Page 1 of 1
Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 11:17 am
by Cobus(Cobb)
Ry gisteraand op melkery plaas en voorman(vrou) vertel my die eienaar het die melkkoeie se sterte verwyder, SPCA het dit stopgesit.
Hy is 'n boer uit NZ en lyk my boer baie vooruit...
Is die stertsny ding 'n algemene gebeurtenis?? Klyk my maar of dit bietjie wreed kan wees omdat dit die koei bv. sonder 'n vlieƫplak los.
Die melkery het ook geen veld weiding nie, net "pastures", soos die girl verduidelik....ook omtrent geen jakkals(4 been) verlies nie.....2 been is daar meer die issues.
Re: Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 11:23 am
by PWV
Eerste keer dat ek van hierdie simpel praktyk hoor!
Re: Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 12:31 pm
by Fanta300
Hulle is seker baie lief vir "Ox tail" in Oz
Re: Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 2:19 pm
by pietbak
Wat se beskerming is daar teen parasiete? Dit klink nie reg nie. Die Bulletjie lag nou seker lekker.
Re: Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 3:07 pm
by Lamtjop
Ek het so bietjie by n melkplaas gewerk en veral waar koeie onder dak bly is daai kwas altyd vol nat beesmis. Die manne wat so vinnig reageer het sekerlik nog nooit so lekker nat klap van daai kwas ervaar nie. Daar waar ek gewerk het moes alle koeie se kwaste af dit maak die hele proses baie skoner. Dis is sekerlik seer maar gebeur so vinnig die pyn is van korte duur. Dit kan seker nie erger as brandmerk wees nie? O die ster word nie heel afgesit nie, net so bokant die kwas daar waar die uier begin. Groetnis
Re: Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 3:33 pm
by ROBBIE1
Nog nooit van dit gehoor nie. Weet van die groot vark boere knip die kleintjies se ster ook op n sekere plek af, help glo met die groei of iets, maar dis n vark!
Die kwas verduideliking klink goed.
Re: Bees/koei stert afsny.
Posted: Mon Apr 27, 2015 6:25 pm
by 222 Sako
Algemene praktyk in VSA ook. Soos gese onder dak veral. Help om skoon te werk. As jy self elke dag paar honderd koeie melk sal jy dalk beter verstaan.