Page 1 of 1

Lewendige gewig vs uitgeslag

Posted: Wed Apr 29, 2015 7:51 pm
by Eduard Venter
Het iets interessant opgemerk laasnaweek met n rooibok ram wat ek geskiet het. Na ons hom opgelaai het het ek hom op die trekskaal gehang en die gewig was 65kg. Nadat ek die pens, hart, longe ens uitgehaal het was die gewig 53kg. En toe die vel, kop, pote af is was die uitgeslagde gewig 42kg. Dis omtrent 65% van die totale gewig. Nou ek was nog altyd onder die indruk dit moet so net oor die 50% wees. Moet byse dit was die vetste ram wat ek nog geskiet het en was nog nie uitgegroei nie maar al redelik groot. Die ander ram se karkas gewig was 40kg met 26 duim horings. Help maar as die foto nie reg is nie.

Sal interessant wees om te hoor van julle ondervindings met die uitgeslagde gewig teenoor die totale gewig.

Groete

Re: Lewendige gewig vs uitgeslag

Posted: Wed Apr 29, 2015 8:03 pm
by Pvdw
40/60 is maar die algemene norm. Daar is seker uitsonderings maar met die verhouding is jy gewoonlik redelik naby.