Page 1 of 1

SHV

Posted: Sun May 03, 2015 2:17 pm
by cassie_calvinia
wie het al met die scope in die nag geskiet?
is die moar kruis dik genoeg?

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 3:37 pm
by SakoTrippel2
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?p=463532#p463532 dalk bietjie van onderwerp af maar gaan lees gerus. Ek het genoem dat my nuwe geweer n SHV op gaan kry en iemand het gereageer en gese dis nie so lekker nag scope nie maar in die dag is hy 100.
Groete
Frans

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 3:54 pm
by Lamtjop
Cassie, ekt gister met n ou gesels wat beide het en ek self het met beide gekyk. Hy sê hy hou meer van die MOAR wat hy gebruik vir oes. Vir my het die IHR weer beter gelyk, die MOAR het teveel strepies en is fyn. Jy sal maar moet beide deurkyk.

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 3:55 pm
by cassie_calvinia
net jamme ek kannie deur beide in die nag kyk nie

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 4:07 pm
by Lamtjop
Die IHR is beslis bietjie dikker as die MOAR en gaan in die nag n skoner beeld gee, wat ek bedoel is dat die IHR het basies net die 'floating' kruis in die middel en geen bene of iets regop na 12uur posisie toe nie. So die beeld is baie meer soos die van n verkyker as n scope. Tussen die 4-14 en die 5-20, was die 5-20 se lense vir my duideliker. Groete

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 4:28 pm
by cassie_calvinia
wat my afsit van hom is hy het geen afmik merkies nie

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 6:41 pm
by Armand9
Ek skiet jakkalse met die MOAR en hyt geen probleem.
Ek het n Meopta ook en persoonlik dink ek hy is meer helder as NXS. Maar die verskil is egter so klein dink dit gaan verskil van persoon tot persoon. Het die NXS gekoop vir ver skiet ini dag. Nou op my jakkals roer en nog nie weer afgehaal nie! ;D

Re: SHV

Posted: Sun May 03, 2015 6:45 pm
by Armand9
Op 300 is daai MOAR se 1ste strepie van die kruis net reg vir op ta se rug vat! Dis nou met n 100 zero

Re: SHV

Posted: Tue May 12, 2015 3:44 pm
by cassie_calvinia
nou weet ek nog nie of die SHV werk in die nag nie?
iemand het die vortex hs voorgestel.

soek 'n scope wat net so effend kan dail, nie so robust soos die nsx. goeie fov, en helder genoeg.
ja geno, en weet march, maar het nie nou naai geld nie

Re: SHV

Posted: Tue May 12, 2015 3:48 pm
by Geno
cassie_calvinia wrote:het nie nou naai geld nie
Dis erg as jy al moet betaal vir daai dêng.

Re: SHV

Posted: Tue May 12, 2015 3:49 pm
by cassie_calvinia
ag sorry man...bedoel daai geld! haha

Re: SHV

Posted: Tue May 12, 2015 6:28 pm
by Leon Crous
Ai Cassie, g'n wonder jy sukkel om geld vir 'n scope bymekaar te maak nie!?
Jy moet dalk minder ....... daai?
Grap sommer,
Cheers.

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 7:37 am
by cassie_calvinia
ek hoor nou baiei stories van mense wat sukkel met die shv. of dit waar is, weet ek nie.
vir my prysklas is daar lyk my nie 'n middelweg nie.
sal maar die Z6 op dasher moet sit.
sal maar eers die 500m gonge met rus laat

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 7:38 am
by Sparky
Hi Cassie

Ek het die shv 4-14 op my .223. Werk baie lekker in die nag vir my. Baie mooi beeld en ek is heel tevrede. Moet bysê ek het nog nooit deur
die duurder scopes in die nag gekyk nie maar ek is heel tevrede met myne. Die kruis is vir my 100% met die skote wat ek al geskiet het.
So tydjie terug jakkie geskiet op 230m en kon hom nog mooi sien.

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 7:48 am
by Riebeeker
Cassie, stuur daai ouens wat so sukkel na my - ek sal hul scopes oorneem - juis weer in die mark vir een.

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 7:58 am
by cassie_calvinia
waste kruis het hy?
ek moet darm op 300m nog sy lyf kan sien vir skiet

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 8:05 am
by Smirre
Cassie
Kyk of jy nie Z3 kan kry nie
werk retig lekker vir my

Smirre

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 8:38 am
by Armand9
Cassie ek lees toevallig raak. Jy nou 'n dasher aangeskaf? Verbeel my jy skiet n 22 kaliber ook. Gan hy nou rus? Vertel man!

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 8:43 am
by cassie_calvinia
die dasher gaan jakkals geweer word. 22 plaas geweer. op en af ry, ens. en vir back up as een geweer moet hospital toe.
die aksie, en loop sal die week by die smit arriveer.
so dit maar nog 'n lang wag

Re: SHV

Posted: Wed May 13, 2015 8:56 am
by cassie_calvinia
ek dan so met die tyd saam 'n jag geweer kry wat ek kan optel sonder 'n hyskraan