Page 1 of 2
Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 4:31 pm
by Armand Steenkamp
[img width=560 height=420]
http://i1029.photobucket.com/albums/y35 ... e003-1.jpg[/img]
Manne watse blink merkie is die?Die doppe is 1maal gevuur so ek dink nie dit kan head ceperation wees nie
Lyk my al die doppe wat in die spesefieke geweer gevuur is het die merkie.Kan dit dalk wees dat daar n high spot in die geweer se kamer is?
Wat dink julle?
Groetnis Armand
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 5:03 pm
by baboonstalker
Armand,
Dit lyk op die oor af soos case head seperation, maar kan ook 'n merk weer in die kamer wat deur die ruimer gelos is.
jou opsies kan die volgende insluit:
Saag een van die doppe oop en kyk of daar aan die binnekant van die dop ook 'n merk is, of buig 'n draad hakkie met 'n skerp punt waarmee jy die binnekant van die dop kan "voel vir die kraak of verdunning in die dop.
As die merk of kraak aan die binnekant van die dop teenwoordig is, is dit wel case head seperation en kan jy maar al die doppe weggooi en die geweer by 'n goie wapensmid kry om sy headspace te toets.
Het jy al doppe wat in die geweer ge skiet was ge necksize? kry jy dan steeds die probleem?
Ek het voor ek begin necksize het die probleem op my .243 gekry en as jy die merkie so op die buitekant van die dop kon sien kon jy sommer die kop van die dop met jou kaal hande afbreek. Necksizing het die probleem vir my opgelos, maar ek glo die geweer het 'n headspace probleem, of my full length sizing die/ shellholder kombinasie (was Lee toe ek die probleem gehad het) is nie op spec nie.
Wees maar veilig en kry die oorsaak voor jy verder skiet.
Groete
Pieter
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 5:20 pm
by Louis102
Armand Steenkamp wrote:
Manne watse blink merkie is die?Die doppe is 1maal gevuur so ek dink nie dit kan head ceperation wees nie
Armand, waarin b?re jy jou gevuurde doppe en/of ammo? As dit in een van hierdie groen plastiek ammo kissies is, moet jy mooi kyk, somtyds skuur die randjie van die houer so merkie op die doppe, veral as die ammo-kissie baie bakkie ry en baie skud.
Dalk is dit iets anders.
Louis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 5:27 pm
by Armand Steenkamp
Dankie manne vir die raad.BS Ek sal bietjie aan die binnekand van die dop voel en sommer oop saag en seker maak
Louis hulle was nie in daai ammo boksies nie
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 6:21 pm
by Armand Steenkamp
Het dop oop gesaag en hy makkeer nik aan die binnekand nie.
Hehe lyk my iemand sal sy geweer moet herkamer na 243Ackley toe
Groete Armand
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 6:33 pm
by Monrique (SJ)
Ek voel nou sommer baie sleg.
Die doppe kom van my af en het dit nooit eers opgelet nie, maar dankie Armand nou weet ek daar is iets fout met my .243 se kamer en gaan dit weer geld kos.
Ek het 20 doppe oorgehou wat ek weer 1x gelaai het en slegs genecksize het, en daar is nog n merkie by, so nous daar 2. Ek gaan die doppe nou fullnecksize en weer laai en skiet, as ek kans kry, en kom terug rapporteer wat gebeur!!
Het met n draaitjie aan die binnekant gevoel en kan nie fout vind nie. Dit lyk slegs soos n spot op die dop en vermoed dat daar n high spot is soos wat Armand opgemerk het.
Sal ook kom se wat die gunsmid se as ek daar uitgekom het.
Ek het ook reeds met hom gepraat en indien hy nie tevrede is met die doppe, vat ek die doppe enige tyd terug.
Posted by: Armand Steenkamp
Insert Quote
Het dop oop gesaag en hy makkeer nik aan die binnekand nie.
Hehe lyk my iemand sal sy geweer moet herkamer na 243Ackley toe
Ai, Armand los eers daai storie. Dalk die dag wanneer ek loop vervanging doen.
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 6:53 pm
by fanie17
SJ
Poleer jou kamer net daai is tipies n merkie wat gelos is met die ream proses,jy is gelukkig as jou doppe nie half vassit nie.
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 7:47 pm
by Hein M.
SJ wrote:
Ek voel nou sommer baie sleg.
Die doppe kom van my af en het dit nooit eers opgelet nie, maar dankie Armand nou weet ek daar is iets fout met my .243 se kamer en gaan dit weer geld kos.
Ek het 20 doppe oorgehou wat ek weer 1x gelaai het en slegs genecksize het, en daar is nog n merkie by, so nous daar 2. Ek gaan die doppe nou fullnecksize en weer laai en skiet, as ek kans kry, en kom terug rapporteer wat gebeur!!
Het met n draaitjie aan die binnekant gevoel en kan nie fout vind nie. Dit lyk slegs soos n spot op die dop en vermoed dat daar n high spot is soos wat Armand opgemerk het.
Sal ook kom se wat die gunsmid se as ek daar uitgekom het.
Ek het ook reeds met hom gepraat en indien hy nie tevrede is met die doppe, vat ek die doppe enige tyd terug.
Posted by: Armand Steenkamp
Insert Quote
Het dop oop gesaag en hy makkeer nik aan die binnekand nie.
Hehe lyk my iemand sal sy geweer moet herkamer na 243Ackley toe
Ai, Armand los eers daai storie. Dalk die dag wanneer ek loop vervanging doen.
Groetnis
SJ
Na watter smid vat jy jou geweer? Hoop nie hy is in die Paarl nie...
Hein M
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 8:30 pm
by Skolla
Armand Steenkamp wrote:
Lyk my al die doppe wat in die spesefieke geweer gevuur is het die merkie.Kan dit dalk wees dat daar n high spot in die geweer se kamer is?
Armand
Hierdie geweer het nie dalk kort terug n knaldemper op gekry nie?
Skolla
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 9:00 pm
by Monrique (SJ)
@ Hein
Nee ou maat, my roer gaan nie sommer Paarl toe nie, daaroor hoef jy nie te bekommer nie. Hy gaan maar Kaap se kant toe vir herstelwerk.
@ Skolla
Die roer waarin die doppe geskiet is, is my trotse Musgrave .243. Hy het nognie n Terminator op nie.
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:16 pm
by Francois Marais
SJ
Ek dink ook, soos BS, dis head separation, miskien nie by jou nie, maar daar waar hulle 1ste keer geskiet is, moet onthou jy sal dit nie sommer met die oog sien nie......miskien sit ek die pot weer heel mis met die een....
Mooi loop
Francois
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:28 pm
by Monrique (SJ)
FM
Maar moes die doppe dan nie geseperate het nadat ek hulle die 2de keer geskiet het nie?
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:30 pm
by baboonstalker
Armand (of is dit nou SJ)
as dit 'n merkie in jou kamer is sal dit op AL jou doppe wees en vir elke keer wat jy die dop skiet sal hy 'n identiese plekkie bykry.
Maak met 'n pen 'n merkie op die kant van twee nuwe doppe en skiet elke dop met die merkie wat presies na bo wys. Jy kan sommer jou lading effens laer maak en die koe?l met zero jump laai wat die basis van die dop teen die gesig van die slot sal vasdruken enige headspace probleme uitskakel. As hy nou weer 'n merkie maak en die merk is op dieselfde plek relatief tot jou pen strepie weet jy met redelike sekerheid dit is 'n merkie in die kamer.... maar daardie merkie op die foto is darrem maar net op die regte plek vir.....

Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:35 pm
by Monrique (SJ)
Ek sal more n foto plaas van n doppie wat ek het met 2 merkies op wat 2 keer geskiet is. So die merk kom elke keer by wanneer die dop geskiet word.
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:41 pm
by Francois Marais
SJ
Nie noodwendiig nie, as jou kamer OK is sal hulle hou omdat hulle nou nie meer oormatig rek nie, miskien kan jy prbleme kry na n 4-5 herlaai....
Mooi loop
Francois
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:45 pm
by Monrique (SJ)
Ek gaan kyk hoeveel keer ek hulle kan laai tot hulle moeg is, en laat terug weet.
Soos ek gese het meeste van die doppe is nou by Armand mater en hulle moet eers gefullsize word voor hulle kan diens doen in sy Howa 1500 wanneer die liksens aanland!
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 10:56 pm
by baboonstalker
SJ,
Dit is nie 'n goeie idee om hulle te skiet tot hulle gaan nie. Complete casse head seperation is 'n lelike ding en dit sit net soveel energie in die slot in as wat jy in die koe?l insit.
Jou locking lugs kan meegee en jou met erger probleme laat, of jy kan wegkom met 'n klomp warm gas in die gesig.
Wees maar liewer versigtig as jy nie seker is wat dit is nie, 'n stel van die duurste doppe is steeds goedkoper as 'n trip hospitaal toe of 'n nuwe geweer.
sterkte
Pieter
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Wed May 04, 2011 11:24 pm
by Francois Marais
BS
+1
Mooi loop
Francois
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 8:22 am
by Armand Steenkamp
Kerels ek weet dam nie. Soos ek se ek het die dop oop gesaag en mooi blink gemaak aan die binnekand en ek kon geen verdunneng of merki sien nie.
As ek die dop so met die oog kyk dan kyk daai merkie ook nie vir my na n kraak nie.
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 9:05 am
by baboonstalker
Armand,
Tensy jy 'n ander oorsaak vir die merkie kry moet jy maar glo dit is 'n kraak. Soos wat die materiaal rek sal dit verhard en die kristaltekstuur verander, dit gee die metaal 'n ander voorkoms en al is dit nognie 'n kraak nie, kan jy maar weet dit is waar hy gaan kraak.
As dit 'n riffie in SJ se loop was sal ek ook verwag om 'n krap/ skraapmerk in die lengte af van die dop te sien soos jy die dop uittrek oor die rif.
[img width=560 height=420]
http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 5-0901.jpg[/img]
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 11:45 am
by Monrique (SJ)
BS
Ek het ook aan die skrapie gedink op die lengte van die dop, maar daar is nie so iets sigbaar nie.
Ek sit vanaand n foto op met 2 van die merkies op.
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 11:50 am
by baboonstalker
SJ/ Armand
Ek glo ek sal 'n honderd of meer PMP doppe h? wat julle maar kan kry as dit sal help.
Groete
Pieter
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 3:31 pm
by fanie17
SJ
dit is maklik om jou kamer uit te sorteer doen dit eers meet sommer jou kopspasie die selfde tyd,Dan kan jy aan die ander goed begin werk.
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 6:15 pm
by Monrique (SJ)
Hier is n foto of 2 van hoe die dop lyk met 2 merkies op!
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 070125.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i740.photobucket.com/albums/xx41 ... 070124.jpg[/img]
Groetnis
Re: Wat se merkie is die?
Posted: Thu May 05, 2011 6:19 pm
by tripodmvr
Hoe vinnig laat jy jou doppies uitskiet na hulle afgevuur is? Kan dit moontlik wees dat die doppe met die uitkomslag teen die aksie slaan en geduik word? Wag op jou antwoord.
Tripod