Page 1 of 1
waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herlaai?
Posted: Wed Apr 29, 2015 4:32 pm
by Tertius Steyn
Goeie middag almal, ek wil gou hoor waar kan mens Hael en whatts koop vir herlaai in weskaap? Ekt al oralste gevra maar geen geluk. As iemand vir my dalk kan se waar ek kan kry sal ek dit rerig baie waardeer.

Re: waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herl
Posted: Wed Apr 29, 2015 4:50 pm
by obasch
Vir wads (pluisies in Afrikaans) kan jy seker City Guns of Suburban Guns probeer. Die goed is lig en kan maklik aangestuur word, selfs van Gauteng af.
Hael is 'n ander storie. Hier by ons doen die faktotum by een van die klubs goed besigheid deur die hael op te vee, skoon te maak en in 2l koeldrankbottels te verkoop. Dit is dan so mengsel van #7 tot #8 maar werk heel goed vir kleie en duiwe. So iemand kan jou ook voorsien van doppe.
Re: waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herl
Posted: Wed Apr 29, 2015 6:51 pm
by Beretta
Remington is jou expert met die goed het al my goed weg gegee.
Re: waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herl
Posted: Wed Apr 29, 2015 6:56 pm
by Tertius Steyn
obasch wrote:Vir wads (pluisies in Afrikaans) kan jy seker City Guns of Suburban Guns probeer. Die goed is lig en kan maklik aangestuur word, selfs van Gauteng af.
Hael is 'n ander storie. Hier by ons doen die faktotum by een van die klubs goed besigheid deur die hael op te vee, skoon te maak en in 2l koeldrankbottels te verkoop. Dit is dan so mengsel van #7 tot #8 maar werk heel goed vir kleie en duiwe. So iemand kan jou ook voorsien van doppe.
naandse naandse , skies kon nie op die afrikaanse woord kom nie toe se ekke maar wads. Sal bietjie hulle lui en hoor of hulle het.. Thanx baie.
Re: waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herl
Posted: Thu Apr 07, 2016 8:45 am
by Johnnie De Wet
obasch wrote:Vir wads (pluisies in Afrikaans)
En n 'primer' of 'slagdoppie' se ou afrikaanse naam is n
sunder 
Re: waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herl
Posted: Sun Apr 10, 2016 6:08 pm
by Alwin
Hier in die noorde kry ons ons watts by ESKOM, maar die voorsiening is baie wisselvallig en die prysverhogings maak ons dood. Hoop jy kry 'n beter bron.

Re: waar kan mens Hael en Watts koop in die Weskaap vir Herl
Posted: Mon Apr 11, 2016 6:34 am
by Rudi Fischer
Wulf: ek het nou begin korrels maak en Wads kry ek by die fabriek in Krugersdorp. As jy soek kan ek Altyd vir jou af stuur as my familie van die kaap weer kom kuier. (Skoonma kom in Mei)
Sent from my iPhone using Tapatalk