glo darm die volgende voertuig sal my so paar honderd duisend probleemvrye kilometers laat
CRUISE
Groete
Eugene
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 7:44 am
by cassie_calvinia
'n mens voel maar so bietjie sleg.
ek het selfs die landy gemis...al was dit net bietjie
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 7:49 am
by Supacow
Isuzu jou yster!
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 7:54 am
by joe rocket
So jou nuwe voertuig in n landcruiser jy gaan baie lekker in hom cruise!
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 8:18 am
by NicoSmit
hopelik diesel
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 8:20 am
by tripodmvr
Nuwe vrou, nuwe bakkie, wat nog??????
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 8:27 am
by G-force
Geno daai Isuzu het darem lekker sagte suspensie gehad ek stem.Baie nice bakkie gewees.
Die cruiser gaan mooiloop dit weet ek.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 8:29 am
by Carl
Lekker Geno geniet hom!
N.s O ja chip, sommer 2!!
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 8:29 am
by Frederik
Ja nee weet hoe voel dit maar gelukkig het jy iets om na uit te sien.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 10:46 am
by Geno
NicoSmit wrote:hopelik diesel
Jip. 4.2 Diesel
tripodmvr wrote:Nuwe vrou, nuwe bakkie, wat nog??????
Ek kry nou net solank alles wat ek wil hê voor die kinders kom

Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 10:53 am
by ruaanb
Net vir interessantheid vir die manne wat Isuzu's het. As jy wil laat lig,etc. of enige ander snaakse pyn het praat met die manne by Dune Offroad -
http://www.duneoffroad.co.za/. Hulle het al vergeet wat ander manne nog moet leer van Isuzu's.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Mon May 04, 2015 10:55 am
by Hein (Haan)
Geno wrote:NicoSmit wrote:hopelik diesel
Jip. 4.2 Diesel
tripodmvr wrote:Nuwe vrou, nuwe bakkie, wat nog??????
Ek kry nou net solank alles wat ek wil hê voor die kinders kom

Baie slim

ek wens mens kan tyd ook eenkant sit om later te gebruik.

Re: Totsiens ou grote!
Posted: Wed May 06, 2015 9:40 pm
by theedge
Hoop die nuwe bring ook soveel genot
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Thu May 07, 2015 3:42 am
by Louis102
Toema Geno, nou't jy 'n rêrige bakkie.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Thu May 07, 2015 9:47 am
by BeesBreet
Stuur bietjie fotos van hoe jy die nuwe trok gaan toerus! Asb
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Thu May 07, 2015 10:36 am
by cassie_calvinia
geno, nou kry ek jou jammer! jy gaan eindelose problem he! volgens die verkoopsyfers.
wag eerder so maand of 2 voor jy koop, tot Toyota se syfers weer beter lyk, dan sal die cruiser ook weer beter wees.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Thu May 07, 2015 10:44 am
by Geno
Cassie,
Ek steur my nie aan daardie syfers nie.
Ek kyk eerder na dit wat ek kan kry vir hom die dag as hy 300,000km op het.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Thu May 07, 2015 10:48 am
by cassie_calvinia
dit is darm waar!. my pa het ons 2.4hilux vir meer verkoop as waarvoor hy hom gekoop het, met 450 000km op die klok
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 6:35 am
by Louis102
Mens verkoop nie 'n Cruiser nie, jy laat tree hom af ...
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 6:45 am
by NicoSmit
Gaan jy die nuwe Cruiser ook weer cammo wrap?
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 8:11 am
by Geno
Louis102 wrote:Mens verkoop nie 'n Cruiser nie, jy laat tree hom af ...
Is so Oom Louis,
Maar mens weet nooit wat vorentoe gebeur wat maak dat man goed moet verkoop om ander gate toe te stop.
NicoSmit wrote:Gaan jy die nuwe Cruiser ook weer cammo wrap?
Ek het 'n plan met hom. Sal julle later wys.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 10:45 am
by Pappabeer
Geno wrote:
Maar mens weet nooit wat vorentoe gebeur wat maak dat man goed moet verkoop om ander gate toe te stop.
Baie goedkoper as om jou Cruiser te verkoop...
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 10:49 am
by Carl

Dewald dis nou net koffie op die keyboard!! Jy sal laat die man stress.
Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 11:58 am
by Spanner
Mirena ... Is dit wat jy gebruik om jou vrou te laat "chip"?

Re: Totsiens ou grote!
Posted: Fri May 08, 2015 4:36 pm
by Geno
Hier's hy nou!
//images.tapatalk-cdn.com/15/05/08/4194335fa29f9fe6aafa2f29627f6ba9.jpg